Hoof aangekla van poging tot moord ná sage met puttoilet

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

ʼn Skoolhoof van Ugie in die Oos-Kaap staan tereg op ʼn aanklag van poging tot moord nadat hy glo ʼn leerder gedwing het om by ʼn puttoilet in te klim en die hoof se selfoon uit te vis.

Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, sê dié 49-jarige skoolhoof van Lututu Junior Secondary School het eers die 11-jarige seun gedwing om sy klere uit te trek. Hy het toe ʼn tou aan die seun se bolyf vasgemaak en met behulp van ander leerders die seun in die toilet laat afsak.

Die hoof is Maandag in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag sy eerste hofverskyning in die landdroshof in Maclear maak. Die polisie kon nie duidelikheid gee oor watter beserings die seun opgedoen het nie.

Die skoolhoof is net ná die voorval geskors, hangende ʼn ondersoek deur die departement van onderwys in die Oos-Kaap. Dit is nie bekend wat presies die seun oorgekom het nie.

Volgens die departement gaan Fundile Gade, LUR vir onderwys in die Oos-Kaap, Donderdag die skool en familie besoek om namens die skoolhoof vir sy gedrag om verskoning te vra.

“Hierdie soort gedrag toon ʼn gebrek aan respek vir ons kinders,” sê Gade.

Die departement het berading vir die betrokke leerder, asook enige leerder wat deur die voorval getraumatiseer is, gereël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Misky ·

Nou wag ons om te hoor waar is Lesufi en die EFF en wat hulle gaan doen

Genis ·

Ja-nee kyk “CR your people man”… Tipiese voorbeeld hoe Afrika funksioneer…geen respek nie… Kom Eff en Lesufi gaan verdaner die skool se naam (Put-Sonder-Foon), en reel geweldadige optogte…

Dup ·

Sê nou maar die hoof was blekerig van velkleur,dan sou die skool seker lankal al afgebrand gewees het….en die dorpie se strate vol brandende bande en geplunderde geboue….met die hele regering se ministers oppad daarheen….

LANA is ELANè ·

En die rooipette saam met ene mnr Lesufi is doodstil, ek wonder waarom? Ras speel seker nie hier ‘n rol nie? Ek wonder…

Tanniepetoors ·

Die kind hoef nie ‘n enkele fisiese besering te hê nie! Die man moet tronk toe en sommer lank ook. Hoekom het hy nie self sy kosbare, bevuilde selfoon uit die puttoilet uitgehaal nie? Walglike, vernederende optrede teenoor ‘n weerlose kind onder sy toesig en beheer.

Sarel ·

Misky….Ledufi is nie Oos Kaap maar in Gauteng.
Dink jouself jy word in ‘n ” Longdrop” last sak en dit
Vir ‘ n Selfoon. Nie eers in ons Weermag dae nie.
Departement moet egter vrrduidelik hoekom die skoolnog nie behoorlike geriewe het nie.
Indien ouers nou hieroor sal opruk sal ek hulle nie
Kwalik neem.nie

quartus ·

Die LUR kan sommer, terwyl hy nou daar is, seker maak dat behoorlike toilette dadelik by die skool opgerig word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.