Honderde wapenlisensies wag om afgehaal te word

Argieffoto

Die polisie in die Pretoria-Oos-polisiëringsgebied in Gauteng het ʼn dringende beroep gedoen op lede van die publiek wat aansoek gedoen het vir vuurwapenlisensies om dit te kom afhaal.

Konst. Yeroboam Mbatsane, woordvoerder van die Boschkop-polisiestasie, het aan Maroela Media gesê net by dié stasie lê daar tans ongeveer 300 vuurwapenlisensies wat die eienaars net nooit kom haal het nie.

“Dit is vir alle soorte wapens. Die eienaars is verskeie kere gebel en per SMS ingelig, maar tevergeefs,” het Mbatsane gesê.

Volgens Mbatsane lê van die lisensies al tot ʼn jaar lank by die polisiekantoor.

Hy waarsku dat die polisie die lisensies slegs tot 31 Desember 2018 sal hou waarna dit met ʼn dekbrief teruggestuur sal word aan die polisie se hoofkantoor. “Dié mense sal dan van voor af moet aansoek doen vir hul wapenlisensies.”

Volgens hom sukkel talle polisiestasies in die Pretoria-Oos-omgewing met dieselfde probleem.

Vir meer inligting, doen navraag weeksdae tussen 08:30 en 15:30 by 012 802 8244 of 082 768 420.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wors ·

Enigste sms wat ek ontvang het was “Renewal for Calibre…. was issued….. SAPS will notify when the license can be collected.” Laat hulle nou net kom met hulle stories…

Paul ·

Wors, julle ouens krap waar dit nie jik nie. Lug jou agterstewe en gaan vind uit of jou lisensie daar is. Magtag julle is negatief??

Boer ·

Ten minste kry jul darem lisensies daar bo!
Hier in weskaap wag ek al meer as 4 maande vir my lisensie!
Bêl my DFO elke maandag en antwoord is altyd dieselfde…..

Lynette ·

Ek moes vier drie teruggaan na die Boschkop-stasie om my hernuwings-aansoek in te handig, want daar werk slegs n paar persone in hierdie betrokke afdeling en die meeste van die tyd was niemand beskikbaar om my aansoek te aanvaar nie. Toe ek my lisensie gaan afhaal het, het daar n hele boks lisensies op die toonbank gele…daar was geen beheer oor hierdie kaartjies nie (enigiemand kon in daardie kantoor ingestap het en hulself gehelp het). Boschkop-stasie is n gemors. En moenie eens probeer bel nie – hulle antwoord nooit oproepe nie.

Careltjie ·

Ek kan dit nie glo nie. Die Polisie lieg openlik as hul sê hulle bel en sms almal. Dit is pure laksheid. Die eienaars is seker nie eers bewus dat hul lisensies al uitgereik is nie. Dit is slinksheid.

fish ·

Ja Ja polisie. As ek nie agter julle aan gebel het die heeltyd nie sou ek ook nooit geweet het my lisensie is reg nie. Nooit ‘n sms of oproep van ‘n dagoud gekry nie en my nommer is reg op julle stelsel. Plus as julle bietjie julle fone antwoord dan kan mens dalk weet of jou lisensie reg is. En was al ‘n paar keer as ek in gegaan het was daar net gevra of ek ‘n sms gekry het en as ek se nee dan word daar net gese gaan huis toe jy sal jou sms kry maar geen moeite sal gemaak word omte kyk vir ‘n mens nie. En ek sit al met 6 gewere en ek weet waarvan ek praat.

Netso ·

300 Lisensies “Honderde Lisensies” ja van die lisensies is daar ñ paar waarvan die aplikante al reeds nie meer belang stel nie of dalk oorlede? Dis lisensies wat nou na hernuwing daar opgedaag het na die hof se uitspraak oor lisensies wat verval het dis al!

PJC ·

Dit wil voorkom of iemand die waarheid so ń bietjie verdraai.

Zelda ·

Ek het nie aansoek gedoen vir n wapen lisensie nie, het ook nie n wapen nie. Maar my logika sê vir my dat as jy aansoek doen vir iets…… dan volg jy op…. dis mos in jou eie belang dat jy n lisensie het.

James ·

By Kempton Park polisie stasie is daar n tipex deksel fol lisensies wat nog afgehaal word. Want die mense nie doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.