Pres. Cyril Ramaphosa het adv. Hermione Cronjé aangestel as hoof van die nuwe ondersoekdirektoraat in die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).
Ramaphosa het tydens sy staatsrede dié nuwe eenheid aangekondig. Dit kom 12 jaar ná die gewraakte besluit van die ANC om die bobaas-korrupsiebevegters, die Skerpioene, te ontbind. Die nuwe eenheid word beskou as ʼn afkaatsing van die voormalige Skerpioene.
Cronjé, wie se kwalifikasies onder meer ʼn meestersgraad van die Harvard-Universiteit insluit, is vir ʼn vyfjaartydperk aangestel, het die presidensie gesê.
Sy het 14 jaar lank vir die NVG gewerk en onder meer gehelp om die teenkorrupsie-eenheid op die been te bring. Cronjé was tien jaar lank die hoof van die NVG se batebeslaglegginsgeenheid in die Wes-Kaap.
Cronjé werk sedert 2013 as konsultant vir die Stolen Assets Recovery Initiative (StAR), ʼn gesamentlike inisiatief van die Wêreldbank en die Verenigde Nasies.
Volgens die presidensie sal die nuwe ondersoekdirektoraat veral fokus op die vervolging van diegene wat hulle skuldig maak aan korrupsie en staatskaping, veral op grond van die inligting wat by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping aan die lig gekom het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
36 Kommentare
Baie dankie mnr die president. EN ek hoop hierdie is die begin van nog BAIE positive dinge wat ons kan beleef✅
Ek hoop sy het genoeg tande gekry saam met daardie aanstelling… en dat sy nie sal swig onder politieke druk… want die name op die lys wat sy moet uitsorteer gaan nie sonder n geveg tronk toe gaan.
Hoop regtig dit kan nou begin help !
Nou moet jy hulle gryp en laat opsluit. VAT HULLE. GRRRRR
Hoop politiek meng nie in nie.