Hoof van Prasa afgedank

Argieffoto

Argieffoto

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het Donderdag in ʼn verklaring bevestig sy uitvoerende hoof, Lucky Montana, is afgedank.

Montana se kontrak sou in Desember verstryk, maar sy kennisgewingstydperk is kortgeknip.

“Prasa het op 15 Julie beslis dat mnr. Montana nie die res van sy kennisgewingsperiode hoef te voltooi nie,” lui die verklaring. Montana se kontrak het op 1 Junie 2015 begin.

Montana is met onmiddellike effek afgedank.

Nathi Khena, bedryfsbeampte, sal as uitvoerende hoof waarneem tot ʼn nuwe aanstelling gedoen is.

Die raad het nie redes verskaf vir Montana se afdanking nie, maar het gesê ʼn perskonferensie sal Vrydagoggend in Pretoria gehou word.

Sam Monareng, woordvoerder van die departement van vervoer, het gesê die departement, onder leiding van minister Dipuo Peters, spreek sy waardering en bedanking uit vir die uitsonderlike leierskap en rigtingwysing wat Montana tydens sy sewe jaar by die staatsbeheerde maatskappy gelewer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

George ·

Waar ‘n rokie trek is daar ‘n vuurtjie. Ek dink nie die pers het oorgereageer met die nuus oor die aankoop van die lokomotiewe nie. Daar is beslis ‘n ernstige probleem en die belastingbetalers gaan maar weer vir die oeps en die gepaardgaande goue handdrukke betaal.

Winston ·

Dis nou so. Eers ontken hulle die gerugte want almal is mos “innocent until proven guilty”. Nou is dit feite en iemand moet n goue handdruk kry waarvoor belasting betalers geswoeg het.

Bielie ·

And another useless deployed cadre walks away with a golden handshake from the tax payer.

Vixie ·

“… spreek sy waardering en bedanking uit vir die uitsonderlike leierskap en rigtingwysing” en dan work hy afgedank? Dit het nie dalk te doene met die treine wat onveilig bevind is oor hulle te hoog vir die spoorlyne is nie?

Debs ·

Seker weer ‘n goeie ‘goue’ hand druk vol belasting betalers se geld ontvang.

neelsie ·

Daars n goeie rede waarom ingenieurs 4 jaar aan n erkende universiteit moet studeer.
Baie ander moet nog n liniaal leer lees.!!
Die bedraggie onder die tafel deur is aansienlik.
Arme belastingbetalers word besteel …….en ons betaal maar ewe gedienstelik.

scalla ·

Dankie vir Rapport, julle het eerste berig, eers word alles ontken en nou die afdanking, een groot sirkus.

mujaliva ·

Saam met die goue handdruk is daar seker nog die geldjies wat die Spaanse maatskappy onder die tafel derugedruk het? Wonder maar net….

Louw ·

Ek wonder net hoeveel van die vermorsing van geld kan ons land nog absorbeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.