Hoof praat ná skooltragedie

Skoolhoof Hein Knoetze troos Maandag ‘n leerling. (Foto: Mia Spies/Twitter)

Leerders en personeellede van Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark het Maandag traumaberading ontvang nadat vier leerders Vrydag dood is nadat ʼn deel van ʼn betonloopvlak by die skool meegegee het.

Hein Knoetze, skoolhoof van Hoërskool Driehoek, het Maandag gesê elke personeellid van die skool, insluitend hyself, het traumaberading by die skool ontvang. “Ons moet daar wees vir die kinders.”

Volgens Knoetze het die traumaberading rustig en kalm verloop waarna leerders ook Dinsdag by die skool kan aanmeld om die gebeure wat Vrydag by hul skool afgespeel het, te probeer verwerk. Daarna sal die skool ook beradingsfasiliteite by kerke gebruik sodat leerders ook berading nader aan hul huis kan ontvang.

ʼn Dankbare Knoetze vertel dat hulp van alle kante instroom vir die personeel en leerders ná Vrydag se tragedie. “Die hulp is oorweldigend. Ek kan dit amper nie verwoord nie.”

Skoolhoof Hein Knoetze troos Maandag ‘n leerling. (Foto: Mia Spies/Twitter)

Hy erken dat niks hom as skoolhoof kon voorberei vir wat Vrydag by die skool gebeur het nie. “Dit is baie hartseer. Met stadiums voel dit of ʼn stuk van jou siel uitgeruk is.

“Ons troos is egter die innerlike sterkte. Die skool se Christelike karakter en geloof dra ons deur hierdie tyd.”

Knoetze sê dat daar selfs te midde van die chaos Vrydag kalmte was. Die personeel en matriekraad het glo leerders ná die ineenstorting van die loopbrug na die skoolsaal begelei waarna die hoofdogter vir die leerlinge gebid het.

Die skool beplan ʼn gesamentlike gedenkdiens vir Roydon Olckers, Jandré Steyn, Marli Currie en Marnus Nagel wat hul lewens in die ineenstorting verloor het. Die diens sal egter op ʼn latere stadium geskied sodra die onderskeie families van hul geliefdes afskeid geneem het.

Volgens Knoetze mik die skool om volgende Maandag te heropen. ʼn Vergadering sal egter vanaand gehou word om te bepaal of dit wel moontlik is.

Hy het bevestig dat geen van die ernstige beseerde leerders al uit die onderskeie hospitale ontslaan is nie en dat hulle steeds mediese behandeling ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Karin ·

Dis nogsteeds baie baie hartseer.. Volgende maandag al heropen? Ek twyfel, daar is baie werk wat nodig is voor dit veilig is.

Ek ·

Het op n ander platform gelees dat die weermag tente gaan voorsien wat as tydelike klaskamers sal dien.Maar die terrein moet eers veilig verklaar wors.Sterkte aan elkeen wat deur hierdie tragedie geraak is.Hou vas aan jul geloof.God is getrou wat ons nooit bo ons kragte sal versoek nie.Wanneer ons swak is,is Sy krag vir ons genoeg.

Leon ·

Karin, jammer om te vra – maar het jy die skool gaan inspekteer?

va ·

Meneer nie jy of een van die personeel kon voorsien dat so n tragedie sou afspeel nie. Mag God jou en almal die krag gee om dit te verwerk. Ons as Lede in Christus Kerk Edenburg bid vir en saam met julle. Baie sterkte

Hannelie ·

My hart is so seer vir hierdie skool, sy leerders, opvoeders en ouers. Mag jul vertroosting vind. Ons het nie woorde nie.

Estelle ·

EK probeer iets se maar het geen woorde. Maar weet ek bid vir julle almal. God sal ons almal styf vas hou. Weet dat die land in rou is. Ons Harte breek. Die trane Hou nie op nie. Wees sterk God is met ons.

Wonder ·

Meneer ons dink aan u en u personeellede. Ek bid vrede en kalmte vir julle. Ek bid dat tyd ook julle emosionele hartseer sal genees.

Maritza ·

Ek kan net dink hoe die hoof moet voel, ek wens dit vir niemand nie, maar ek voel ook hy moet dalk n verklaring gee hoekom daai brug in so toestand was…As die nodige instandhouding gedoen was, dan is daar geen manier hoe die pale van daai brug so kan lyk nie soos die fotos rondgaan op sosiale media.

Sterkte vir almal

$ ·

Die pale soos ek verstaan is wat die brug tydelik gestut het ná die ineenstorting.
Pasop om alles op sosiale media vir soetkoek op te eet.

Net So ·

Maritza,
Vra eerder vir die regering waar die skole se instandhouding toelae is! Selfde plek waar die indstandhouding toelae vir die res van die staat se geboue! In iemand se rekening. Te veel mense sterf a.g.v korrupte geld gurige adders wat ons Land regeer. Eers was dit ons Brandweer beamptes, nou ons kinders. Ons bejaardes suffer… Dalk is die Tax boikot tog nie so slegte idee nie. Dalk is dit hoe ons ons kinders, nood personeel en bejaardes behoorlik beveilig…

ettiene fourie ·

ons hele land is geruk na wat vrydag oggend da gebeur het ons is hartseer vir die kinders wat ons land en ouers en vriende da verloor het .Hulle is beslis in n plek wa ons nog net kan droom om te wees by ons hemelse Vader maar een ding wil ek wel se en dit is dit hoekom moet ons wag dat so iets gebeur voor da instandhouding gedoen word enige mens kan sien dat daai stoepe nie veilig is om te gebruik nie.

riana ·

Wil net baie jammer en my innege simpatie aan die ouers en die boeties en sussies oordrae. Jul moet sterk wees God se Hand is groot en sal julle almal toe vou in die tyd van baie eina. God het sy mooiste blomme kom haal ons verstaan nie nou nie maar ons sal wel eendag. Julle my hart gaan uit vir julle ma en pa’s ek weet nie hoe hou mens dit nie maar God maak mens sterk en God sal julle sterk hou. En ons bid vir die wat nog in die Hospitaal is dat God hulle sal seen en gesond maak.

zeno ·

My hart is so seer vir jong mense wat oorlede is,hulle het nie eens kans gehad om die lewe te geniet nie. Sterkte aan die familie en die hele skool. Ons vra vrae, maar sal nooit die antwoorde kry nie.

Joa ·

Dis so ‘n hartseer gebeurtenis. Mnr Hein Knoetze is ‘n wonderlike omgee-mens. Driehoek is my seun se alma-mater en ons ken Mnr Knoetze vandat hy nog ‘n onderwyser daar was. Mag ons Vader elkeen wat geraak is deur hierdie tragedie besondere vertroosting, krag, wysheid en genade skenk. Bid vir julle almal.

Huil saam ·

Ek ken nie een van die leerders nie, ek ken nie die ouers nie, ek woon nie in dieselfde provinsie nie, maar ek voel persoonlik aangeraak deur hiérdie tragedie aangesien ek ook ‘n moeder is en my dogter in matriek is. Ons vat als so vanselfsprekend op en dink nie vir een oomblik dat jy vanmiddag nie weer jou kind gaan sien nie. My hart is saam seer. Elke keer as ek ‘n beriggie lees of op die nuus hoor dan lê my trane ook baie vlak. Ek hoop en bid dat elkeen wat persoonlik deur die tragedie geraak word die nodige vertroosting sal vind om die lewe weer in die oë te kyk en vorentoe te kyk.

Hoekie Mamma ·

Ek is ‘n oud-Hoekie-Mamma en in ons familie- en vriendekring is 13 kinders wat hierdeur geraak is. Die hartseer is onmeetlik. Ek is trots om te sê my kinders was in Driehoek. Min skole het dieselfde liefde, karakter en toewyding van leerders en personeel en ons is selfs nou, 4 jaar na my laaste kind skool verlaat het, steeds getroue Hoekie ondersteuners. Meneer Knoetze, ek weet jy en elke personeellid huil asof dit jul eie kinders is. Ons as oud Hoekies treur saam met julle. Julle het ons kinders geleer van volharding, geloof en gebed. En nou is dit ons beurt om vir julle in die holte van die muur te staan. Sterkte.

Leser ·

Dit was ‘n reuse tragedie. Niemand kon dit voorspel nie. Geen van ons kan voorspel wat met ons gaan gebeur die oomblik wat ons by die voordeur uitstap soggens nie. Ek weet nie hoe moet die mense hierdie trauma verwerk nie. Ek bid vir berusting vir almal betrokke.

Tanjies ·

Ek voel elke skool in die land moet toe wees vir ‘n week vir inspeksie want ek dink nie daar is een departentele skool wat al ooit nagegaan is vir strukturele instandhouding nie. Dit kan by enige skool volgende gebeur en onnodige hartseer veroorsaak.

Ook n bekommerde juffrou ·

Ons het al n “file” vir al die kere wat ons die stoeppe by ons skool (nie Driehoek) aangemeld het. Waar uiters bekwame mense kom ondersoek doen het en die GDE doen absoluut niks daaraan nie.

Piet Pompies ·

Daar is vandag fotos op Facebook geplaas van die metaal en sement strukure by die skool. Van die metaal pilare is op grondvlak af geroes en daar is bewyse van vorige herstelwerk. Van die bestaande sement stoepe op eerste vlak het sigbare krake en ongelyke oppervlaktes is sigbaar.
Dit wil voorkom of die nodige inspeksies en instandhouding nie plaasgevind het.
Op die nuwe fotos is tydelike ondersteuning opgerig om intuiming van die stoepe te voorkom.
Ons het baie simpatie met die situasie en dit is ‘n tragedie dat kinders voortydig gesterf het. As ‘n oud inwoner van Vanderbijlpark het hierdie tragedie die hele naweek in my gedagtes rondgemaal. Goeie vriende van ons se vrou is by die skool werksaam en hierdie tragedie raak elke persoon wat betrokke is by die skool.
Sterkte aan almal!

JohanL ·

Eerstens diepste medelye aan almal wat geraak is met hierdie tragedie.

Ek dink dit is ongelukkig belangrik dat daar na die tyd in diepte ondersoek gedoen word oor die hele kwessie van onderhoud by alle skole. My vermoede is dat daar ander skole is wat met dieselfde kommer sit rondom onderhoud.

Watter verantwoordelikehid het die skool, die onderskeie Onderwys Departemente en die Dept van Openbare Werke?

My vermoede is dat die onderskeie departemente gefaal het, soos wat ons nou al gewoond geraak het. Hierdie oefening moet egter nie gaan oor vingerwysing nie – dit is maklik en vir sommige mense lekker. Dit moet gaan daaroor om stappe te neem om ‘n soortgelyke tragedie te voorkom.

Na die Titanic gesink het, is die oorsaak bepaal en onder andere is daar toe nuwe stappe geneem rondom radio-operateurs en hoe hulle werk en hul punte beman. Dit sou nie die tragedie gekeer het nie, maar vele meer lewens kon gered gewees het as daardie stappe voor die tyd in plek was.

Stukkend ·

Die gebeure by die skool het my baie hard en diep getref. Ek ken niemand daar nie en is nie van die gemeenskap nie, maar ek het ook n 17jarige seun in matriek en kan nie eers begin dink hoe daardie ouers en onderwysers moet voel nie. My eerlike en innige simpatie met almal betrokke, ek bid dat ons Verlosser elkeen sal vertroos en by staan. Baie sterkte.

Anoniem ·

Ons treur saam met Julle maar ons weet ook dat Julle in die holte van GOD se hand is ! Sterkte, baie sterkte ! Vir die PAD vorentoe ?????

Johanna Marx ·

Mnr Knoetze, as oud-leerling van Hoerskool Driehoek (klas van 1999) was dit vir my ‘n geweldige skok. Nie net omdat ek self daar gematrikuleer het nie, maar omdat ek self ook Roydon se familie ken en ‘n kollega van Donovan Olckers was. Sterkte aan elke personeellid, ouer, en leerling wat hierdeur geraak word. Julle is in ons gedagtes en gebede.

Jane Palotasi ·

Liewe oom skoolhoof
Ek hoop en wens vir julle vrede en rustigheid in hierdie tyd toe, staan sterk en glo dat amper die hele suid afrika aan jul dink. Ons dink aan julle ALMAL

Yolande ·

Ek het Vrydag aand die nuus gekry na my suster my laat weet het wat gebeur het. Ek kon voel hoe my binneste ruk en jy voel elke onderwyser, ouer en leering sy pyn en hartseer. As oud leerling van Driehoek (matriek 2000) was dit n skok om te hoor wat gebeur het. Ons bly al vir 11 jaar in NZ maar sal altyd n trotse Hoekie wees. Ek sal as ouer nie kan indink hoe die ouers voel wat n kind aan die dood moes afstaan nie. Ek en my familie dra elke ouer, leerling en onderwyser op in ons gebede en vertrou dat die Here julle deur die moeilike tyd sal dra.

Michelle ·

Woorde ontbreek en trane vul my oë. Jy is ons gedagtes Mnr Knoetze, jou skool, jou leerders en ouers. Ons bid – genesing sal plaasvind.

Mamma wat ook 'n kind verloor het ·

Geen mens herstel ten volle na enige tragiese ongeluk wat ‘n kind se lewe neem nie. Jou lewe word onherroeplik verander. Niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Time will be divided in two, before this and after this.

The day my child died, I became somebody new
A totally different person I never knew
I am not who I used to be, I am definately not the same. The only thing that hasn’t changed is the spelling of my name.
I cried more than I ever did, I break down quite a lot. My heart aches everyday, the pain will never stop. A mother gives her child life. And a love like no other. When that is taken all away, she becomes a grieving mother !

Sterkte vir almal wat hierdie pad stap. One day at a time ?

Cathy ·

Dit is die hoof se plig om te voorsien sy skool is veilig en indien nie dan seker te maak dit gebeur.Ek hoop die ouers dagvaar die skool asook die onderwys departement.Die is n tragedie wat verhoed kon word.En dit deur mense wat nie hul werk kon of gedoen het nie!!

Renschia Lambrechts ·

Jammer Cathy, maar dis nie net die skoolhoof se plig nie. Die beheerliggaam moet eiendom in stand hou met die beskikbare fondse wat hul het. Niemand het voorsien dat so iets sou gebeur. Indien die hofgedinge teen die skool slaag, kan HS Driehoek maar sy deure sluit. Bitter min skole se versekering gaan ao groot eis kan uitbetaal. Mense moet mooi nadink. Ek verstaan dat mediese kostes nou en later hoog gaan wees, maar hierdie saak gaan regtig mooi ondersoek moet wors. Dis gevaarlik om die hoof die skuld te gee. Nie net verloor hy sy pos en pensioen as hy wel van nalatigheid skuldig bevind word nie, maar die skuldgevoelens gaan hom klaarmaak. Bid eerder dat alles goed uitwerk en dink aan die families wat hartseer is.

JohanL ·

Cathy, hoekom wil jy die skool dagvaar? Dink jy hulle het dit nie gerapporteer nie of weet jy ditas ‘n feit? Kom ons kry eers die feite voor ons “wolf wolf” skree.

Daar is skole wat foute aan die Departement rapporteer en dan gebeur daar niks nie.

As jy ‘n goeie voorstel het rakende prosedures ensovoorts oor hoe so ding hanteer moet word (in ag genome dat die departement waarskynlik traag en swak is), kom met ‘n positiewe daadwerklike oplossing/besigheidsplan wat alle skole kan gebruik.

Moenie net kritiseer nie.

Ronel ·

Liewe aarde Cathy, as jy alles ten volle gevolg het, sou jy agtergekom het dat dit wel gerapporteer was en die staat/regering/GDE het NIKS daaraan gedoen nie. Om die skoolhoof te blameer en skool te dagvaar is die laaste gedagte. Ek dink nie jy het n damn idee hoe die skoolhoof voel nie. Kry jou feite reg!

Christa ·

Sjoe, hoe verskriklik!! Trane rol hier oor my wange vir daardie kinders en die personeel en veral vir die hoof. Wat ‘n tragedie! Daardie ouers van die kinders en hul maats!! Dis iets wat Onderwysers en maats (en ook natuurlik die hoof) nie gou gaan ‘oorkom’ nie.

Michelle ·

Daar is nie woorde om te beskryf met watter pyn die ouers moet deurmaak nie, my innige meegevoel die land ween saam met hierdie skool en almal betrokke en my opregte gebede is dat God jul sal optel en dra daar waar elk voel hul kan nie loop nie.

Matthew ·

Die Hoof en Opsigter van die skool behoort tereg testaan voor n hof en ek hoop die ouers doen dien klagtes in teen hulle . Want dit was behoedbaar en onskuldige families is verwoes deur die tragedie
Ek is baie Jammer vir elke familie se smart dit is baie hartseer en julle verdien nie so iets nie

Opisthophthalmus ·

AANDAG ALLE SIVIELE INGENIEURS

Oproep tot aksie:

Na aanleiding van die tragedie by Hoërskool Driehoek is ek baie hartseer en geskok, maar ek kan nie help om ‘n ou frustrasie en bekommernis op te haal nie. As onderwyseres was ek die afgelope 10 jaar op BAIE skole se terreine – in verskeie provinsies – en dit het my baie opgeval hoe verwaarloos van die infrastrukstuur was (stukkende trappe, rugbypale wat deur roes, elektriese drade wat nie geïsoleer is nie, ens.).

Ons kan redekawel oor wie se verantwoordelikheid dit is (want baie skole is semi-privaat of ontvang te min geld van die departement). Gaan ons egter terugstaan en ons hande in onskuld was? Of gaan ons verantwoordelikheid vir ons eie omgewing aanvaar? Dus die uitdaging:

Rondom alle siviele ingenieurs is daar skole – hetsy of jou kind in daardie skool is of nie. Bied asb jou dienste aan om inspeksie van alle infrastruktuur by jou naaste skool(e) te doen. Jy het die kennis om lewensverlies te verhoed.

BOODSKAP AAN ALMAL: borgskappe en diens aan die gemeenskap hoef nie altyd in rande te wees nie – jou kennis en tyd is baie waardevol. Ons het ALMAL ‘n verantwoordelik teenoor mekaar. Gebruik jou kennis/talent en doen wat jy kan. ‘n Klein bietjie maak ‘n groot verskil.

STUUR ASB HIERDIE BOODSKAP AAN AS BEROEP OP VERANDERING IN JOU OMGEWING

#maaknverskil #elkelewemaaksaak

Hester ·

Dit is die kommentaar wat sover die meeste sin maak. Ons almal kan net sit en ons opinies lug oor wie se skuld dit is, en wat gedoen moes word om dit te verhoed. Maar hoeveel mense sal hulle dienste gaan vrylik aanbied om ‘n verskil te maak. Dit is altyd so maklik om mense skuld te gee..kom uit en gaan bied dienste aan om ‘n verskil te maak, die wat kan

Gawie ·

Is baie hartseer. Julle almal is in ons gebede.
Ek sal my nooit kan indink hoe die ouers,kinders en onderwysers moet voel nie.

Pieter ·

CONSTRUCTION REGULATIONS
11 Structures
(2) An owner of a structure must ensure that-
(a) inspections of that structure are carried out periodically by competent persons in order to render the structure safe for continued use;
(b) that the inspections contemplated in paragraph (a) are carried out at least once every six months for the first two years and thereafter yearly;
(c) the structure is maintained in such a manner that it remains safe for continued use;
(d) the records of inspections and maintenance are kept and made available on request to an inspector

TN ·

Sover ek kan agterkom was daar duidelike tekens dat probleme aan die kom was met daardie struktuur ; as elkeen sy plig nakom en aandag gee aan waarskuwings sal rou en gebede aan mitiese figure nie na die tyd nodig wees nie . Die mens is die enigste katalis in sy omstandighede .

Marie ·

Cathy ek dink op die oomblik is jou chat ongevraag As jy n regsgeleerde is kan jy moontlik help Ek glo nie die familie dink nou aan eise nie Lekker dag vir jou ook

CK ·

Kan / Mag Maroelamedia vir ons asb ‘n opvolg gee oor die ander kinders en hoe dit met hulle gaan.

Baie dankie

Anoniem ·

Nee Cathy, die skool moet nie gedagvaar word nie. Die onderhoud en instandhouding van die skool is sover my kennis strek die verantwoordelikheid van die Departement van Onderwys. Hierdie hele tragedie le ek voor die deur van die Departement van Onderwys want nerens word instandhouding van geboue meer gedoen nie. Die onlangse brande in die Staatsgeboue is die bewys aan ‘n gebrek aan onderhoud aan staatsgeboue. Daar is brandweermanne oorlede.

Heksie ·

Ek’s half stom geslaan, want ek sou eerder my eie dood verwag, as dié van hierdie jong mense op so tragiese manier.

Ek huil in my hart saam met die families, maats, die skool, die gemeenskap …

Hou vas aan God, Almagtig, Ons Vader. Hy sal julle dra!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.