Hoof van onderwysdepartement krimineel aangekla

(Argieffoto: Pixabay.com)

Die DA het ʼn kriminele klag teen die departement van onderwys in die Oos-Kaap, asook teen die hoof van die departement, Themba Kojana, gelê. Die klag hou verband met ʼn kontrak ter waarde van R160 miljoen wat dié departement met Sizwe Africa IT Group aangegaan het om die departement van ʼn aanlyn onderrigplatform en tablette vir gr. 12-leerders te voorsien.

Volgens Yusuf Cassim, die DA se provinsiale woordvoerder vir onderwys, is die kontrak toegeken sonder dat die behoorlike tenderproses gevolg is. Die LUR vir onderwys in die Wes-Kaap het glo aanvanklik ook geweier om vrae oor die kontrak te beantwoord tydens ʼn portefeuljekomiteevergadering oor onderwys.

Sizwe Africa IT Group behoort aan die omstrede sakeman dr. Iqbal Survé. Daar word lank al gespekuleer oor dié sakeman se bande met die ANC.

Die ooreenkoms is glo bespoedig onder die voorwendsel dat dit deel vorm van maatreëls wat getref moet word vir skole te midde van die Covid-19-pandemie. “Dit het egter intussen aan die lig gekom dat die gr. 12’s eers die tablette sal kan gebruik nadat hulle teruggegaan het skool toe. Dit bied dus geen tussentydse verligting nie,” sê Cassim.

dr-iqbal-surve-deur-ana

Dr. Iqbal Survé, die voorsitter van Sekunjalo Investment Holdings en Independent Media. Foto: Ayanda Ndamane /ANA.

Cassim sê wat veral kommerwekkend is, is dat R123 miljoen van die R160 miljoen geoormerk is vir die aankoop van 55 000 tablette vir matrikulante, teen ʼn koste van R2 250 per tablet.

“ʼn Vinnige internetsoektog dui daarop dat tablette aansienlik goedkoper aangekoop kan word, vir tussen R1 200 en R1 500 per tablet. Tog kies die departement om die Sizwe Africa IT Group R1 000 meer per tablet te betaal.”

Daarom, sê Cassim, moet die saak so gou moontlik deur ʼn hof aangehoor word.

“Indien die kontrak nie voldoen aan die wetlike vereistes nie, is die kontrak ongeldig en kan dit nie toegelaat word om staande te bly nie.”

Die DA gaan intussen aan die provinsiale tesourie skryf en versoek dat die kontrak voorlopig op ys geplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Burgermeester ·

Dit is wat jy kry met SEB, … korrupsie. Die verskillende staatsdepartemente ding mee om te sien wie is meer korrup.

Jan ·

Daar het jy dit nou weer hulle gee die pos van n loodgieter vir n shef. Hulle stel mense aan wat nie weet waar hulle kop of hulle gat is nie. N minister is n projek bestuurder. Hy moet weet hoe om navorsing te kan doen . Maar omdat almal van hulle hulle grade gemanipuleer. Of gekoop het maak hulle van die wolf die skaap wagter. Hoop hulle sluit die spul toe

marius ·

Skelm , skelmer , skelmste en dan kry jy mense wat hul kloue in belasting geld slaan .

Sandra ·

Kan daar dan net mooi niks in die land sonder korrupsie gedoen word nie? Dis om van te skreeu! Dan moet ‘n mens positief en lojaal bly.

PieterP ·

Daat is nie net 55000 matrikulante in die land nie so wie gaan onregverdig bevoordeel word??

Eerlik ·

Dit raak nou alledaags, bykans elke week een of ander korrupte spul wat ontbloot word. En wat is dit met hierdie super duur tablette en laptops wat aan almal verskaf word wat nie eers skool fooie betaal nie?

Yvonne ·

Daar is nie meer salf te smeer aan die korrupsie en gierigheid in die land nie…..radeloos Here wees ons genadig

Catantho ·

Go for it, DA. En terwyl julle besig is, die draadgrens van 40 Miljoen wat al net soveel keer reg gemaak moes word, is n skreiende skande. Wie het die tender gekry, wanneer, hoe is dit adverteer?

JM ·

Korrupsie, diefstal, leuens, sóveel dat ‘n mens daarvan naar word! Dit is ‘n genetiese neiging en daar bestaan geen hoop dat dit óóit sal ophou nie, want dit het die norm geword.

Tienie ·

Julle het mos geweet hulle gaan julle in die steek laat…..

Hoe anders. Het julle nognie geleer uit ander se foute nie????? Mmmmm

Bushy ·

55 000 teen R 1 000 is R 55 000 000.
Dis n lekker bestelling.
Vyf en vyftig duisend en honderd duisende miljoen rand.
Ai tog ek sukkel, jammer mense ek probeer weer.
Vyf duisend en vyftig duisend miljoen rand.
Ek gee op.
Kan iemand help asseblief.

lekkerdink ·

Ek praat gister met my dogter in Kaapstad . Sy se dat die hospitale oorvol is van kinders wat aan ondervoeding ly . Maroela moet ondersoek gaan instel na die bewering asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.