Hoof van Eskom-filiaal bedank

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Johnny Dladla, uitvoerende hoof van Rotek Industries, ʼn filiaal van Eskom, het bedank en sal Eskom einde vandeesmaand verlaat ná sowat 23 jaar diens.

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, het bevestig dat Dladla reeds 1 Oktober bedank het, maar dat sy bedanking eers deur die raad oorweeg en werknemers in kennis gestel moes word.

“Hy gaan privaat belange najaag,” het Phasiwe gesê.

Dladla is verlede Oktober as Eskom se waarnemende uitvoerende hoof verwyder nadat hy sedert Junie 2017 in die posisie waargeneem het voordat hy deur Sean Maritz vervang is. Dit het gevolg na die skorsing van die destydse waarnemende hoof, Matshela Koko.

Rotek Industries word deur Eskom besit en verskaf konstruksie, instandhouding en vervoerdienste ter ondersteuning van die kragreus se bedrywighede.

Phasiwe het gesê die persoon wat by Dladla oorneem, sal binnekort aangekondig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lekker man ·

Seker weer ‘n R30 miljoen handdruk gekry en daar gaat hy .. hulle ly nooit weer honger nie.

Mrs H ·

Het die staat nou klaar bankrot gemaak, job done, nou is daar nog in die privaat sektor om te gaan opraap en najaag ne?

marous ·

Privaat sektor is verskriklik riskant …. behalwe as jy uitsluitelik besigheid met staatsinstellings of “padda ” staltis doen .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.