Hoof van Bloem-spogskool van pligte onthef

Deon Scheepers, hoof van Grey Kollege Sekondêre Skool in Bloemfontein. Foto: Facebook

Deon Scheepers, hoof van Grey Kollege Sekondêre Skool in Bloemfontein, is deur die beheerliggaam van al sy beheerliggaam-pligte onthef.

Henry Büchner, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het in ʼn verklaring gesê dié “ingrypende bestuursbesluit” kom weens ʼn onherstelbare verbrokkeling van die vertrouensverhouding tussen Scheepers en die beheerliggaam. Volgens Büchner het alle pogings om die geskille tussen die twee partye te besleg op ʼn dooiepunt uitgeloop.

“Daarom het die beheerliggaam op 15 Mei besluit om alle gedelegeerde beheerliggaam-bevoegdhede van mnr. Scheepers terug te trek,” lui die verklaring.

Scheepers het in Januarie 2013 die leisels as skoolhoof by Johan Volsteedt oorgeneem. Volsteedt was van 1993 hoof van Grey Kollege, wat as een van die topskole in die land geag word, en dit was van meet af duidelik dat Scheepers groot skoene gehad het om vol te staan. Volgens berigte was daar egter jare lank onmin tussen Scheepers en die skoolbeheerliggaam.

Büchner het nie in die verklaring uitgebrei oor die aard van die “geskille” met Scheepers wat tot dié besluit gelei het nie. Hy het wel verduidelik dat in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Skolewet ʼn skoolhoof verantwoordelik is vir die bestuur van akademiese aktiwiteite by die skool, maar dat alle ander funksies, regte en bevoegdhede wat die skoolhoof uitoefen, deur die beheerliggaam aan hom gedelegeer word. “Hy moet hieroor en ook oor die plig van onderrig-bestuur aan die beheerliggaam verslag doen,” het Büchner gesê.

“Die beheerliggaam se primêre doel is om ʼn omgewing te skep waar gehalte-onderrig kan plaasvind, maar waar die beheerliggaam vertroue in die skoolhoof verloor het, is dit nie meer moontlik nie. Dié ingrypende stap is dus geneem omdat die beheerliggaam te alle tye die skool, veral die leerders en die onderwysers, se beste belange eerste stel.”

Volgens Büchner sal Jurie Geldenhuys as tydelike skoolbestuurder optree om die pligte waarvan Scheepers onthef is uit te voer totdat ʼn langtermyn-oplossing gevind kan word. “Dit beteken dat mnr. Geldenhuys alle skoolaktiwiteite, met die uitsondering van onderrig en leer, namens die beheerliggaam sal bestuur.”

Luidens die verklaring sluit dié pligte onder meer in die bestuur van die skool se buite-kurrikulêre program soos sport en kultuur, die bestuur van die skool se finansies, die bestuur van die skool se terrein en bates insluitend die koshuis, bestuur van personeel ten opsigte van nie-akademiese aktiwiteite, asook interne en eksterne kommunikasie.

“Mnr. Scheepers as werknemer van die Vrystaatse onderwysdepartement sal voortgaan met sy professionele plig as skoolhoof, beperk tot slegs dié bevoegdhede wat aan hom toegewys is in terme van die Skolewet,” het Büchner gesê.

“Hierdie besluit is nie ligtelik geneem nie, maar ons kan u verseker dat ons uitsluitlik in die beste belang van elke seun, onderwyser en Oud-Grey opgetree het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

John ·

Het die vuil ou statjie nie die algelope tyd genoeg drama beleef nie… so tussen al die duisende swartsakke deur wat skynbaar nou eers ten beste verwyder word sodra dominee die 11 gebooie probeer voorlees en almal in die kerk dan vinnig probeer uitwerk hoeveel is overtime dan. En juis nou wanneer die moeniesipalityd sy kragtariewe opskuif juis omdat dit kouer as op ander plekke is (dink maar self aan ‘n beter rede). En nou dit. En siende dat dinge so warm en koud en slim in Bloemfontein gaan, kan ons nou met sekerheid raai wat verder by die spogskool gaan gebeur. Staan daar enige beelde voor die skool?

Ontnugter ·

Klink eerder of die skoolhoof nie na die pype vd beheerraad wou dans nie. Dis mos n groot probleem onder die afrikaner. As jy nie saamspeel nie delete ons jou. Banntjies vir boeties.

malhuis ·

ontnugter, vir jou slegs ‘n siestog. jy is seker nie ‘n oud Grey nie. Daai man het van meet af aan prontuit gesê dat sport by hom nie prioriteit is nie. Jy hoef nie daarvan te hou nie, maar dit is ongelukkig die absolute waarheid dat sport wel Grey se grootste “claim to fame” is en in daardie proses word uitstekende leiers en mense gevorm. Ek weet. Ek was daar. Ek was nie goed in sport nie. Maar ek was deel van iets ongelooflik. En sedert daardie klong daar is, was dit afgewater. Seersekerlik is akademie ook belangrik. En rekords sal wys dat al die groot sport bulle wat by Grey was, wel ook akademies ten minste gemiddeld was. So hier is waaragtig niks van net sport of net akademie of net die of daai. Gebalanseerde mans wat gemaklik in die gemeenskap integreer kom uit Grey. Want daar was trots. Ons was elkeen deel van die uitblinkers omdat ons hulle ondersteun het en hulle ALLES gegee het vir ons gemiddelde outjies. En sedert Kiem Scheepers se opwagting is daardie einste “magic” by daai skool weg. WEG. Nee wat, hoor vandag vanaf ‘n oud Grey wat na geen reunie toe gaan nie en self soms bietjie kwaad is/was vir die skool: Scheepers is ‘n totale nar en hy was die oorsaak van my vervreemding van my alma mater.

ek sê maar ·

Jip, Ontnugter – geneig om saam te stem. Hoekom aan die groot klok hang dat dit hul besluit is maar nou nie wil sê HOEKOM nie. Klink of hulle hom net wil laat sleg lyk in openbaar. Watookal…. As hy bevoeg was om hoof te word is hy sekerlik bevoeg vir al die ander dinge ook.

snoefie ·

klink vir my ook od hy geboelie word. as hy n met n leerling gelol het of aangerand het, of sy hand in die koekieblik gehad het, sou hulle hom verwyder het. honourable member, die probleem is nie die beheerliggaam as sulks nie, maar die feit dat die beheerliggaan nie verteenwoordigend is nie. as die groter getal ouers van n skool ambagsmanne en vroue is, hoekom is die beheerliggaan vol drs en prokureurs? dit is gewoonlik waar die probleem inkom

nieBAFUnie ·

Die stilte is uit alle geledere van die spogskool is oorverdowend!!

Realis ·

Hierdie omstandighede en berig doen genoeg skade aan Grey Kollege, hoekom nog sensasie soek? Dis nie nodig dat almal betrokke nou nog iets moet bylas nie.

TDW ·

Ek gaan nie hier sit en skryf wie ek dink is reg of verkeerd nie, want ek ken nie die omstandighede nie, maar ek moet uitvind, is dit nie die beheerliggaam se plig om die hoof en onderwysers te help en hulle in hul besluite te ondersteun nie? Sover my kennis strek, as ‘n oud beheerliggaam lid, is dit nie die beheerliggaam om voor te sê nie, maar wel om voor te stel. Die beheerliggaam dien die skool en nie anders om nie. Kan iemand my beter laat verstaan asseblief.

Arme skoolhoof ·

JANEE die skoolhoof wou hom nie laat VOORSKRYF en RONDSHUNT deur die OUERS (lees beheerliggaam) nie, daarom word hy nou gemarginaliseer .. dit is so tipies . die beheerliggaam se kindertjies moet altyd prefekte word . hy wou seker nie ingee nie …

TDW ·

Beheerliggaam lede word gekies deur die ouers van die skool, nie deur die onderwysers nie. Elke ouer wat belang gestel het het gaan stem aan die begin van die jaar. Beheerliggaam lede is daar om die skool te ondersteun. Ek was in beheer van die terrein en moes seker maak alles loop glad en word ordentlik gedoen op die terrein. Beheerliggaam lede dien sonder betaling. Hulle is mense wat alreeds voltyds werk. Hulle verdien baie meer krediet. Indien jy probleme het met ‘n beheerliggaam lid, is daar kanale waar jy jou griewe kan gee. Hulle doen werk wat hulle nie hoef nie, maar uit liefde vir die skool. Moenie afgunstig wees nie, word self betrokke.

Br ·

Rk prrsoonlik dink met hirrdie optrede het hulle di Beheerraad nou hierdie man se loopbaan gedoem. Watter skool sal hom nou weer wil hê. Hoekom word di ware redes nie genoem nie. Wel ek glo ek het nou ook my geloofwaardigheid in di beheerraad verloor en die vertrouehet onherstelbaar verbrokkel – sal di beheerraad nou ook gaan asb.

Koos1 ·

Laat ek julle nou vertel, as beheerligaam lid van ‘n skool. Dit gaan om finansies. Die beheerliggaam van ‘n skool is verantwoordelik vir alle finansies. ‘n Skoolhoof is op die beheerliggaam van ‘n skool vanweë sy of haar posisie.
Die grootste fout wat enige beheerliggaam kan maak is om die hoof van ‘n skool beheer oor die finansies te gee. Dis reg dat die hoof verantwoordelik is vir die akedemiese sy van die skool, maar ALLE uitgawes moet deur die beheerliggaam goegekeur word. As ‘n beheerligaam en die hoof nie kan saamstem/saamwerk nie, is ‘n skool amper verseker om te faal, en die enigste manier om dit om te keer is wat die skool nou gedoen het. Die hele beheerliggaam moet die skool en kinders dien. Ja ek moet erken daar is lede op beheerligame wat daar is net vir hul self, maar juis daarom het ‘n beheerliggaam altyd ‘n ongelyke getal, waar die ouers altyd 1 meer lid as die skool lede moet hê, om ‘n staking van stemme te voorkom.
Baie stekte aan die skool en die beheerliggaam, julle het ‘n monster taak voor julle om vertroue te herstel. Onthou net ALTYD om die leerders eerste te stel!

Francois le Cochon ·

Koos, jy het dit verkeerd. Die SA Skolewet en die Dept van Onderwys se fin beleid gee ‘n skoolhoof volle mag oor n’s skool se finansies. Die skoolhoof moet sorg dat ‘n SBL volgens wette en regulasies moet optree. Die meeste SBL’e se begrotings is onwettig, omrede hul begroot vir uitgawes wat teenstrydig is met die Skolewet. Hierdie is een van die redes hoekom ouers meer skoolgeld betaal as wat werklik nodig is. Skoolgeld mag slegs gebuik word vir die bevordering van onderwys. As ‘n uitgawe nie onderwys direk bevorder nie, is dit onwettig. Onwettige uitgawes sluit in: beurse uit ‘n skoolfonds, skoolgeld afslag aan onderwysers se kinders, enige eetgoet/drinkgoed en verversings vir onderwysers/leerders/ouers/besoekers, funksies uit skoolgeld vir onderwysers, blomme/ruikers/geskenke uit skoolgeld, enige skoolgeld vir Craven week rugby spelers, enige sportbaadjies of sweetpakke vir onderwysers….

Koos1 ·

Gaan lees gerus weer Wet 84 van 1996 Art.16A. par. 2(h) en dan ook Art. 36,37 en 38 van die selfde wet.
As die skoolhoof totale beheer oor finansies het, is korupsie en bedrog mos gereed om gepleeg te word.
Ek stem saam dat uitgawes, verkry vanaf skoolfonds, nie aangegwend mag word vir enige ander doel as direkte onderwys nie.

honourable member ·

Ek stem 100% saam jou “Arme skoolhoof” Hierdie beheerraadslede regeer die skole en hulle kinders word altyd die prefekte want pappa sorg dat die skool laptops en wat ook al kry. Hulle dink hulle is “baas” by die skole. Ek wens hulle wil wegdoen met hierdie beheerraadslede. Net een groot onnodigheid in die skole.

Mrs H ·

TDW… Stem niks saam jou nie. Hierdie beheerliggaam mensies, het hulself uit eie wil beskikbaar gemaak om te dien. Ek weet glo my. Oor die algemeen is dit n spul individue wat hul eie kinders probeer bevoordeel deur vreeslik voor te gee wat hulle kan bied en offer. (Smeek basies om gekies te word). Die indruk is meer ouers met dik beursies wat hul gewig wil rond gooi om vir n dag of twee bietjie belangrikker te voel en lyk in hul eie velle. N posissie waar n onnie vir n slag na JOU gaan en moet luister. Pot snert. Let wel: oor die algemeen.

Carlia ·

Wat gaan aan (in Bloemfontein) met die skole? Corrie van der Walt – Fauna Laerskool (wat sy saak gewen het, maar nou nog nie uitbetaal is of terug in sy amp nie). Hendrik Pieterse van Dr Bohmer Skool. Wat van sy saak geword het, weet ek nie. Die skoolhoof van Wilgehof Laerskool en nou Deon Scheepers. Iewers ruim dinge maar net nie. Te wel geleerd vir die poste?

Robbie ·

As ek dit nie mis het nie, het is een van die onderwyseresse ook verlede jaar afbetaal oor sy fondse ontvang het, want haar nie toekom nie. Nou nog ‘n klad op die skool se naam.

Mrs H ·

So jammer dat ons eie mense DIT aan mekaar doen. Sekerlik kon daar beter gekominukeer en opgetree word, voor sulke verdoemende besluite gemaak word teenoor n nasie wat dit NIE kan bekostig nie.

GM ·

Dis een van die top skole, so hy moes sekerlik iets reg gedoen het? TDW, ek was ook onder dieselfde indruk as jy. Ek het ‘n skoolhoof gesien as die een wat die finale besluite maak, en die beheerliggaam as raadgewers.

Rupert Ashford ·

Is jy ernstig? Dink jy regtig iemand wat ten volle afgedank kan word deur die departement (dink nou aan ‘n ou soos Lesufi) as hy nie alle bevele uitvoer tot op die letter nie, moet volle beheer van skole en die finale besluite oor alles he sonder enige “checks and balances”?

Opskrif ·

Die hoof opskrif van die berig lei dat dit die skoolhoof is.

Francois le Cochon ·

‘n Skoolhoof dien op die SBL “ex officio”. Hy/sy verteenwoordig die hoof van onderwys. Geen SBL vergadering mag gehou word sonder die skoolhoof se teenwoordigheid nie. Die Skolewet stipuleer die werksaamhede en magte van ‘n SBL. Die skolewet maak nie voorsiening daarvoor dat ‘n SBL ‘n skoolhoof van sy pligte mag onthef. Dit kom daarop neer dat die SBL die hoof van onderwys van sy/haar pligte onthef het. Die SBL het in hierdie geval hul magte oorskry.

SBL ·

‘Gedelegeerde beheerliggaam-bevoegthede’ is teruggetrek. (Niks met pligte te doen soos deur die Skolewet bepaal.)

Elke saak het drie kante – voorspoed.

E.K. die eerste ·

Ek dink die dag wat dit soort van wet word dat as jy op die beheerliggaam dien jou kind NIE as leier gekies mag word nie, sal mens sien wie WERKLIK vir die skool omgee en steeds vrywillige werk sal doen of wie se “liefde” vir die skool net sover gaan as dat sy/haar kind as leier gekies word!

Koos1 ·

E.K. die eerste. En as jy nou op die beheerliggaam is en jou kind staan al van gr. 4 af eerste in sy/of haar graad akademies van aard, en neem aan sport deel, en word nog gekies vir om SA verteenwoordig in ‘n buitemuurse aktiwiteit? Mag die kind dan nou nie leier word nie, net omdat die ouer op die beheerliggaam dien nie? Op ons beheerliggaam is al die ouers se kinders elke kwartaal konstant in die top 10 (in verskillende grade), en hulle word gedruk om daar te bly, omdat daar ouers is wat, soos jy dink dat jou plek op die beheerliggaam vir jou kind ‘n posisie as leier regverdig. By ons skool is die beheerliggaam GLAD nie betrokke by die leierverkiesings nie, soos dit hoort.

Francois le Cochon ·

Koos se antwoord bevestig net weer, as ‘n ouer betrokke is, presteer sy kind beter. ‘n Ouer wat dien op die SBL en/of OOV, is gewoontlik ook betrokke by sy/haar kind.

Foeitog ·

DIT WIL VIR MY VOORKOM ASOF NIE EEN BEHEERLIGGAAMLID WAT OP HIERDIE FORUM IS WEET WAT OM HOM AANGAAN NIE. Elkeen vertel ‘n ander storie . weereens ARME SKOOLHOOF< ek het simpatie met hom!

Waarheid ·

E.K.die eerste ….ek stem 200% saam met wat jy sē.
Stel dadelik onafhanklike kommisie van ondersoek aan (nie onderwys beamptes privaat)
ruik ‘n rot?

Oom Kalahari ·

Grey Kollege was nog al die jare die uistaande Skool in die land en het vele sport individue uitgebring.
Dit is jammer dat die aangeleentheid tot so ‘n uitkoms gedryf moes word, maar glo dat werklike feite so ‘n drastiese optrede moes teweeg ge-bring het. As alle gesprekvoeringe en geleenhede om oplossings tot aangeleentheid te probeer vind en faal, dan is dit seker die enigste uitweg tot optrede deur die SBL.
Laat ons hoop hierdie optrede skaad/belemmer nie die beeld van die puik skool nie.

Joe Hall ·

@Oompie Kalahari.
Wat volgens jou oordeel die “uitstaande skool in die land” is, hou seker en vas geen verbintenis met die werklikheid nie. Dat jou norm vir so ‘n vreemde stelling “vele sport individue” wat hulself by die skool sou bevind het insluit, vertel meer van van die koddige norme wat deesdae toegedig word aan skole en wat minder as niks met die WERKLIKE kenmerke van ‘n “uitstaande skool” te make het nie.

Ben ·

Klink so asof ‘n skoolhoof 2 base het. Die Departement en die Beheerligaam. Al wat ek se “n Divided House cannot stand”. Raak onstlae van een maar ook tyd dat die Departement van Onderwys gemorderniseer word. Wat ek as privaat persoon gesien het, het my laat gril. Hoogs onprofesioneel en ongeorganiseerd.

dudley ·

Sal die beheerliggaam van Grey en die hoof asseblief die fliek “Dead Poet’s Society” kyk.

Nou is Klaas Baas ·

My man is ook ‘n skoolhoof en gaan deur dieselfde… beheerliggame is ‘n on-ding, ouers wat geen kwalifikasies het nie, wil kom baas speel by ‘n skool en skoolhoofde beheer en sê hoe om hul werk te doen, gewone ander onderwysers. Waar het hul hul opleiding gekry om ‘n skool te kan bestuur?

Oo Griet ·

Ek stem nie saam nie. Gewoonlik is die skoolhoof die ou wat net sit met ‘n onderwyser diploma of in die Grey geval met ‘n mba graad. Hy het hom miskien opgewerk deur die ranks. Die lede van die beheerraad is die geleerde mense met grade. Maar dit daar gelaat.
Die probleem kom in as die skoolhoof dink hy het al die mag en kan doen wat hy wil, soos hy wil. Gewoonlik lei die kinders of leerders (selfs mede onderwysers) onder sy magbehepte simdroon.

Klaas is Baas ·

Ag regtig, so nou is een graad beter as ‘n ander en in elk geval maak geleerdheid jou nie ‘n kenner op elke gebied nie! Wat weet ‘n dokter bv. van ‘n skool af? Ek self het in die privaat praktyk én by ‘n skool gewerk, dis wêrelde van mekaar verwyder, so nee, jammer, jy sit die pot heeltemal mis!!!!!

Oud Skoolhoofvrou ·

Stem met jou 100% saam. My man het dieselfde gese toe hy hoof was.

Nou is Klaas Baas ·

Ek wonder of ouers besef dat skoolhoofde ook maar net onferwysers is wat die beroep gekies het omdat hul ‘n passie vir kinders het? Hul het dit verseker nie vie diw GROOT salaris gesown nie…

1+1 ·

‘n Mens wonder net wie die wettige werkgewer in hierdie geval is.

1+1 ·

Ek wonder het wie die werkgewers is. As dit die staat is werk hy vir hulle, maar as dit die beheerlig-gaam is werk hy vir hulle.

Adam ·

Nie nodig om te wonder nie. Die instansie wat die salaris betaal is die werkgewer. Beheerliggame doen in baie gevalle uiters goeie werk maar ongelukkig is daar ook lede wat weinig na die tafel toe bring.

LHS ·

Die skoolhoof is die verlengstuk van die departement van onderwys, sy direkte en enigste werkgewer. Daar sekere voorgeskrewe bevoegthede wat toegewys is aan beheerliggame wat dan ook direk deur die BH uitgeoefen moet word aan die hand van duidelike riglyne, hoofsaaklik dan net in n ondersteuningsrol. Die hoof moet toesien dat die BH ten alle tye die departementele voorskrifte navolg. Begroting en finansies is bv. die BH se volle verantwoordelikheid. Die BH is nie by magte om dit net te delegeer na die hoof toe nie, hy kan doodeenvoudig verkies nie direk daarmee gemoeid te wil wees nie, behalwe die normale dag tot dag bestuur binne die skool soos deur die BH vasgestel moet wees. Die hoof moet ten alle tye toesien dat regulasies en wette nagekom moet word. Die BH kan hoogstens die hoof verkla by die onderwysdepartement indien hy nie sy voorgeskrewe departementele riglyne nagekom het nie en die werkgewer sal dan die saak ondersoek en besluit. Daar is egter nie eers sprake van enige BH wat sulke besluite kan neem of wil afdwing nie. Sorry BH van Grey, julle het verseker so bietjie julle hand oorspeel en in die proses baie negatiewe aandag op julle skool getrek.

Neilia ·

Ek vertrou glad en geheel nie beheer ligaam nie. Die woord beheer sê vir my alles. As ek n probleem het wilek nid met n ander ouer gaan praat , wat dit uitlap by die huis en my kind n teiken van boelies maak nie. Nee dankie ek noem hulke kruipers, heeldag by die skool met skenkings om hulke kinders te bevorder. Dit word n kompetisie.

Klaaa is Baas ·

My vraag was nog altyd, as hierdie belangrike Beheerliggame foute maak, gaan hul ook geskors word?of gefire word of wat gebeur met hul as hul nie hul belangrike pligte nakom nie? Ek sê weer, los die onderwysers/skoolhoofde om hul werk te soen en SBL gaan bepaal jou by jou eie werk. Wie kan in elk geval heeldag by ‘n ander man se werk uitjang en sy werk los om die akoolhoof se werk te probeer doen? Ek dink hul is net daar om te kyk wat die skoolhoof en personeel verkeerd doen. LET WEL: Indie ‘n SBL lid die hoof ondersteun, word hy ook maar geteiken en ook maar uitgewerk… werk in elk geval by ons skool so…

Tobie Klarens ·

Al die kommentators hier, sekerlik die meerderheid, mis een groot belangrike punt. Dit is dat Grey uniek is , dat terwyl die onderwysers in diens is van die onderwysdepartement, is die skool met al sy roerende en onroerende bates, in privaatbesit, nl n trust, die Jock Meiring Trust. Die Beheerraad sal dus binne hulle magte optree as hulle die skoolhoof onthef van enige pligte, anders as akademies. En ongeag die redes daarvoor, het hulle regtens korrek opgetree

oo Griet ·

Toe bars die sweer—Die beheerraad tree reg op en in belang van die skool. Agter die skerms het dinge vir jare al verkeerd geloop sonder dat iemand teen Scheepers opstaan.

Dankbaar kindloos ·

Dank Vader ek het nie kinders nie, en dat ek daarom nog geen enkele dag van my 46 jaar op hierdie aarde met skole te doen gehad het nie. Behalwe natuurlik toe ek n leerling was, maar dit iets heeltemal anders.

SBL ·

Sjoe – ek staan verstom deur die onkundige kritiek teen SBL. As dit nie vir bv die befondsing van SBL onderwysposte was het julle kinders almal in klasse van 45+ kinders gesit, met weinig tot geen fasiliteite en was al die skole dalk ook al verengels?
Dankie vir hoofde, en dankie vir SBL. Dis ‘n vennootskap.

Grote Griet ·

Ek stem saam met jou oor ‘n vernootskap. Die probleem kom in as een party nie doen wat hy moet doen en sy kant bring nie. In hierdie geval is dit die skoolhoof. Vir my gaan dit oor die leerlinge en hul opvoeding. Kyk hoe dra die leerlinge die nuwe waarnemende hoof op hul skouers en sing hulle skoollied uit volle bors. Dit som die hele prentjie vir my op. Die leerlinge het al klaar hulle nuwe hoof en leier gekies.

SBL ·

Insiggewend, dankie. (Ek is nie bekend met die spesifieke situasie nie)

Klaas is Baas ·

So, dink jy werklikwaar die SBL betaal die beheerliggaam onderwysers, of gee die geld vir hul salarisse? Régtig?

1+1 ·

Lees asb weer LHS se kommentaar. Of die inligting in die berig is so gefilter dat die slagoffer geen kans vir oorlewing het nie. Die hoof se vakbond is veronderstel om deurlopend in hierdie proses betrokke te wees. As hulle wel was sal ‘n mens graag hulle insette ook wil hoor. Personeel is in ‘n toenemende mate die slagoffers van druk van BL se oordrewe buitemuurse programme dat personeel beswaarlik tyd het vir hulle eie gesinne.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.