Hoof van Gauteng-gesondheid bedank

Prof. Mkhululi Lukhele, geskorste hoof van die Gautengse gesondheidsdepartement, het bedank. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Die geskorste hoof van die Gautengse departement van gesondheid, prof. Mkhululi Lukhele, het bedank.

Die Gautengse premier, David Makhura, het Lukhele Woensdag voorlopig geskors ná die spesiale ondersoekeenheid (SOE) bevind het dat hy nie sy verantwoordelikheid in die toekenning van kontrakte aan sekere maatskappye vir die verkryging van goedere en dienste in verband met die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie uitgeoefen het nie.

Lukhele en die departement se voormalige hoof- finansiële beampte, Kabelo Lehloenya, word by die onreëlmatige toekenning van kontrakte vir persoonlike beskermingstoerusting (PPE) betrek.

Die provinsiale regering het die afgelope week gesê Lukhele se optrede of versuim kon moontlik daartoe gelei het dat die departement vrugtelose en verkwistende uitgawes aangegaan het. Hy sou geskors bly tot die ondersoek deur die SOE en dissiplinêre prosedures voltooi is, maar het nou met onmiddellike inwerkingtreding bedank, het Thabo Masebe, woordvoerder van die Gautengse regering, gesê.

Makhura het weer benadruk dat enigiemand wat betrek word by Covid-19-korrupsie of onwettige optrede – of hulle nou staatsamptenare of lede van die publiek is – aanspreeklikheid moet aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johan ·

Probeer julle ons bluf hy word net her-ontplooi sy naam gaan in die toekoms weer opduik. Hy is n kader.

Hennie J ·

Hy het seker ook die belofte gekry van “as jy bedank sal jy nie vervolg word nie”

Persheks Adri ·

Hy’s seker skuldig dis hoekom hy eerder bedank het. Wat anders kan die rede wees?

My siening ·

As jy weer hoor is hy die ambassadeur van Brasilië waar hy in korrupsie ongekend voort kam gaan!
Vsek ANC!

MCL ·

So wanner sluit julle hom toe? Hulle kan maar van A – Z op die anc lys deurdraf!

JohanR ·

Wonder vandag waar die groot vis by Life Esidimeni ontplooi is? Soe gaan die ANC kaders rond en rond en rond! Nee wag hier is sy……Qedani Dorothy Mahlangu – Despite resigning as Member of Executive Committee and Member of Provincial Legislature, Mahlangu remains a member of the Provincial Executive Committee of the ANC in Gauteng. Soe sy kry nog lekker salaris elke maand, alhoewel sy die dood van 94 mense veroorsaak het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.