Hoof van departement van gesondheid in hof vir bedrog

(Foto: Rawpixel/Unsplash.com)

Die hoof van Noordwes se departement van gesondheid het Vrydag in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie en oortredings van die Wet op Openbare Finansiële bestuur weens beweerde bedrog van miljoene rande.

Andrew Thabo Lekalakala (57) se inhegtenisneming spruit uit die beweerde onregmatige aanstelling van ʼn maatskappy genaamd Cureva – later bekend as Mediosa – om mobiele kliniekdienste aan landelike inwoners in die provinsie te verskaf.

“Lekalakala het Mediosa glo aangestel sonder dat behoorlike tenderprosedures gevolg is. Pleks daarvan het hy ʼn diensooreenkoms onderteken op ʼn uitstappie na Indië. Dit het ook geblyk dat ʼn familielid en vriende [Lekalakala] glo op die reis, waarvoor Mediosa betaal het, vergesel het,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Kort nadat die ooreenkoms aangegaan is, het die diensverskaffer reeds ʼn vooraf-betaling van R30 miljoen ontvang.

Lekalakala het vandag in die Molopo-landdroshof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Die saak teen hom is tot 12 Februarie uitgestel, het Mulaudzi gesê.

Hy het gesê die Valke sal aanhou om te verseker dat daar beslissend opgetree word teen diegene wat skuldig bevind word aan korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AJB ·

Sal nooit wees met die regering nie. So begin dinge nou uitkom.

Ag nou ja ·

Goed, hy is nou in hegtenis geneem. En wat gebeur nou? Niks niks niks ……………….,,,,,

Johanna Botha ·

Is daar eintlik iemand in die staat wat nie korrup is nie ….wragtig die korrupsie hou nie op met die anc wat regeer ! !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.