Hoof van finansies ‘verdwyn’ by skuldgeteisterde munisipaliteit

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Die hoof van die Emthanjeni-munisipaliteit wat die dorpe De Aar, Hanover en Britstown in die Noord-Kaap insluit, het onlangs soos ʼn groot speld verdwyn kort voordat dit aan die lig gekom het dat dié munisipaliteit Eskom R61 miljoen skuld.

Die nasionale tesourie het glo ook die munisipaliteit vroeër vanjaar beveel om sy 2019-begroting met R46 miljoen aan te pas, omdat daar nie genoeg geld is nie.

Gerhard Engelbrecht, voorsitter van die distrik se belastingbetalersvereniging, het Maandag aan Maroela Media bevestig dat Marcel Ludwig sowat twee weke gelede versuim het om as finansiële hoof van die munisipaliteit aan te meld, nadat hy met siekverlof was.

ʼn Bron by die munisipaliteit het by navraag aan Maroela Media bevestig dat Ludwig intussen bedank het.

Die belastingbetalersvereniging voer aan dat finansiële wanbesteding die rede vir die munisipaliteit se reuseskuld is.

Engelbrecht sê lede van die gemeenskap is bekommerd dat Eskom in ʼn later stadium genoop gaan word om die onderskeie dorpe binne die Emthanjeni-munisipaliteit se elektrisiteit af te sny. Kragonderbrekings het reeds vroeër vanjaar vir meer as ʼn week geduur, verduidelik hy. Volgens die belastingbetalersvereniging het die munisipaliteit se Eskom-skuld binne ʼn kwessie van ʼn jaar van R30 miljoen verdubbel.

Volgens Engelbrecht het die belastingbetalersvereniging verlede jaar vergaderings met die munisipale bestuur belê om die kwessie te bespreek. Dié vergaderings is aanvanklik een keer per maand gehou, toe een keer elke derde maand en sedert die begin van die jaar word die vergaderings glo bloot uitgestel.

“Waarheen gaan die geld? Om ʼn munisipaliteit se begroting met R1 miljoen aan te pas is moeilik. Hoe pas jy jou begroting met R46 miljoen aan,” wou Engelbrecht weet.

ʼn Woordvoerder van die munisipaliteit kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

SjN ·

Ek weet waar is die geld, dit is weg!!! en Ludwig is ook weg, geleer by iemand anders om siek te word. Pay back the money.

Sarel ·

Jip jy is reg. Gaan soek in weg, daar sal jy hom en die geld kry. In weg.

Johan ·

Mnr Engelbralecht en sy belastingbetalersvereniging moe onthou dat die Munisipale Bestuurder in alle gevalle die Rekenpligtige Beampte van die munisipaliteit is en bly. Hy kan ook in gevslle val growwe nalatigheid of versuim om sy wetlike plig uit te voer in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word ingevolge die nuwe Tesourie wet en reguladies wst in April 2019 uitgevaardig is. Ons belastingbetalersvereniging in Warmbad het reeds meetbare sukses gehad deur die MB deur ‘n prokureur hierop te wys.
Sterkte

Jo B ·

Dis jammer dat sulke dinge nogsteeds plaasvind, hulle weet al baie lank van sy mannewales. …Niks gaan gebeur as hulle hom kry nie.

Susan ·

Ai mense gee hom kans dat hy van vakansie af terugkom. Moenie hom pla by die Seychelles nie.

John ·

Is De Aar nie naby die hoofaar na Sutherland nie? Miskien kan ‘n lugvlugstasie na Mars naby gaan-na-die -mier se orakel-fasiliteit opgerig word vir haastige vertrekkers op grond van hul mediese gereedsheidsertifikate. Die belangstelling is groot by die ACE-Bloemfontein-opleidingskool en elders in die Vrystat. Die hulp van mense-sonder-grense tov wat water en longlife batteries sal glo waardeer word.

charmaine ·

Hy het oor die see verdwyn met daai miljoene en le op n strand met n cocktail in die hand.
Klink lekker.

hercu ·

“For all that is secret will eventually be brought into the open, and everything that is concealed will be brought to light and made known to all” ~ Luke 8:17 NLT

Willie ·

Word hierdie munisipaliteit se boeke dan nie ge-oudit nie. As die ouditeure nie die foute kon optel nie hou hulle saam met hom verantwoordelik, want dit is growwe nalatigheid. Hartseer om sulke nuus van my groot word dorp te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.