Hoof wat kind glo aanrand nog nie aangekla

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die hoof van ʼn skool in Middelburg in Mpumalanga wat glo ʼn 14-jarige so erg aangerand het dat hy gedeeltelik verlam is, is nog nie strafregtelik aangekla in verband met die voorval nie.

Reginah Mhaule, LUR vir onderwys in die provinsie, het gesê die hoof sal departementeel aangekla word. Hy is reeds geskors en sal dissiplinêr aangekla word.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die hoof is egter nog nie strafregtelik aangekla nie. “Ons wag steeds vir die openbare aanklaer om ʼn besluit te neem.”

Siphamandla Choma is glo verlede jaar erg aangerand deur die hoof van ʼn laerskool in Mhluzi. Die seun is daarvan beskuldig dat hy R150 gesteel het. Die hoof is in Januarie geskors en die departement het ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur.

Volgens Mhaule is ʼn eis van R25 miljoen teen die departement ingedien in verband met die voorval. “Ek het die seun se gesin ontmoet.”

Mhaule het gesê die departement wil onderwysers daaraan herinner dat hulle aan die voorskrifte van die Skolewet moet voldoen en dat die wet lyfstraf verbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

zoom zoom ·

As dit n wit onderwyser was, het hy nou al in die tronk gewees want die ANC sou gesorg hey vir dit

Anoniem ·

Sjoe, dis nie reg nie. Daai hoof het homself heeltemal te buite gegaan. Tog voel ek ‘n eis van R25m is buitensporig.

simon ·

Die eis om skadevergoeding / èrnstige liggaamlike besering kom voor as biki hoog.
Aan die ander kant wat is die verlies aan lewensgenieting vir so n jong mens se lewe werd as gevolg van die gedeeltelik verlamming

Rina ·

Mens besef nie hoe dit in die onderwys gaan nie – rillerstories wat klink soos onmoontlik – die Oos Kaap se afgelee gebiede tragiese verval en misbruik van Staatsgelde en ook hoe leerders vir dae aaneen nie onderrig ontvang. En vieslike taalgebruik teenoor leerders gebruik word – ergste erg!! Opvoeding?

Juffrou ·

Ek wens almal wat so afkraak kan net een dag skool hou. Ek stem saam wat die hoof gedoen het is aanranding maar glo my ek voel ook soms om so iets te doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.