Honderde vas ná geweld in Pta-middestad

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Sake by die departement van binnelandse sake in Marabastad in Pretoria sal Donderdag normaalweg voortgaan nadat geweld Woensdag daar uitgebreek het.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê strate om die kantoor moes afgesper word terwyl die polisie die situasie in bedwang probeer bring het. Die strate is egter weer teen 13:00 Woensdag vir motoriste oopgestel.

Mayihlome Tshwete, woordvoerder van binnelandse sake, het aan Maroela Media gesê die kantoor verwerk dokumente van spesifieke lande op spesifieke dae.

“Die kantoor kon nie daarin slaag om Dinsdag al die buitelanders van Suider-Afrika te help nie en hulle is aangesê om vroeg Woensdagoggend weer by die kantoor aan te meld,” het hy gesê. “Die kantoor het Woensdag dus eers hierdie mense se aansoeke afgehandel en die buitelanders van Oos-Afrika was ontevrede daaroor.”

Hy het gesê geweld het losgebars en klippe is deur die vensters van die kantoor gegooi. Skade is ook aan voertuie buite die gebou aangerig.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het Donderdag gesê een mens is in hegtenis geneem vir kwaadwillige saakbeskadiging nadat hy glo ʼn polisievoertuig met klippe bestook het. Altesaam 286 mense is ook deur die polisie ondervra sodat hul status nagegaan en geverifieer kon word, maar hulle is nie amptelik in hegtenis geneem nie. “Ek wag nog vir inligting om vas te stel of nog mense na aanleiding daarvan in hegtenis geneem is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

DPJ ·

Wat wou jy meer, vreemdeling kom RSA onwetig binne dan wil hulle dieselfde regte hê as eie burgers. Kry hulle dit nie word daar tot geweld oor gegaan want hulle is geregtig daarop volgengs hulle.
Hoe verklaar jy dit. Regeem wil net stemme hê.

hermien ·

Dis absuluut verregaande… en dan word meer kriminele toegelaat tot ons land. As hul gedrag nou al so geweldadig is . Hoe gaan dit wees as hul wel burgerskap of toegang het tot S.A burger.

Berhalet Beukes ·

Hulle het mos gesê hulle gaan die land onregeerbaar maak… En daar is dit toe nou ook presies so!

Dee ·

Klippe is deur die vensters gegooi. Skade is ook aan voertuie buite die gebou aangerig. Maar toe ‘n polisievoertuig met klippe bestook is was dit kwaadwillig en die klipgooier is gearresteer.

Michael ·

Die polisie mag nie onwettige immigrante arresteer as hulle binne ‘n sekere omtrek van ‘n binnelandse kantoor is nie,nog ‘n belaglike menseregte wet .weet nie of dit ook van toepassing is wanneer daar oproerigheid is nie ,kan ‘n regte polisie beamptes of wetsgeleerde persoon dalk vir ons verder verduidelik

Theresa ·

Arresteer sulke mense. Hou die voertuie gereed om hul terug te neem tot grens waar hul vandaan kom. Is daar lande oorsee (ordentlik regeerde lande) waar mense oor grense kan kom en gaan soos hul wil en hul nogal onbehoorlik en walglik gedra in die vreemde land??
Waar mag mense sommer net gaan bly sonder permit, paspoort, bankrekening om na hulself te kyk??? Genugtig, dink die regeerders dat hierdie mense hul enigsins aan hul gaan steur as hul eers hulself hier ingewurm het? Wake up call coming.

Amalia ·

My Ma was10uur gister oggend in die middel van die gemors. Hulle het haar kar met klippe gegooi en een van hulle het probeer om sy hand by haar venster in te druk, toe hy nie regkom om my Ma se hangertjie af te ruk nie het hy net omgedraai en voor die polisie verby geloop, asof niks gebeur het nie. Nou sit my Ma met die skade aan haar kar.

Theresa ·

Amalia, ek is jammer om te hoor waardeur jou ma moes gaan. Ek sal dink so iets kan traumaties wees. Danksy ons Here se genade is sy veilig. Ek gan voorstel dat almal voortaan iets (soos bv ‘n mes/sker/skroewedraaier) vir selfverdediging by hulle sal he.

Frederik ·

Honderde vas nà geweld……………….
Een mens is in hegtenis geneem vir kwaadwillige saakbeskadiging.
Het Nammawan ‘n vinger in die “Pie” in hierdie berekening ??

Winston ·

As die strate so lyk hoe dink julle lyk die admin? Dit is soos n swak wanbestuurde land lyk.

jean ·

Winston?? Hoe kry Jy dit reg Om n feit Te stel en maroela se speedcops Te omseil??hul slaap seker…

GES ·

Hulle is nog nie eers burgers van die land nie maar gaan reeds so tekere as hulle nie hulle sin kry nie. Stuur hulle terug na waar hulle vandaan kom. Winston, goeie vraag, wat gaan daar by binnelandse sake aan? Kan ook maar net wonder.

Trots Afrikaans ·

Die vraag is natuurlik waarom stroom hulle na die RSA?

Okay, probeer nou hierdie vraag eerlik antwoord op so ‘n manier dat jy nie van rasisme aangekla word nie…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.