Hoof naby skool in Jhb doodgeskiet

Emmanuel Tshivhase, hoof van die Jabulile Secondary School buite Johannesburg.

ʼn Bekende skoolhoof van Orange Farm buite Johannesburg is sowat drie kilometer van die Jabulile Secondary School vermoor.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het gesê Emmanuel Tshivhase (53) is Donderdag op die Goue Hoofweg doodgeskiet.

“Die skoolhoof het vermoedelik langs die pad stilgehou en was besig om op sy selfoon te praat,” het Lesufi gesê.

Hy het die moord as onrusbarend beskryf, veral omdat die nuwe skooljaar aanstaande week begin.

“Die polisie was op die toneel en sal die omstandighede van dié grusame moord op ons geliefde skoolhoof ondersoek,” het Lesufi gesê.

Amptenare van die provinsiale onderwysdepartement het Tshivhase se familie besoek om hul medelye te betuig.

“Mnr. Tshivhase was ʼn bekende skoolhoof en het Jabulile Secondary School uitstekend gelei. Sy harde werk het ook help sorg vir ʼn 80%-slaagsyfer in die 2019-matriekeksamen.

“Ons veroordeel dié misdadigheid en betuig ons medelye met mnr. Tshivhase se familie en die skoolgemeenskap,” het Lesufi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Arno Scheepers ·

Tragies. Simpatie aan sy familie.
Ongelukkig sal die skuldiges nooit gekry word nie.

Michael P ·

En nog steeds doen die regering niks aan die sinlose leefstyl van SA nie Praat ner snert met die mense.

Sputnik ·

Michael P, wat het jy in gedagte wat die regering moet doen? – sal interessant wees om jou en ander lesers wat so voel se menings te hoor.

Johan ·

Mr Lesufi – to use a word like “onrusbarend” is ridiculous. Any murder in itself is a tragedy! Maybe your government must start to eradicate criminality as a top priority in a country where there is apparently 54 murders everyday and stop trying to alter the constitution, take over sport etc…!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.