Honderde vas in Jhb

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die polisie in Johannesburg het sedert Vrydag 249 mense in die stad in hegtenis geneem en op verskeie items, waaronder dwelms en vuurwapens, beslag gelê.

Ao. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is in Mondeor, Booysens, Moffatview, Langlaagte, Fairlands, Sophiatown, Brixton en die middestad in hegtenis geneem.

Volgens Mbele is 16 verdagtes in hegtenis geneem vir roof, agt vir gewapende roof, drie vir kaping, twee vir moord, vier vir huisbraak, een vir verkragting, vyf vir huishoudelike geweld, 64 vir dronkbestuur, 54 vir die besit van dwelms en 11 vir kwaadwillige saakbeskadiging.

Die ander verdagtes is onder meer in hegtenis geneem op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer, diefstal, omkopery, winkeldiefstal en bedrog.

Die verdagtes sal Maandag in die onderskeie landdroshowe in die stad verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Neil ·

So nou dat die ANC JHB kan verloor doen die polisie skielik hulle werk.

Koos ·

Die belastingbetalers wil die tipe optredes elke dag sien dit moet die polisie se werk wees elke dag regoor Suid-Afrika en nie een keer elke skrikkeljaar nie ,nogtans dankie goeie werk bou voort op dit.

plaasjapie ·

Ja nee tyd om te “spark”…verkiesing tyd ommie draai.

Ana ·

Well done SAPS…keep up the good work…ons weet dis ń oorweldigende taak…en iets wat mens bang maak…dit sit nie in enige een se broek alleen teen ń magdom uit te klim en jou eie lewe op die spel te plaas nie. Dankie vir julle goeie werk!

Nico Prins ·

Ja dit klink dalk goed so maar hoeveel wat konsuis vir dronkbestuur gevang word is wel onder die invloed. Laas jaar was ek n slagoffer daarvan en moes in die tronk oorslaap. Nadat el op borg vrygelaat is en ek moes verskein het, het die saak toe nooit eers voorgekom nie. Die saak was terug getrek en my borg terug betaal. Sou ek toe nie self verneem van die ondersoek beamptes nie dat JMPD moet arrestasies doen om hulle oortyd te kry nie… daarom was ek een van 34 wat in gevangenis was. Ek het sederdien nog baie dinge oor hulle korrupsie verneem en dis skokkend… Dank die Vader ek is uit daai korrupte land uit.

KarooKlong ·

Nico, jy is ‘n sagter mens as ek.
Ek sou die rook uit hulle eis.

Ouma mix ·

Ja net tot na die verkiesing dan karring als net weer voort

Carel ·

Praat van die verkiesing, dis net die ANC wat ‘n wereldstad sal los om so agteruit te gaan. Dis sprekend van hulle ANC karakter, hulle wil dit met Kaapstad ook doen.

KarooKlong ·

Hoeveel is gevang met of hoeveel onwettige vuurwapens is op beslag gelê soos in die eerste paragraaf beweer?

Lance ·

Darem n pooging noudat dit verkiesing is ….maar bq laat ….soveel is al verkrag en vermoor ….druppel in die emmer ….eintlike n powere poging …siestog !

Eugene ·

Tipiese negatiewe afrikaners wat hier kommentaar lewer! Omtrent almal het nie eers dankbaarheid vir ons Polisie se goeie en harde werk hier nie. “Moan” net en suig strooi uit hul duim uit! Kom by!

Johanna Botha ·

Wel toe ek hulle op my nodigste gehad het was hulle presies n hele dag laat gewees …my man en kind vermoor …en ek gehospetaliseer vir n maand …het my gehoor gedeeltelik verloor. My dogter was ook verkrag met die insedent …so ek is jammer …die polisie doen nie hulle werk nie en ek kannie anders oortuig word nie …hierde operasie is n karige patetiese poging vir stemme in gauteng …tog so voorspelbaar …en nee ek kannie my werk perfek doen nie omdat ek my gehoor verloor het en ek klavierlesse gegee het voor my gesin se nag van hel. Eerlike belastingbetaalende mense sit in hulle eie tronke ..onveilug en bang omdat die polisie nie hulle werk reg doen nie …en skurke maw moordenaars, verkragters en diewe vrylik rondloop sonder vrees vir die polisie ….37 moorde n dag in SA se presies vir mens dat die polisie nie hulle werk reg doen NIE ! Hoop jy slaap veilig vanaand want ek kannie omdat ek nie meer goed kan hoor nie …..

magda ·

My hart gaan uit na jou. Ek wens ek kan jou vas hou en vas hou

Leon Pit ·

En more is 245 wees op vrye voet. Kom nou mense dit noem ek n Rat voor die Oe.

Pastoor ·

So jammer Johanna. Dit is tragies. Ons lewe in n onvolmaakte wreede wereld. Waar mense geen genade betoon nie. 245 of 3000 is maar n druppel in die oseaan van misdaad. Loop elke dag onder Sy Bloed. Vra Sy Engele se beskermimg amen

Poot ·

Johanna
Wat met jou gebeur het is tragies. Maar om die Polisie die skuld te gee vir wat met jou gebeur het is bietjie radikaal. Het jy al na die statistiek gaan kyk van hoeveel Polisie lede daar is in verhouding met die populasie. Dis skrikwekkend om te dink dat vir elke 295 gemeenskapslede daar net 1 Polisie beampte is. Dit sluit in die lede wat in die administratiewe omgewing (Ondersteunings diens) is. Jy sê self dat die kriminele elemente nie eers bang is vir die Polisie nie. Sit jou dan self in die eerlike en pligsgetroue Polisie lede se skoene en sien watse ONDANKBARE werk hulle verrig. Ja my alias is “Poot” want ek is een van hulle.

Maria van Dieweeck ·

Johanna ek bid vir jou vir krag en dankie aan elke polisieman en vrou wat hul uniform met trots dra. Dankie Poot.

snoefie ·

great stuff. hopelik gaan dit landwyd elke naweek gebeur. self na die verkiesing ook.

Theresa ·

Johanna, dit moet soms ‘n ondraaglike pyn wees om te dink aan wat gebeur het met jou gesinslede. Ek hoop jy kan mettertyd die trauma verwerk kry – maar ek dink dis baie moeilik. Mag die mense wat daarvoor verantwoordelik was hel beleef. Meer as joune.
Poot, vir jou en al die polisiemanne en -vroue wat wel hul werk goed en na hul beste vermoëns doen, baie dankie. Dit is ook baie moeilik om in ‘n vervalde stelsel, mens se kop hoog te hou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.