‘Hoof moet waai’, sê ouers

ʼn Groep van 40 ouers het Dinsdagoggend na die skool opgetrek om die petisie aan die SAOU en beheerliggaam te oorhandig (Foto: Verskaf)

Ouers en ander betrokke partye het Dinsdag ʼn petisie aan die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) oorhandig om hul misnoeë oor die heraanstelling van dr. Anton Prinsloo as skoolhoof van die Hoërskool Eldoraigne in Centurion te kenne te gee. Altesaam 1 072 respondente het die petisie onderteken.

Ouers eis dat die Gautengse departement van onderwys die besluit om Prinsloo as hoof te hervestig, herroep.

“As ouers van die Hoërskool Eldoraigne wil ons die skool as voorkeurskool hou vir huidige en toekomstige leerders, personeel en ouers en ʼn veilige en emosioneel opbouende omgewing behou, waar ons leerders en personeel kan funksioneer en presteer. Die terugkeer van Prinsloo bring hierdie missie in gedrang,” lui die petisie.

“Prinsloo se optrede, wat aanleiding gegee het tot klagtes en onafhanklike ondersoeke, is nie ondersteunend tot die missie nie. Die aanbeveling en gevolgtrekking van die onafhanklike ondersoek, soos gelas deur die departement, bevestig dit. Prinsloo is nie geskik om hoof van die Hoërskool Eldoraigne te wees nie en sy verwydering is noodsaaklik vir die welstand van die skoolgemeenskap.”

Die ouers het Dinsdagoggend vreedsaam by die skool bymekaar gekom (Foto: Verskaf)

Van die 1 072 respondente wat die petisie geteken het, was altesaam 549 huidige ouers van die skool, 267 oudleerders, 76 toekomstige ouers, 34 onderwysers en 146 ander betrokke partye.

ʼn Groep van 40 ouers het Dinsdagoggend na die skool opgetrek om die petisie aan die SAOU en beheerliggaam te oorhandig.

Die ouer wat die petisie begin het, het op voorwaarde van anonimiteit aan Maroela Media gesê dat die ouers rustig en vreedsaam bymekaargekom het.

Volgens die ouer het die SAOU die oggend ook met die personeel en ouers gepraat.

Maroela Media het vroeër berig ouers van die hoërskool was verslae nadat Prinsloo, teen wie verskeie klagtes van boeliegedrag en viktimisering aanhangig gemaak is, verlede week heraangestel is as hoof van dié skool.

Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, dra die klagtes teen Prinsloo nie gewig nie, daarom dat hy by die skool teruggeplaas is. Prinsloo is in Mei vanjaar by die distrikskantoor in Gauteng geplaas, terwyl die klagtes ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Elmarie ·

Wonder of hy vandag op gedaag het vir werk want hy was gister nie daar nie

Ystervark ·

Sleg dat Dr. Prinsloo nou in die openbaar verhoor word. Ek wonder oor al die klagtes. Veral die boelie gedrag. Dit trek mos deesdae die vinnigste aandag. As iemand jou mos skeef kyk is jy geboelie. Net soos Dr. Prinsloo nou in die openbaar verhoor word so word die hele skool en ouers ook. My vriend is ń adjunk hoof en ek sien baie hoe hy met onprofesionele gegradueerdes moet sukkel. Hulle kan nie eens reg spel op rapporte wat moet uit gaan na ouers toe nie. Mens sou verwag dat onderwysers darem hulle werk kan doen. Is dit dalk die probleem by die spog skool? Soek hulle ń vaders figuur om hulle te pamperlang? Is ń hoof wat sy pond vleis eis nou ń boelie? Is daar dalk ander motiewe vir die klagtes. Niemand praat van enige pogings om geskille aan te spreek nie. Net hy moet weg, hy moet weg. Hy het ook regte en hy het ook ń familie. As ek hy was so ek beslis ń paar mense hof to gesleep het. Nee man. Los hierdie probleem op sonder om julle vuil wasgoed so uit te hang en praat met mekaar.

Anthony ·

135 Onderwysers het al oor die laaste paar maande bedank…kan almal verkeerd wees
?

Marthina79 ·

What does around, comes around, Ystervark. Hy het personeel voor ander verneder. Hoop hy voel nou hoe hulle gevoel het. Vernederd. Dit gaan ook nie meer net oor hom nie, maar die Departement van Onderwys wat die personeel, onderwysers en kinders van HS Eldoraigne gefaal het.

Pieter ·

Onthou om altyd hom aan te spreek as doktor. Hy doen backflips as jy hom op sy naam noem.

Jan Seerot ·

O aarde! Daar is die puntjie van die ysberg nou. Hier waar ek is, (nie in SA nie) is daar twee manne wat so optree. Die een moet jy as “doktor” aanspreek, maar hy het géén nagraadse kwalifikasie nie. Die ander moet jy jy as “ingenieur” aanspreek. Nodeloos om te sê dat ek dit opsetlik nie doen nie.

Sanet ·

Hierdie proses is twee jaar terug reeds begin. Die departement het nie hulle deel gedoen nie, en DIT is hoekom dit nou so in die publiek is. As julle al die info het wat ons as ouers het, sal julle besef hy het “nie net skeef na iemand gekyk nie”.

Kobus ·

Hoekom anoniem ? Indien mens sterk voel oor ‘n saak en glo dat jy die regte ding doen , moet jy die die moed van oortuiging he om jou naam by die aksie te sit. Hoe kan “toekomstige” ouers deelneem? Ken hulle die hoof of reageer hulle op hoorse praatjies? Ek ken die hoof glad nie.Indien hy is soos almal se hy is,moet hy self besef dat die vertouensbreuk tot almal se nadeel is. Dalk sal hy ‘n geskikte skole inspekteur wees.

Misky ·

Wonder self Elmarie en kruip dalk in badkamer weg – ha ha ha ha

Agge nee ·

Gee vir die man sy volle pensioen en laat hom aftree in vrede. Dit wil vir my begin lyk of daar meer agter hierdie storie wegkruip. Ek dink hy word nou geboelie en dit deur graad 10 dogters en anonieme ouers, sowel as toekomstige ouers wat ook nou op die wa spring.

Sandra ·

En vir die wat ‘n heksejag op hom voer hulle sin gee? Aikôna!

Cherokee ·

Miskien Miskey en Elmarie, net miskien voel hy geboelie.

Marthina79 ·

Miskien Cherokee, net miskien voel hy dan wat 100de deur sy tong en dade gevoel het….

Maalstroom ·

Nadat Mnr. Klaus König by Hoërskool Florida weg is, het dr. Prinsloo ook aansoek gedoen om die hoofskap. Maar hy was onsuksesvol.
Hy het toe hoof by Bastion Hoërskool geword.
Een jaar het die Bastion-matrieks op hulle 40-days met dr. Prinsloo agter in ‘n polisie-vangwa weggery. Maar hy het teruggeloop.
Sterkte met julle probleem, Hoërskool Eldoraigne.

piet ·

Wat het met daai ander enetjie gebeur wat stoel en al uit haar kantoor gedra is? LOL

JohanR ·

Kry jy al die boodskamp Dr Prinsloo? Party skool hoofde is gewild en geliefd. Dink nie jy is een van hulle nie!

Catherina ·

Boeliegedrag deur skoolhoofde gebeur. Ek was in so n situasie in my eerste twee jaar na Universiteit. Het bedank en eers na baie jare weer skoolgehou met n wonderlike hoof in beheer. Daardie 2 jare was louter HEL

Elinette ·

Luister, as jy sterk van mening staan oor ‘n saak, sal jy nie agter ‘n pseudoniem of anonimiteit wegkruip nie. Ek kry die gevoel dat dr. Prinsloo dalk die soort mens is wat reëls neerlê en verwag dat daarby gehou word. Ek kry ook die gevoel dat hy dalk iemand is wat sy pond vleis eis van sy ondergeskiktes en dat hy hom nie laat manipuleer deur mense wat hoog op die sosiale ranglys, in gerespekteerde posisies staan met genoeg geld agter hulle nie. Is ek verkeerd?

Elinette ·

Lyk my ek is verkeerd – 8 “don’t likes”? Maar niemand hier wat wil sê PRESIES WAT Dr. Prinsloo verkeerd gedoen het nie ….

KB ·

Om hier te gis oor hierdie saak is m.i. onnodig, en nie ons plek nie. Die hoërskool moet dit lief self uitsorteer.
(As ek hierdie hoof was, sou ek nie wóú terugkeer as skoolhoof van daardie skool nie. Ek sou veel eerder ‘n ander beroep ingeslaan het.)

Flip ·

Ek ken nie die hoof nie maar miskien laat hy hom nie rond order deur pappas en mammas met dik beursies nie…..

JohannaC ·

Ek wonder of hierdie mense persoonlik deur Prinsloo benadeel is en of hulle maar net op hoorsê reageer… dis maklik om op die wa te spring…en saam te ry.. Ek hoop op die ware oordeelsdag, dat hulle almal voor die Here kan staan en sê ek het by U kom sit en vra of ek so moet optree…en U het gesê ja…

Bushy ·

Sit my naam ook op die petisie lys. So terloops, wat het hy gedoen net ingeval iemand my dalk mag vra.

Elinette ·

Bushy, spring jy nou ook saam met die ander “voornemende ouers” op die bandwagon en sing julle nou almal saam vals?

Moereloosverby ·

Dis baie hartseer, veral in die lig van die behoud van Afrikaans. Mens moet wegdoen met mense met eiewaan – ons kort mense om ons Afrikanerjeug en -onderwysers te motiveer en op te bou. Net om die draai is daar ‘n groot bekende Afrikaanse skool wat oor ‘n duisend aansoeke vir Gr8 gekry het. As ouer van daardie skool wil ek vir die Eldo’s sê: ek staan bankvas agter julle!

Llady ·

Ons buurvrou werk by H/S Eldoraigne. Sy vertel dat sy elke oggend met ‘n knop op haar maag skool toe ry omdat sy nie weet wat die dag inhou nie. Dis mos nie reg dat iemand ‘n ander persoon só behandel dat hulle uiteindelik ‘n totale senuwrak is nie?! Ek het self ook eerstehandse ervaring hiervan in my vorige werkplek… Nee, boeliegedrag – of dit nou op skool, by die werkplek of selfs aanlyn is – is totaal onaanvaarbaar. As oud-leerder van die skool, skaar ek myself 100% by die ouers en onderwysers en steun ek hul petisie.

Elinette ·

Daar is boelie-gedrag, en dan is daar dissipline en “play-the-game-by-the-rules”. Niemand dwing jou buurvrou om by HS Eldoraigne te werk nie.

Llady ·

Elinette, ja miskien moet sy soos die 154 ander personeel wat oor die afgelope 5 jaar daar bedank het, ook maar vir haar ander werk probeer soek (wat nie ‘n gegewe is dat sy dit gaan kry nie – werk is maar skaars, veral vir onnies in spesifieke vakke). Dit terwyl naburige skole slegs 20-30 bedankings in die afgelope 5 jaar gehad het. Nee, die getalle spreek boekdele!! Iets is mos nie reg daar, as soveel personeel besluit om eerder ander werk te soek nie?! Weereens, ek was self aan die ontvangkant van boeliegedrag in die werkplek. Dis reg as ‘n bestuurder/werkgewer hoë verwagtinge het van hulle werknemers/personeel. Dis NIE reg as so ‘n werkgewer sy/haar personeel verskree or verkleineer of viktimiseer om daardie verwagte uitsette uit sy/haar personeel te kry nie. Behandel jou personeel met respek, en hulle sal die wêreld se respek vir jou hê… En terloops, wat doen al hierdie aan die skool se reputasie? Wat vorige skoolhoofde baie hard aan gewerk het om op te bou?

Blikkies ·

Dis vir my lekker om met ‘boelie’ mense met geen maniere te werk nie. Ek behandel en praat met hulle net soos hulle met my maak of soms erger, hulle word mal van kwaadgeid, dan is jy skielik die verkeerde een. Respek word verdien meneer……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.