Hoof van nasionale lotery neem vrywillige verlof

Philemon Letwaba, bedryfshoof van die nasionale loterykommissie.

Die bedryfshoof van die nasionale loterykommissie (NLC) is glo op verlof geplaas. “Die DA het van ʼn betroubare bron verneem dat Philemon Letwaba vrywillig verlof geneem het met inwerkingtreding vanaf 1 Maart,” sê Dean Macpherson, DA-skaduminister van handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling.

Die nuusblad GroundUp het in Januarie berig dat Rebottle Malomane, Letwaba se vrou, glo finansiering van R4,8 miljoen in 2017 ontvang het. ’n Ondersoek het gewys Zibsimazi, Malomane se organisasie sonder winsbejag, het die geld ontvang sonder om enigiets daarvoor te wys.

“Tot dusver het Ibrahim Patel, minister van handel en nywerheid, stilgebly terwyl aantyging ná aantyging van korrupsie deur GroundUp en die joernalis Raymond Joseph onthul is,” sê Macpherson.

Joseph is die afgelope weke gedreig met regstappe en strafregtelike klagte weens die onthulling van dié beweerde onderduimshede. Selfs die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het sy kommer uitgespreek oor hierdie dreigemente.

Macpherson sê Letwaba se vrywillige verlof is ʼn stap in die regte rigting, maar die minister moet nou sy “hande vuil maak” en die NLC se raad pak. “Die minister behoort die raad af te dank en die NLC onder administrasie te plaas weens hul onvermoë om op te tree teen die bedryfshoof.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Magda ·

Sien – dis hoekom ek se hulle is soos n VIRUS – in elke gaaitjie en draaitjie is hulle – HOOP ONBETAALDE VERLOF.

Jorrie ·

Ja, ons arme siele wat ons elke dag vir ons werkgewers afsloof vir te min betaling!

Kiewiet ·

Dit hang af na wie jy verwys as ‘n “eerlike mens.” Ek ruik ‘n vermoedelike dooie rot. Ondersoek ook sommer die agbare minister se geld sake.

DieKriek ·

Witmense? Hulle is die nasie wat my nog die meeste verneuk het.

charmaine ·

Hoop hulle ondersoek dan nou die meisie wat R114 miljoen gewen het dalk is sy n familielid van die 2.

Boertjieman ·

Om met die lotery self te konkel is nie so maklik nie. Dit word deur onafhanklike ouditeure by elke trekking gemonitor en ge-oudit. Dit is egter met die geld wat instroom vir die lotery self waarmee daar hier moontlik gekonkel is. Dit is ook hier agter die skerms waar lotery geld waarskynlik die mees problematies aangewend en bestuur word en waar ongeruimthede meestal sal voorkom.

Boertjieman ·

Mense wat die trekking uitbetalings wen, kan beswaarlik as konkellaars afgemaak word. Dit sal baie moeilik wees om dit te bekonkel en is nie maklik om te doen nie. Nog minder deur ooglopend arm en sukkelende wenners.

Anel ·

Vrywillig op verlof, seker met betaling! Dank af, maar vat eers al die geld terug. Lyk my die lot probeer kyk wie kan die skelmste wees!

VanAfrika ·

Gaan ons ooit van hierdie nonsense ontslae raak!!!! Dis net moord en doodslag, lieg, bedrieg en steel om elke hoek en draai. Genade!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.