Hoof beboet wat leerder in puttoilet afsak

Puttoilette by ‘n skool in die Oos-Kaap. Foto ter illustrasie. (Foto: Equal Education/Twitter)

Die voormalige hoof van ʼn laerskool in die Oos-Kaap moet R4 000 betaal of vir twee jaar tronk toe gaan omdat hy ʼn leerder in ʼn puttoilet laat afsak het om sy selfoon uit te haal.

Die Tsolo-landdroshof het dié uitspraak Woensdag gelewer nadat Lubeko Mgandela skuldig gepleit het op ʼn klag van kindermishandeling.

Maroela Media het vroeër berig die 49-jarige hoof van Luthuthu Junior Secondary in Ugie is afgedank nadat hy tydens ʼn dissiplinêre proses skuldig bevind is daaraan dat hy ʼn gr. 6-leerder gedwing het om in ʼn puttoilet te klim. Hy het die 11-jarige eers gedwing om sy klere uit te trek en toe ʼn tou om sy lyf gebind en met behulp van ander leerders die seun in die toilet laat afsak.

Die hof het Woensdag gehoor die hoof het die kind R200 beloof indien hy die foon opspoor. Hy het hom later R50 betaal toe die seun nie hierin kon slaag nie.

Landdros Lubabalo Nakani het tydens sy uitspraak gesê Mgandela se gedrag is veral laakbaar aangesien hy self ʼn ouer is en boonop kan bekostig om ʼn nuwe foon te koop.

Mgandela se vonnis is wel vir vyf jaar opgeskort, mits hy nie in dié tyd van kindermishandeling aangekla word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nico ·

Kry vir jou, hoe kan jy dit doen, maak nie saak of dit ‘n swart, blou, pers of wit kind was nie, en dit vir ‘n selfoon.

Hennie J ·

Dit sal hom leer om met sy foon te sit en speel terwyl hy eintlik papierwerk moet doen!

Francois ·

Lekker man. So kyk die ANC na sy mense om als opgeskorte vonnisse te gee maar hel dat ek 5 min na aandklok reel nog uit is dan word ek toegesluit

Tanniepetoors ·

Hy moes reguit tronk toe gegaan het sonder die keuse van ‘n boete! Uitvaagsel!

Ansie ·

‘n Opgeskorte vonnis vir sulke kindermishandeling is eenvoudig nie goed genoeg nie!

Nozi ·

Ek dink die vonnis is belaglik en dit vir kindermishandeling. En sou die kind die foon nou wel gekry het wat sou die skoolhoof met die foon gedoen het? Skoon gemaak het en weer gebruik het? O gros, ek gril sommer om net daaraan te dink. Nee wat, los die foon dan nou maar net daar in die put toilet.

Anoniem ·

Die boete is maar lig. Hoekom laat sak die gereg hom nie in die put toilet af dat hy kan voel wat hy aan die arme leerder gedoen het nie. R4 000 ? Dit moes sommer R4 000 000.00 gewees het.

Karina ·

Die ouers moet hom aankla oor wat hy aan hulle kind gedoen het. Gaan Afriforum toe sodat hulle help

VaalDonkie ·

Dis darem nie asof hy die kind gedwing het nie. As 12-jarige sou ek redelik baie dinge gedoen het vir R200.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.