Hoof gee matrieks glo antwoorde 

Die hoof van ʼn hoërskool aan die Oos-Rand is verplaas en word dissiplinêr ondersoek nadat hy glo tydens die matriekeindeksamen vir leerders die antwoorde gegee het vir geografie se eerste vraestel.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, het gesê die voorval het by die Mpontsheng Secondary School in Katlehong naby Alberton plaasgevind. Volgens Mabona is dit die eerste keer in jare dat die departement ʼn onreëlmatigheid van dié omvang het.

Die skoolhoof het glo op 30 Oktober by die eksamenlokaal ingestap en vir die matriekleerders die antwoorde gegee vir geografie se eerste vraestel. Volgens Mabona is die voorval by Umalusi, die raad vir gehalte in onderwys, aangemeld en is die hoof onmiddellik as toesighouer verwyder en daarna op voorlopige oorplasing na die distrikskantoor geplaas.

“Die word deur ʼn dissiplinêre proses in die gesig gestaar waarvan die uitkoms mettertyd gekommunikeer sal word.”

Volgens Mabona ondersteun die departement Umalusi se besluit dat matriekleerders by dié skool die vraestel oor moet skryf sodat die integriteit van die vraestel nie in gedrang gebring word nie. “Die leerders sal die vraestel nou weer Donderdag skryf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Genieve ·

Ok so hulle gaan weer dieselfde vraestel oorskryf of wat lees ek hier dit gaan mos dan niks baat nie want die antwoorde is hulle mee bekend. Die skoolhoof moet geskors word wat verplaas julle hom of moet sy skool nou die hoogste % gekry het.

Vraestel ·

Genieve,
Ek glo nie hulle gaan dieselfde vraestel weer oorskryf nie. Wat is die nut daarvan?

Marius ·

Dit is hoekom ek ‘n eerlike matriek het en nie ‘n oneerlike graad soos ‘n paar in die parlament.

B-man ·

Aardrykskunde? As julle al gesien het hoeveel foute in die handboeke is, kan ek verstaan dat ‘n mens soms die kinders net reg wil leer, maar ai, wou seker die skool se slaagsyfer opkry.

Manie ·

Hierdie is nie uitsondering by swart skole nie. Ek weet van n swart onderwyseres wat deur die skoolhoof gedwing is om wetenskap vrae op die bord te beantwoord in die matriekeksamen . Sy het daarna bedank as onderwyseres.

Naomi ·

TWAK !!! Dis g’n die eerste keer in jare wat so n onreëlmatigheid van díé aard plaasvind nie, dit het maar net díé keer uitgelek.
Dis omdat “mnr die hoof” nie bevoeg is vir die pos waarin hy is nie.

Moeiliker ·

Hierdie man het nou net die eksamen vir hierdie kinders moeiliker gemaak, want nou moet hulle die eksamen oorskryf.

Illa ·

Hahahahahahaha! Nou wonder ek hoe het die voorval die lig gesien? Is dit nou gewetenswroeging wat dit laat uitkom het of gewone naywering en tekort aan loyaliteit? Wat het hy verwag? Nee wat. Die reguit pad is die enigste pad om te loop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.