Hondjie gered ná kinders haar martel

Kiara, die babahondjie wat deur die kinders in ‘n informele nedersetting digby Bloemfontein gemartel is (Foto: Bloemfontein SPCA, Facebook)

“Dit is ondenkbaar dat sy nog leef ná die marteling wat sy moes verduur.”

Só vertel Duan Matthee, inspekteur by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein, nadat lede van dié DBV Saterdag ’n jong hondjie gered het wat glo deur ’n groep kinders gemartel is. Die hondjie is ongeveer ses maande oud en was erg vermink. Haar een poot moes geamputeer word weens die ernstige beserings wat sy opgedoen het.

Die DBV het Saterdag laatmiddag ’n oproep van ’n bejaarde vrou ontvang dat dié hond, wat intussen Kiara gedoop is, deur ’n groep kinders in ’n informele nedersetting digby Bloemfontein gemartel word. Die vrou vertel dat sy die hondjie sedert die vroeë oggendure hoor huil het. Sy kon egter eers later die DBV kontak aangesien sy eers moes wag vir haar man om tuis te kom sodat sy sy foon kon gebruik.

Matthee sê die vrou kon uit haar venster sien hoe ’n groep kinders Kiara op die grond sleep en skop. “Sy het vir die kinders geskree om op te hou, maar hulle het net vir haar gelag.

Kiara se een been moes intussen geamputeer word (Foto: Bloemfontein SPCA, Facebook)

“Volgens die vrou het Kiara probeer opstaan, maar die kinders het haar in die lug geskop asof sy ʼn sokkerbal was. Hoe meer sy vir hulle geskree het om op te hou, hoe meer het hulle gelag en Kiara verder met ʼn stok gemartel deur dit in haar keel te probeer afdruk.”

Volgens die vrou het die kinders belangstelling verloor toe die hondjie te swak word om op te staan.

“Hulle het die hond toe blykbaar opgetel en in ’n asblik gegooi. Soos vullis,” vertel Matthee.

Die vrou het die DBV gekontak net nadat haar man tuis gekom het.

“Ons het onmiddellik gereageer en na Kiara gaan soek. Toe ons haar vind, het sy haar kop opgelig en haar stert begin swaai. Dis ʼn wonderwerk dat sy nog haar stert kon swaai. ”

Volgens Matthee is dit nie seker waar die hondjie vandaan kom nie. Hy sê hulle kon ook nie die groep kinders opspoor nie. Die vrou gaan die DBV laat weet sodra sy die groep kinders weer sien.

“Sy was net ʼn weerlose hondjie in die verkeerde hande wat nie haarself kon verdedig nie. Geen hond behoort ooit hierdie tipe pyn en marteling te ervaar nie.”

Hy sê dit is ook skokkend dat sulke jong kinders verantwoordelik is vir Kiara se lyding.

Kiara is na die DBV se veearts geneem vir mediese behandeling. Sy was ernstig beseer en het verskeie beenfrakture opgedoen. Haar bek was aan die binnekant stukkend. Dit kon moontlik wees weens die stok wat die kinders by haar keel probeer afdruk het. Haar een poot is ook intussen geamputeer.

Die DBV het die publiek vir skenings gevra om vir Kiara se mediese behandeling en operasies, wat nagenoeg R 8 000 gaan beloop, te help betaal. Klik hier vir meer inligting oor hoe om te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

pompies ·

Daardie kinders is die volgende moordenaars in opleiding. Dit is n skande ek kan nie hier se wat ek wil se nie want ek sal vervolg word.

Nic ·

pompies ek stem hulle is die volgende moordenaars geen gevoel vir n lewe nie

Francois Le Cochon ·

Ons “foster” tans ook so’n 6 maande oue hondjie. Toevallig uitgevind dat as my dogter xhosa praat, gaan kruip die hondjie onder die meubels in.

Pierre ·

Kleintyd al boos. Geen wonder dit gaan so. Dogs live matters too.

Sammy21 ·

En dan wonder mense hoekom ek so koud is teen mense hul moet daai mense martel en mishandel soos wat hulle die diere martel en mishandel….ek is n groot diere ondersteuner ek help liewers n diertjie as wat ek n mens sal help mense is monsters en ons verdien nie die diere nie van die kleinste diertjie tot die grootste dier

Lize ·

Ek stem 100% saam met jou. Enige mens kan mishandeling verstaan en op ‘n manier verwerk, maar geen dier het enigsins ‘n idee hoekom dit met hom / haar gebeur nie. Ek sal hulle bietjie rondskop.

Diets ·

Ek voel 200% soos u. Ek help veel eerder diere as mense. In diere kan jy die opregte dankbaarheid in sy weerlose ogies sien, mense is vals en sal jou in die rugsteek. Hopeloos te veel mense op hierdie aarde. Ons verdien nie die pragtige plek nie…

Porseleintjie ·

Mens wonder maar hoe dit in hul ouerhuise gaan. Kinders volg die voorbeeld wat hulle sien. Aan die ander kant kan dit ook wees dat die ouers opgegee het met hierdie kinders. Mens kan net sukses bereik waar daar n gesonde en leerbare gees is.

Desiré ·

Ek sou nie gewag het nie, ek sou die hond uit hul hande gaan vat het en hulle sommer ook bygekom het!!! Ek kan maar tronk toe gaan, maar jy mishandel nie n dier en kom weg daarmee nie.

Deon ·

Onthou, hulle het vir die vrou gelag en nie aan haar gesteur nie, sy het dalk gevrees hulle doen iets kwaad aan haar.

Rhona ·

As kinders al so sadisties is kan jy jou voorstel hoe hulle as volwassenes gaan wees. Wys net weereens dat sommiges sonder n siel gebore word.

Anoniem ·

Rhona baie mense het geen gewete en sal hulle eie ma om die lewe bring. Hulle beleef erge dinge in hul ouerhuis sowel as buite. Miskien is ‘onopgevoed’ die regte woord.
Maar elkeen is wel met ‘n siel gebore. Vra maar vir God.

Onnie ·

Hoe bou jy n nasie met sulke kinders. Ek sal hulle met my kaal hande ….. die Bybel sê n oog vir n oog en n tand vir n tand

Deon ·

Jy is besig om geweld teen kinders te promofeer… Maar ek stem saam jou

RS ·

Ek se nie slaan die kind dood nie.,,… Gee n goeie pak slae en leer die kind ‘n les om vir alle lewendes te sorg.

Debby ·

Dis omdat hulle geen disipliene of morele waardes geleer word nie, daai is in ons gatte in geslaan maar waag dit vandag dan word jy aangekla vir kinder aanranding. Sal so kind iets aandoen

JohanR ·

Waar kom hierdie vreedheid vandaan? Vandag ‘n hond, in 10 jaar twee ou mense in hulle huis.

Aai ·

Hulle moenie huis as hulle sukkel eendag hulle vra al op ‘n jong ouderdom vir dit.

Deon ·

Minister van “social development” stuur asb so vinnig moontlik n kommissie om daardie klomp kinders te soek. Onthou om diere te mishandel is n misdaad, dus is dit noodsaaklik dat hierdie kinders gevind word voordat hulle dit dalk volgende keer regkry om n hond dood te maak, of miskien erger, n maatjie, ouer, vriend of familielid. En geagte minister skenk sommer daar n “stip end” vir die hond se mediese kostes… By voorbaat dank

LANA is ELANè ·

Siek siek kinders wat ons toekomstige volwassenes gaan wees, geen greintjie empatie met die weerloostes onder die weerloses.

Agge nee ·

My man het een oggend een arbeider in die swart woongebied gaan haal, toe hy langs die pad ‘n groep laerskoolkinders sien, besig om iets met klippe te gooi. Hy sien toe dat dit ‘n donkie is. Gelukkig is hy ‘n groot fris boer met ‘n kwaai gesig. Hy klim toe uit, waarna hulle die klippe neergooi en laat spaander na die skool toe. Hy het die SPCA gebel maar ons woon ver van die dorp af. Hy was bang as hy die donkie alleen is, sal die kinders terugkom. Die SPCA het toe vir hom ‘n brief deur gewhattsApp dat hy en die arbeider die ou siek donkie kan oplaai en tot op ons plaas neem. (As jy sommer net ‘n dier oplaai, sonder toestemming, is dit veediefstal) Op die plaas donkie gedokter, water en kossies gegee en toe aan die SPCA oorgegee. Hy het heeltemal herstel. So ja, as laerskoolkinders ‘n siek donkie met klippe kan probeer doodgooi, is hulle heel waarskynlik die volgende plaasmoordenaars om ‘n weerlose ou oom of tannie met kookwater, ‘n elektiese boor dood te martel

Sonia ·

ek sal ook liewers niks op skrif sit nie want ek sal ‘n ding op sy naam noem wat in hierdie geval heeltemal geregverdig sou wees.

Karin ·

Ek beter niks se nie kyk Regering wat jul laat gebeur laat ek stil bly voor ek goed se wat ek nie moet nie Hartseer verby en hul kom weg met dit

Kobus ·

Dit is baie erg ern die wat dit gedoen het moet dieselfde behandeling kry. My vraag is net, moet soveel spandeer word aan operasies ens? Die hondjie is vir die res van sy lewe op 3 bene, traumaties vir n dier. Is dit nie beter vir hom om uitgesit te word nie? Dit is baie vinnig en pynloos.

Jakes ·

Ek bevraagteken of hierdie kinders geleer is om respek vir lewe te he? As hulle dit aan n diertjie kan doen, wat sal hulle eendag aan hulle medemens kan doen?

Jack ·

Dis presies n simptoom van die morele verval van sekere groepe in die samelewing. Dis is al gese dat die morele toestand van n volk gesien kan word in die manier hoe sy troeteldiere behandel word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.