Honderde vas vir dronkbestuur

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

Argieffoto Foto: stevepb, Pixabay

Minstens 253 motoriste is die naweek in Johannesburg in hegtenis geneem op aanklag van bestuur onder die invloed van alkohol.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die inhegtenisnemings is tydens spesiale operasies in en om die stad gedoen.

Volgens Minnaar is motors van die pad af getrek. Motoriste is getoets en diegene wie se lesings bo die wettige perk was, moes bloedmonsters verskaf. “Die motorbestuurders is na polisiestasies in die omgewing gebring waar hulle in hegtenis geneem en van dronkbestuur aangekla is.”

Die verdagtes sal Maandag in die onderskeie howe verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

vra-maar-net ·

So: diegene wie se lesings bo die wettige perk was, is in hegtenis geneem…… ek dag dat GEEN alkohol toelaatbaar is nie! Weet iemand miskien watter % alkohol verbruik wel toelaatbaar is??

Lou ·

Die perk vir gewone bestuurders is 0,050 % Bloed Alkohol. Dit is omtrent twee drankies.

Jan ·

Lekker man lekker, nou het jy sommer ‘n kriminele rekord ook gekry vir jou CV. Mooi so polisie !!!

wilma ·

Hier in ons dorp jaag taxis 130 -160 maar word nie gevang nie. Dan gaab die regering oor rook vreeslik aan. Se maar net. Goed so jul doen goeie werk daar

Leeukop ·

Net nounou hier n berig gelees oor hoe baie ongelukke daar die naweek was. Ek hoop hierdie drinkers het baie groot geskrik en sal nie weer nie.

James Hunt ·

Ek verwonder my aan mense wat drink en dan agter ‘n stuur inskuif met sy / haar kinders in die motor. En, dan kla dit nog as hy / sy gevang word. Maar more, oormore kla hulle omdat die polisie nie hul werk doen nie. As jy ‘n voertuig bestuur terwyl jy weet dat jy gedrink het moet jy maar jou straf met ‘n “smile” vat. Dit kon erger gewees het, jy kon ‘n ongeluk veroorsaak het waarin mense dood is! Dink aan die nagevolge!

Pieter ·

0.05% IS die regte Vlak. Dit is 2 Units in 1 uur. Dit neem 1 uur om een unit uit jou liggaam te kry.

Leeukop ·

Natuurlik wissel die tyd wat n eenheid vat om uit te werk baie van mens tot mens, hierdie is net n riglyn.

jemma ·

As ek al hierdie kommentaar hier bo lees wonder ek of enigeen in alle eerlikheid kan se dat hy/sy nog nooit met enige alkohol in hul sisteem bestuur het nie? Kyk maar net om jou rond in ons restaurante ens..ma en pa sit met n bier/wyn ens en ja wat van dai lekker kuier waar jy dalk twee of drie drankies drink?? nee al verskil is net…baie mense kan maar te dankbaar wees hulle is nog nooit afgetrek nie

wern ·

Ek kan met alle eeerlikheid se dat ek nie drink as ek bestuur nie, en so ook nie my vriende wat n gewete het nie.

Liza ·

Ek is skuldig, net dankbaar ek is nog nooit gevang nie….. so gooi maar die eerste klip!

cobusp ·

Drank die euwel van alle sonde……..Hoeveel huwelike en families het baie seer gekry omdat alkohol betrokke was…Die biljoene rande se skade, verliese aan die ekonomie agv mense en hoofsaaklik onskuldige mense wat gesterf het agv dronk bestuurders. Oorsee is dit normaal as 4 mense uitgaan is daaar n genomineerde persoon in die groep wat glad niks drink vir die aand nie, dus om soos jou tande te borsel in die oggend….maar hier in SA is die trots of domheid nog sterk teenwoordig en sien dit nie so nie. Nag ou grote.

Tiaan ·

Om te drink is nie teen die wet nie, maar om te drink en bestuur is verseker

Kesto ·

Riaan, dis nie teen die wet nie maar dit veroorsaak groot ellende by n baie groot deel van die bevolking, vra maar vir enige maatskaplike werker, berader, polisieman.

BAREND ·

ek ken mense wat met n drankie rond ry ,in n glas met ys in die cup holder en met nog genoeg voorraad om weer vol te maak ,mense se in secunda se “hou my dop dan wys ek jou hoe skip ek n rooi verkeerslig “

Koolkop ·

Ek HET ook paar sulke mense geken. Hulle is nou almal in die graf.

Jan maak n Plan ·

Wonder hoeveel was taxi bestuurders want dat daar nie meer ongelukke is nie is net genade want hulle ry soos die duiwel homself.

Lizelle ·

Wonderlik!!!! Dis hoog tyd dat hulle bietjie die drinkers vasvat. Nou moet hulle net nog ernstiger raak met selfone, dis tans die grootste oorsaak van ongelukke.

Wern ·

Veral wit jong vroue gaan dood as gevolg van selfoon verwante ongelukke. Kyk maar as jy iemand sien op foon tik, dit is dikwels n jong wit vrou.

Pendoring ·

Lizelle – Jy is 100% reg. Huidiglik is selfone vir meer ongelukke en sterftes verantwoordelik as drank in die VSA. Sal graag wil weet of dit ook hier die geval is.

Piet Pompies ·

Vir die wat nog nie die wet ken, “In South Africa, the legal limit is a breath alcohol content of 0.24mg per 1,000ml, or a blood alcohol limit of 0.05g per 100ml, a fact that should be burnt into every motorist’s memory”
Uitstekende werk is gedoen, geen persoon onder die invloed mag sy hande op ‘n stuurwiel sit.

vermeende ·

Dit is n joke en die hele SAPD is n joke.
Ek sien gereeld hier by ons lokale vulstasie hoe die karre stop om petrol te gooi en dan sit die bestuurder met n bottel bier en suig kort-kort en dit terwyl die SAPD sef besig is om vol petrol te maak.
Net in ons klein dorpie is daar daagliks meer as 250 dronk bestuurders.
In SA werk dit mos so, as niemand kla nie dan is dit nie teen die wet nie en ook nie nodig om optetree nie.

Paplepel ·

Neem ‘n foto, pos dit op enige van, of al die misdaadvoorkomings Facebook bladsye. Daar is letterlik 100de bladsye. ‘n Polisie beampte met ‘n uniform aan mag jy afneem, veral as hy sit en teug in ‘n amptelike motor.

Blou lig ·

Net as jy ‘n blou lig op jou dak het mag jy dronk bestuur soos jy wil.

Sanette ·

MOOI SO! Wens mense wat drink en bestuur wil besef julle plaas nie net jul eie lewens in gevaar nie maar ook die mense wat saam met jou ry EN die ander onskuldige mense op die pad.

Tc ·

Klop Minnaar homself lekker op die skouer!!!!Ek praat glad nie drink en bestuur of dronkbestuur goed nie,is baie belang teen dit!!Dis baie interesant dat dit net dronk bestuurders wat gevange is,ek wonder hoeveel kriminele en gesteelde voertuie is deur die “roadblock”…. So almal met drankasems is afgetrek en die res is deur,wow Supt Minnaar uitstekende werk!!In my dae in die polisie in n ” roadblock” is alles geinspekteer van drank asems deur die hele voertuig en glo my ons baie ander manne saam toegesluit met die drankasems!Nee wat Supt Minnaar doen dit reg!!!!!Dis eintlik pateties hoe julle “operate”!!!!!

Grap ·

Mens sou dink die mense in Kroonstad is dors maar lyk my die probleem is erger in Johannesburg

Lance ·

Gaap ….hulle gaan maar net weer los gelaat word soos altyd ..wees net geduldig …geen nagevolge nie al het jy iemand se dood veroorsaak ….dis net n grappie ouens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.