Hoof van KZN dwelmsindikaat gevonnis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Berugte dwelmhandelaar van Nigerië wat ʼn groot dwelmsindikaat in Durban bedryf het, is hierdie week tot 70 jaar tronkstraf gevonnis.

Brig. Vishu Naidoo, polisiewoordvoerder, het gesê John Chigbu (41), algemeen bekend as JJ onder dwelmhandelaars, is skuldig bevind op 18 aanklagte van dwelmhandel, geldwassery en rampokkery.

Chigbu se medebeskuldigde, Sunny Augustine Osazuwa (37), ook ʼn Nigeriër, is skuldig bevind aan twee aanklagte van dwelmhandel en tot drie jaar of R10 000 boete gevonnis. Chigbu en Osazuwa het glo met kokaïen en ecstacy handel gedryf.

Chigbu is glo saam met sy Suid-Afrikaanse vrou, Sthembile Sibongile Chigbu (29), en twee ander dwelmsmouse in hegtenis geneem. Chigbu en die twee smouse is al die afgelope ses en ʼn half jaar in polisieaanhouding, terwyl Sthembile byna vyf jaar in aanhouding was voor sy in September 2013 op borgtog vrygelaat is.

“Chigbu se onwettige bedrywighede het in 2007 onder die aandag van speurders gekom toe hulle klagtes ontvang het van ʼn man met die naam JJ wat ʼn uitgebreide dwelmhandelbesigheid in die stad bedryf,” het Naidoo gesê. “Nadat die ondersoekspan vinnig [van Chigbu se] smouse in hegtenis geneem het, kon hulle uiteindelik daarin slaag om die man aan die hoof van die besigheid in Desember 2008 vas te trek. Die beskuldigde het ʼn duikklopbesigheid as front gebruik om die geldwassery te doen.”

Die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, het die ondersoekspan geloof vir hul goeie werk en gesê die vonnis moet as ʼn waarskuwing vir dwelmhandelaars en –smouse dien dat die polisie hulle wel sal vang en daarna die volle mag van die gereg sal gebruik om hulle te vonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dave ·

Dit is wonderlike nuus!

Terloops
( proeflees asseblief! Tot 3 haar of R10 000 boete gevonnis & uiteindelik daarin slaan om hom vas te trek.)

Dave ·

Nig, na aanleiding van jou vraag oor hoe ‘n Nigeriër dit reg kry om ‘n besigheid te bedryf: Reg oor my woonplek (ek woon op die strand) besit Ethiòpiërs ‘n winkel wat hulle onlangs laat bou het aangesien hulle die grond dmv ‘n 99jaar kontrak huur. Ek het ook eiendom in ‘n ander kompleks waar ‘n Kongolees met ‘n Zimbabwiese vrou woon, en hy is die eienaar van ‘n ander besigheid in die strandgebied. Hy besit vele duur karre wat gereeld geruil word (Merc, Audi’s en Range Rovers) en toe ek fotos neem van waar die registrasie nommers op die vensters gegraveer is en dit vir buurman wat ‘n polisiekaptein is, gee en vra dat hy seker maak dat die karre nie geskaak is, het hy my dae later gerus gestel met die woorde “Moet nie bekommerd wees. Al die karre behoort wettig aan hom. Hy is net besig met geldwassery.”

Eliza-beth ·

DAVE? Ek kannie glo dit was sy antwoord. Ek sien intussen het Maroela dit goedgedink om my kommentaar te verwyder. Wat nou tog weer die probleem is weet g’n mens. Maar hul was nou weer by een of ander werkswinkel oor haatspraak en nou is enigiets somemr weer haatspraak. Ek steur my nie. Ek wil steeds weet wat soek Nigeriërs hier anders as om hul met protitusie, geldwassery en dwelmsmokkel besig te hou – jou antwoord asook die berig en hope ander soortgelykes asook wat ek self al hier rond beleef het bevestig dit. Nou sal hul seker wil sê nie almal is so nie en ek mag nie so sê nie. Hoe dit haatspraak is wil ek weet maar ja… Steeds, wat soek hul hier, hoe kry hul werkspermitte ens? Selfs die “eerlikes”?

Dave ·

Ja Eliza-beth, dit is wat sy antwoord was. Miskien moet ek byvoeg vir wat dit werd sou wees, dat sy antwoord nie-amptelik gedoen is want soos ek sê, ons is bure en dit was ook so terloopse versoek toe ek hom gevra het om die geldige registrasies van die duur karre te bekyk. Dit behoort egter nie saak te maak dat dit nie-amptelik gesê is, dit behoort opgevolg te gewees het. ‘n Ander Kongolees wou my omkoop met ‘n diamant vir ‘n guns wat ek geweier het. ‘n Ugandees het aan ‘n lokale swart vtou belowe om haar geld te verdubbel met poeiers en haar R90 000 het verdwyn. Hy het geweier om sy deur )met 3 slotte) vir die polisie oop te maak en ek het hulle aangesê om die deur af te breek. Hy was agter ‘n 2de deur toegesluit maar het uitgestap en hy is gearresteer. Dit was Saterdagnag. Maandagoggend was hy terug by sy woonstel en dit is nou 6 maande later en hy het alweer ‘n ander kar gekoop. Sal seker later verhoor word. Dit is alledaagse gebeure wat nie eens die media se ore bereik.

Eliza-beth ·

Dave dis absoluut skokkend. Dalk moet jy Carte Blanche met die storie kontak? Laat hulle die gemors oopvlek en die polisie wat ook korrup is aanvat, hulel is mos nie bang nie! Dalk moe tjy trek – waarheen weet ek nie maar dit klink asof jy op ‘nbaie gevaarlike plek bly.

Dave ·

heheee….. gevaarlike plek sê jy. Ek woon in die Nuwe Suid Afrika (in die hartjie van een van die gunsteling vakansie-oorde). Die verskil is net dat ek ‘n nouer verbintenis met mense het as vele ander. Ek weet wat om ons aangaan en wie om ons woon. Sowat ‘n week gelede het ‘n kar een oggend so naby aan my verbygejaag dat kantspieël my teen die arm getref het. Di is nie anders hier as in Sandton of in Hillbrow. Ons moet almal ligloop. Besef jy in watse kosmopolitiese land ons woon? Mense vanuit alle dele in Afrika. Ek vind hulle nie anders as die lokale swartes nie. Eintlik is hulle meer gretig om te werk as die lokale swart bevolking.

Eliza-beth ·

Dave, het self ‘n Malawiër in diens – 1000% meer vertroubaar as mense hier wat kom dagga plant het ipv werk, luis was, rond sit. My tuin is pragtig, ek leef uit die grond (al ons groente plus baie ekstra) ens. Ons het ook maar ons ore op die grond hier buite die stad, mens moet maar, maar sjoe ek weet nie van sulke erge dinge soos jy van praat. Dankie TOG ek bly nie TE naby stad met verkeer en smouse en en en…

Winston ·

Glo my hier is hy so veilig soos n vark in Palistina. 70 jaar en hoe lank daarna uit op parool? Geen beheer oor immigrante=geen beheer oor misdaad. Hy het geen idee gehad hier betaal mens belasting nie….veral n sekere teiken groep. Tragies

Johan Pic's ·

Ek ken persoonlik ‘n paar kinders wat dood is agv dwelms. Handelaars moet vir moord aangekla en verhoor word! Ek besef die wet dek dit nie so nie vir verskeie redes – maar as ons wetgewers dit kan aanspreek behoort dit ‘n verskil te maak. As jy betrokke is met dit moet jy sit – geen genade – geen parool. Hulle vermoor ons kinders. Die ouers wat dit beleef sou die doodstraf self wou toepas – maar nou ja – dit is net ‘n droom

scalla ·

Nou sit die veilgoed op ons belasting geld hier in die tronk, lewer hom uit aan sy land laat hulle hom kan hang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.