Hoof van Spur gaan aftree

Pierre van Tonder (Foto: Spur Corporation/ANA)

Die uitvoerende hoof van die restaurantgroep Spur, Pierre van Tonder, sal aan die einde van Desember aftree, het die maatskappy Maandag gesê.

Die 61-jarige Van Tonder is al sedert 1996 die besturende direkteur/uitvoerende hoof ná hy in 1982 as junior restaurantbestuurder by die maatskappy begin het.

Mike Bosman, voorsitter van die Spur Corporation, het gesê die onderneming het die afgelope 24 jaar sterk groei getoon onder Van Tonder se leierskap en die groep het meer as 640 restaurante in Suid-Afrika en wêreldwyd en ʼn teenwoordigheid in 20 lande.

“Pierre het ʼn oorsigtelike rol gespeel in die uitbreiding van die portefeulje deur ontwikkeling van handelsmerke soos Panarottis en die aanskaffing van kleiner handelsmerke soos RocoMamas, The Hussar Grill en John Dory’s, wat vandag van Suid-Afrika se bekendste restauranthandelsmerke is,” het Bosman bygevoeg.

Spur het gesê sy vergoedings- en nominasiekomitee van die raad het met ʼn keuringsproses begin om ʼn nuwe uitvoerende hoof te identifiseer en interne en eksterne kandidate sal oorweeg word.

Net soos talle ander ondernemings in Suid-Afrika, is Spur geraak deur die afsonderingstydperk wat ingestel is tydens die Covid-19-pandemie. Die maatskappy het gesê die beperking op handeldryf het ʼn groot impak gehad op sy bedrywighede en prestasie. Verkope het dramaties afgeneem in Maart en met 46,7% gedaal in vergelyking met dieselfde periode in 2019.

Die groep maak hoofsaaklik staat op inkomste uit sy franchise-restaurante.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Martie Smartie ·

Ha ha en toe is dit nie witmense wat Spur op sy kniee dwing nie, maar ‘n ANC president wat ry op die rug van sy chinese kamerade se virus. Ai die ironie. Ramaphosa kry baie meer reg as al die wit boikotters tesame.

Pieter ·

Laat ek raai die nuwe hoof moet swart wees. Ek ondersteun gelukkig spur lankal nie meer nie.

Hennie ·

Ek hoop die verraaier loop tree in die buiteland af! Ons wil hom nie hier hê nie!!

Aai ·

Hy vat sy geld en los die res in duister wat jy saai sal jy maai Mnr.van Tonder

Wielspore ·

Mnr van Tonder, die man agter die SPUR debakel wat besluit het om die ras kaart te speel. Volgens die berig het SPUR die afgelope 24 jaar sterk groei getoon. Volgens rekords soos deur die JSE veskaf is, was die aandeel prys van die SPUR 5 jaar gelede R37 en staan vandag op R15 wat meer as 50% daling is. So eintlik was van Tonder nie so goed soos hy dink. Al die geld wat SPUR maak kom uit tantieme en die geld gaan net so vir die eienaar van die groep en aandeel houers. Die arme eienaar van die eetplek met sy werkers werk hulle morsdood om wins vir hulle eie salaris en tantieme te maak. In kort, die burger wat jy by SPUR koop vir R69 kry jy omtrent R23 se waarde, die R46 gaan na die eienaar en van Tonder.
Totsiens van Tonder, hou op wonder, want sonder jou, gaan dit nou, baie beter my ou.
Lekker eet!

Pieter ·

Die Spur moet vir die regering geld voorskiet…….dan los hulle ten minste ons pensioen fondse uit. Kobaaaaaai mnr Van Tonder. BLM vir jou makkers voor jy gaan……….

Mallie ·

En daar sien Spur ook sy gat, net soos denel, eskom, gesondheisdienste, skole, polisie ens ens ens. Geluk anc.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.