Honderde woon Karabo se begrafnis by

Karabo Mokoena se begrafnisdiens Vrydag in Soweto (19 Mei 2017) Foto: Siphelele Dludla/ANA

Boodskappe van “geen geweld teen vroue” was Vrydag te sien by die somber, emosionele begrafnisdiens van Karabo Mokoena in Soweto.

Honderde roubeklaers het binne en buite die klein saal bymekaargekom terwyl ʼn paar mans, insluitend regeringsbeamptes, beurte gemaak het om langs Mokoena se wit kis te staan met plakkate met boodskappe wat geweld teen vroue veroordeel.

“Geen vrou vra of trek aan om verkrag te word nie. Wees ʼn man, respekteer jouself,” was op een plakkaat te sien.

Karabo se suster, Bontle, het ʼn huldeblyk aan haar sussie gebring en gesê sy het “ʼn vriendin, haar steunpilaar”, verloor. “Al hierdie mense het ons familie in hierdie uur van nood ondersteun. Ek sal graag die vriendskappe wil voortsit wat ons gevestig het,” het sy tussen haar snikke deur gesê.

Susan Shabangu, minister van vroue en kinders in die presidensie, het Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het saam met talle ander bekendes die begrafnisdiens bygewoon.

Mokoena, ʼn student aan die Regenesys-sakeskool, was ook ʼn vrywilliger by Freda House, ʼn skuiling vir hawelose vroue en slagoffers van huishoudelike geweld in Bellevue. Sy was passievol oor vroue- en kinderregte.

Haar verkoolde liggaam is op 29 April in ʼn sloot in Bramley gevind, ʼn dag nadat sy as vermis aangemeld is uit haar kêrel se woonstel. Haar kêrel, Sandile Mantsoe, is in aanhouding en staan tereg op aanklag van moord.

Mokoena is by Wespark-begraafplaas ter ruste gelê.

Lees alle vorige berigte oor Karabo Mokoena op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ai ·

Baie tragies. Sy en Reeva het altwee vrywillige werk gedoen vir mishandelde vrouens en altwee was self slagoffers van geweld.

Rus in vrede Karabo. Sterkte aan die gesin.

PJ ·

Baie hartseer…sy het dit nie verdien nie. RIV mooie girl.
Wens net daar word so oproer ook gemaak oor die boere wat vermoor word.

Sw ·

Nog ñ tragiese geval van ñ mooi jong meisie wat sinneloos vermoor word deur haar geliefde. Is daar enige klassieke tekens waarna ñ meisie kan oplet?
Of is dit ñ geval as daar rooi ligte flikker in ñ verhouding, om te gee pad? Wat as die seine verwarrend is wat ñ man uitstuur?
Ek reken daar is seker nie ñ handleiding om vir die regte man te val nie?

Vic ·

Ja, daar is besliste tekens.
Kontrole, jaloesie ( verwarrend uitgegee as liefde), beheer oor jou doen en late, lees van jou foon of fb boodskappe, verwydering van jou familie en vriende, aanhoudende vrae oor waar jy is en wat jy doen, ens.
Enige, maar enige geweld – geen verskonings daarvoor nie.
Die verwarrende seine word gebruik om jou elke keer weer in te katrol sodat jy nie wegkom nie.

Peet J ·

As beide man en vrou die Tien Gebooie van die Almagtige God onderhou dan het ‘n mens nie ‘n handleiding van die mens nodig nie.

snoefie ·

@Vic dis verbasend hoeveel vroue vind daardie kontrole en beheer uiters vleiend. vir hulle impliseer dit aanbidding. leef en laat lewe. leef jou eie lewe. dis kort genoeg. sterkte aan vriende, familie en geliefdes.

verbaas my vreeslik die hartseer geleentheid was nie ook as n politieke arena ingespan om haat en wrewel teenoor die blanke aan te hits nie.

Vic ·

Snoefie, baie vroue het n “afhanklikheids” probleem. Hulle voel veilig by sulke mans. En hulle vertel hulleself dat dit alles gedoen word omdat hy soveel vir hulle omgee. En hoe langer dit aanhou, hoe laer is hulle selfvertroue en hoe makliker word dit om hulle te vertel dis alles hulle skuld……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.