Hoof geskors ná renosterhoring-diefstal

Jacques Modipane, uitvoerende hoof van die MTPA

Jacques Modipane, uitvoerende hoof van die MTPA

Jacques Modipane, uitvoerende hoof van die Mpumalanga Toerisme- en Parkeagentskap (MTPA) is geskors nadat ongeveer 40 renosterhorings van die organisasie gesteel is, maar die personeellede het begin staak en eis sy terugkeer.

Die renosterhorings het Sondag uit ʼn kluis verdwyn. Die nuusagentskap Agence France-Presse het berig die renosterhorings kan tot $16 miljoen (ongeveer R170 miljoen) werd wees.

Anthony Benadie, provinsiale leier van die Demokratiese Alliansie, het gesê die party is in kennis gestel dat die voorsitter Clarah Ndlovu, Modipane Donderdag uit sy pos onthef het. Volgens Benadie lyk dit soos ʼn oorhaastige besluit. “Modipane het gepoog om ʼn goeie, skoon bewind in die agentskap te vestig en sy afdanking het daartoe gelei dat die personeellede Vrydagoggend begin staak het en nou sy heraanstelling eis. Benadie het Yvonne Phosa, LUR vir ekonomiese ontwikkeling, versoek om die MTPA te ontbind.

Sizwe Motha, sekretaris van die National Education, Health and Allied Workers Union (Nehawu), het egter die raad se besluit verwelkom. “Modipane is uiteindelik aanspreeklik en dra die verantwoordelikheid vir die bestuur van die instansie,” het Motha gesê.

Die MTPA en die departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie. –SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Demokraat ·

Bedrog is maar eenvoudig in meeste Afrikane se koppe. Daar’s mos min twyfel dat Jacques medepligtig kan wees aan hierdie diefstal van die renosternorings – waarom die personeel nou staak en sy terugkeer eis, is eienaandig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.