
Rescue Care-paramedikus Emma Westcott en paramedikus Leon Fourie (wat die hondjie vashou) saam met Lee Bryant van die metropolisie se soek- en reddingseenheid (Foto: Rescue Care)
ʼn Babahondjie is Donderdagmiddag uit ʼn drein in Newlands West, KwaZulu-Natal, gered.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici is omstreeks 14:30 na die toneel ontbied ná berigte dat ʼn baba se gehuil gehoor kan word in die drein. “Polisiebeamptes was reeds op die toneel toe paramedici opgedaag het. Die gehuil het soos ʼn babahondjie geklink,” het Jamieson verduidelik.
ʼn Plan is beraam om die stormwaterdrein oop te maak en paramedici Emma Westcott en Leon Fourie het bystand gelewer. “Hulle kon die babahondjie in die drein sien en hulle het hom na veiligheid gebring. Hy het byna verkluim en was ondervoed. Hy is na die dierebeskermingsvereniging geneem vir verdere behandeling.”
Dit is nie duidelik waar die babahondjie vandaan kom of hoe dit in die drein beland het nie. “Ons verwag egter dat hy ten volle sal herstel.”
- Foto: Rescue Care
- Foto: Rescue Care
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Dis lekker om goeie nuus te lees!!
Wat ‘n mooi gebaar, dankbaar om te weet daar is nog iemand wat help daar buite. Dankie julle
Wonderlik…..bly die dingetjie is gehelp.
Awhh
Dit is die mooiste gebaar so bly die publiek maak harte oop vir diere!!!
Uiteindelik iets moois in die nuus