Hoof van swart sakeliggaam geskors oor vermiste donasie

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Danisa Baloyi, die president van Suid-Afrika se Swart Sakeraad (BBC), is geskors hangende ʼn ondersoek ná ʼn vermiste donasie van R5 miljoen.

Dié swart sakebewusmakingsgroep het verlede week gesê dat die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) bevestig het dat hy die donasie gemaak het, maar dat die geld nie in die raad se bankrekening gereflekteer word nie.

Die groep het Maandag gesê die besluit om Baloyi te skors is op 30 November gemaak.

“Die voorwaardes waarop hy geskors is sluit in dat hy nie enige aktiwiteite in die naam van die BBC mag uitvoer tot die saak afgehandel is nie,” het die groep in ʼn verklaring gesê.

Gilbert Mosena, die BBC se adjunk is tydelik as president ingesweer.

Die BBC is ʼn voorstaander van die regering se transformasieprogram wat daarop gemik is om swart mense meer beheer oor die land se ekonomie te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

zoom zoom ·

Dit gaan te lekker. Sekerlik kon acsa daai geld beter gebruik het om veilogheid op te skerp ny OR Tambo

DANISA BALOYI IS 'n VROU ·

Jy is reg, ken haar persoonlik van my vorige werk – dit is inderdaad ‘n DAME

Dalene de Vente ·

Dagsê

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Eish ·

Donasies maak terwyl die SAA omtrend net op die lugstrome staatmaak om in die lug te bly?
Net n paar eenvoudige vragies.
Hoekom nie n elektroniese oorbetaling direk in die bankrekening gedoen nie?
Indien per tjek betaal wat gekruis is, kan dit in geen ander rekening buiten die begunstigde sin in betaal word nie.
Indien kontantbetaling, dan is dit sekere gedeel deur donateur en begunstige.
Dis n jollies patrollie. Dalk ook afwesige ouers wat aanleiding gee tot die vergrype.
Psalm 37 land.

JZ ·

Wonder of die Acsa weet hoe die transformasie werk, dit is om te neem van iemand wat daarvoor gewerk het en te gee vir iemand wat nie daarvoor gewerk het nie. So ,hoekom klae hulle nou,? is dit nie waarvoor hulle streef nie?

Dawie ·

JZ jy is heeltemal reg. Verwys na die laaste paragraaf in die berig. Daar is nou geen probleem aangesien sy nou daardie geld vir haarself kan bestuur.

Andre ·

Danisa Baloyi kwalifiseer nou vir bevordering. Sal dit Parlement toe wees?

Cor ·

‘n Donasie is maar net n ander naam vir vergrype. Nou lees ek die BBC is n voorstander van die regering se transformasie program om swartmense beheer oor die ekonomie te gee. So die doktor het mos nou beheer gehad oor die R5 miljoen en dit toe seker herverdeel. Die grap van alles hy is geskors en kry nog sy volle betaling en die BBC gaan nie die 5 miljoen terug kry nie, dit is weg soos mis voor die son. Hy gaan net her ontplooi word soos die res van die herverdeelers.

Johanné steyn ·

Sy is seker more weer terug op haar pos, want dis Suid-Afrika se menu.

Dawie ·

Die persoon het mos nou alle beheer oor daai R5 miljoen as jy dit vergelyk met die berig se laaste paragraaf. So geen probleem.

BLACKIE ·

SWART SAKERAAD – IS DIT NIE RASSISTIES NIE, of mag wit sakemanne ook daaraan behoort?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.