Honderde voorstelle ingedien om kragnood vinnig te verlig

(Argieffoto: Windlab)

Die minister van minerale hulpbronne sê sy departement het altesame 481 voorstelle gekry om alternatiewe noodkrag so gou moontlik beskikbaar te stel.

Gwede Mantashe sê daar word hard gewerk om binne maande planne te hê om ʼn oplossing vir Suid-Afrika se voortslepende kragkrisis te vind.

Mantashe het in Oktober verlede jaar die hersiene geïntegreerde hulpbronplan (IRP) bekend gemaak. Ingevolge dié plan is maatskappye gevra om voorstelle te maak om so gou moontlik tussen 2 000 MW en 3 000 MW aan die netwerk te verskaf. Dit moet ook teen lae koste gedoen word.

“Onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening is die grootste bedreiging vir ekonomiese groei, werkskepping en ontwikkeling,” het Mantashe Woensdag tydens die debat oor pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede gesê.

Gwede Mantashe. (Foto: Maroela Media)

Hy het dit weereens benadruk dat beurtkrag vir minstens die volgende twee jaar Suid-Afrika se voorland is terwyl Eskom sy verouderende kragnetwerk probeer regruk. Beurtkrag is inderdaad Donderdag weer in werking gestel.

Pres. Ramaphosa het vroeër gesê die regering gaan noodkrag verkry, vereistes vir opwekking vir eie gebruik verslap en munisipaliteite toelaat om direk hul eie krag aan te koop.

Volgens Mantashe sal maatskappye wat noodkrag aan die netwerk voorsien, dit tussen drie en 12 maande ná goedkeuring kan doen.

Wat betref opwekking vir eie gebruik het die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) 132 aansoeke ontvang vir fasiliteite wat minder as 1 MW kan opwek. Dit is een van die kategorieë waar lisensievoorwaardes onlangs verslap is.

Hulle het ʼn algehele kapasiteit van 59 MW.

“Hiervan is 75 aansoeke met ʼn algehele kapasiteit van 42 MW goedgekeur. Die oorblywende 57 aansoeke – met ʼn algehele kapasiteit van 16 MW – word nog verwerk.

“Dit duur gemiddeld 38 werksdae vir Nersa om ʼn aansoek om registrasie te verwerk,” het Mantashe gesê.

Opposisiepartye het vroeër daarop gesinspeel dat Mantashe sloer met die proses om onafhanklike kragvoorsieners toe te laat om die bedryf te betree, in weerwil van pres. Ramaphosa se opdrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Aai ·

Hulle will nie he die boere moet geld uit hulle maak dit is hoekom hulle nie belangstel.

Genis ·

Dis n skande dat so opsetlik vertraag word, die redding van bodemlose pot, waariut die ANC en kaders skep…

Hansie slim ·

Om self alternatiewe krag te verskaf, kos ook maar duur!!!
Net ‘n klein inverter stel kan maklik R20k kos. ‘n Generator is baie raserig in ‘n stad!! Die gasse is ook ‘n probleem!! Miskien moet ons hoor van daai 500 idees wat dalk goedkoper en meer prakties is??

SomeOne ·

krag moet goedkoop verskaf word aan eskom / nersa, vir wat, ons betaal ons ga…e af vir krag en julle wil dit verniet he, gaan vang ‘n haan

Anel ·

Ek kan nie verstaan hoekom mag ek nie my eie krag opwek en myself onafhanklik maak nie? Hoekom moet ek betaal daarvoor? Net soos ek nie ‘n ou motor van ons naam mag skrap nie. Net my man kan of ons moet iemand anders BETAAL om dit namens ons te doen. Orals moet daar geld gemaak word uit ons arme, wetsgehoorsame burgers. Die mense wat hierdie land in die vorige eeu opgebou het tot ‘n eerste wêreld.

henndrik ·

Ek SAL nie registreer as ek selfvoorsienend raak nie en ek sal hulle ook geen geld daarvoor betaal nie, net oos E-Tolls

Michiel ·

Voorstel begin ‘n geslote kringnetwerk voorsiening.
Stel 5 huise in ‘n veiligheidskompleks wek saam elektriciteit op, en verkoop oortollige capaciteit in die kringnetwerk. kwartaalliks wordt gemiddelde verbruik bepaald, en mag jy nie meer gebruik as jou limiet. Oortreders kry stroomonderbreking, of moet meer betaal vir oortollige verbruik.

Ons verbruik 8KwU per dag.

Stel 5 huishoudings x 8 = 40KwU per dag. Lykmy dan moet daar 60KwU aan batteryopslag wees.
4x 300w sonnepanele = 1kwU kan jy denk ek met 9 ure son voldoende opwek vir eie gebruik.

Batteryopslag kan met 18650 batterypacks wat mense self kan bou, of ‘n Tesla powerwall ten duurste koop.

Net ‘n idee van #easylab4kids.

Leon ·

Is die ANC so bang die alternatiewe krag sal ESKOM toemaak omdat hulle meer betrobare krag kan lewer as ESKOM. Wys jou net wat ‘n outokratiese Sosialistiese Kommunistiese regering kan doen.

Jaco ·

Baie mooi, MAAR as ‘n entrepreneur nie regstellende aksie en BEE reg toepas nie, word sy voorstelle eenvoudig afgeskiet, al kan dit al die probleme met elektrisiteit oplos.
Tydens die Kaapse waterkrisis is ‘n relatief goedkoop ontsoutingsplan wat AL die Kaapse waterprobleme sou oplos, om presies dieselfde regstellende aksie en BEE redes afgeskiet

Niklaas ·

Ons het mos eintlik baie goeie raad vir hierdie menere. Vervang die slapendes met kundiges wat wil werk en kry beheer oor die Eskom geldsake. Daar is dit , so maklik .

Jacobus ·

Hierdie berig ìs nou die resultaat van die belaglikke situasie waarin ons verkeer. Die skuldiges is prakties ongestraf met die ekonomie op sy knië.
Mr Ramaposa as jy nou ‘n onderwerp vir vernieling en vernietiging wil sien.wat kwalifiseer vir sabotasie en verraad hier is dit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.