Hoofborg van Mej. SA-kompetisie beëindig kontrak

Tamaryn Green het Suid-Afrika op verlede jaar se Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig. Sy is as naaswenner aangewys. (Foto: Facebook)

Tamaryn Green het Suid-Afrika by verlede jaar se Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig. Sy is as naaswenner aangewys. (Foto: Facebook)

Die inskrywings vir vanjaar se Mej. Suid-Afrika-skoonheidskompetisie, wat in Mei verlede jaar vir die eerste keer twee skoonhede aangewys het om Suid-Afrika onderskeidelik by Mej. Heelal en Mej. Wêreld te verteenwoordig, is nog nie oop nie.

Dit kom nadat Cell C, die selfoondiensverskaffer wat sedert 2014 saam met Sun International as hoofborg van dié glansryke skoonheidskompetisie gedien het, sy borgskap aan die kompetisie beëindig het.

Suzette van der Merwe, ʼn voormalige Mej. SA-kroondraer en hoof van Cell C se maatskaplike opheffingsprogramme, het die beëindiging van die borgskap in ʼn mediaverklaring bevestig.

Volgens Van der Merwe het die besluit om die borgskap te beëindig gespruit uit ʼn hersiening deur die selfoonreus van sy onderskeie borgskappe.

“Cell C is buitengewoon trots op sy borgskap van Mej. SA in samewerking met Sun International. Tydens ons betrokkenheid die afgelope vyf jaar het Mej. SA ʼn ongelooflike kaliber van wenners, insluitend twee internasionale wenners, opgelewer.”

Rolene Strauss, Mej. Wêreld 2014 (Foto: www.doisongphapluat.com)

Rolene Strauss, Mej. Wêreld 2014 (Foto: www.doisongphapluat.com)

Rolene Strauss is in 2014 as Mej. Wêreld gekroon en Demi-Leigh Nel-Peters is in 2017 as Mej. Heelal gekroon. Tamaryn Green, wat verlede jaar aangewys is as die amptelike Mej. SA, is ook verlede jaar as die naaswenner in die Mej. Heelal-kompetisie gekroon.

Thulisa Keyi is verlede jaar as Mej. SA Wêreld aangewys.

“Mej. SA het wêreldwyd ʼn mededinger geword om mee rekenskap te hou en plaaslik dra die kompetisie by tot nasionale trots. Dit bly ʼn platform vir jong vroue om hul drome te bewaarheid en om positiewe rolmodelle vir miljoene Suid-Afrikaners te wees,” lui die verklaring.

“Cell C as ʼn handelsmerk het gegroei en is op soek na nuwe geleenthede wat strook met ons stategiese fokus as ʼn sakeonderneming.”

Sun International het ook intussen Cell C se bëeindiging van sy borgskap in ʼn mediaverklaring bevestig. Luidens die verklaring sal die beplanning en inskrywings vir vanjaar se kompetisie gefinaliseer sal word sodra borgskapooreenkomste afgehandel is.

Drie voormalige Mej. SA-kroondraers, van links na regs: Melinda Bam, Demi-Leigh Nel-Peters en Rolene Strauss. (Foto: Instagram)

Drie voormalige Mej. SA-kroondraers, van links na regs: Melinda Bam, Demi-Leigh Nel-Peters en Rolene Strauss. (Foto: Instagram)

“Sun International het reeds met vele potensiële borge in gesprek getree wat hul belangstelling getoon het. Dit is ʼn goeie geleentheid vir ʼn nuwe vennoot om die leisels te vat en in die voordele van ʼn trotse verbintenis met hierdie geliefde Suid-Afrikaanse handelsmerk te deel,” lui die verklaring.

“Ons wil graag Cell C bedank vir sy geweldige ondersteuning die afgelope jare. Sy betrokkenheid asook dié van die res van die borge het ongetwyfeld bygedra tot die sukses van die kompetisie.”

Volgens die verklaring streef die Mej. SA-organisasie daarna om die hoë standaarde en sterk mededingers van sy wêreldklaskompetisie net soos in vorige jare voort te sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Thea ·

Gaan die wereld nou stil staan oor die borgskap ???
dit is so stupied kompetisie, geen waarde toevoeging nie
daar is baie mooier en slimmer dames wat nie inskryf nie
bring geen geld na SA nie
daar kan baie beter gedoen word met die borgskap

M'Lady ·

Absolute mors van geld. Hierdie groot maatskappye kan hulle geld op baie meer belangriker sake spandeer. Hulle kan byvoorbeeld teenstropings eenhede borg of aan wildbewaring bestee. Die Afrika leeu is in groot moeilikheid. Spandeer julle geld and iets verdienstelik en dis beslis nie skoonheidskompetisies nie.

Helene Heyns ·

Ek persoonlik beskou ook hierdie kompetisie as n onnodige geldverkwistery. Wat us die nut daarvan? Kyk hoe lyk die wêreld van armoede.

Sê maar net ·

Ek stem, om vir 1 persoon soveel geld en weelde en als te gee. Wat help dit jy gee vir ‘n mooi meisie ‘n kroon en nou moet sy regstaan om minder bevoorregtes te help of wat ookal. Die kompetisies is vals. Jy kan mos sonder ‘n kroon mense help. Sonder publisiteit

Helene Heyns ·

Ek persoonlik beskou ook hierdie kompetisie as n onnodige geldverkwistery. Wat is die nut daarvan? Kyk hoe lyk die wêreld van armoede.

willem Botha ·

Afrikaans is groot sal die borg waardeer nadat mtn intrek het om die massas tevrede te stel ,speel julle kaarte reg en julle kan baie besigheid bykry.

HPV ·

“Cell C roaming on Vodacom’s network” Gaan die wat MTN wil boikot nou vra dat Cell C-Vodacom ook geboikot word of geld dit net vir borge van AIG? Voor mense te veel klippe gooi ek is ‘n ondersteuner van AIG met al sy kunstenaars…

Marika ·

Soek ‘n ander borg! Skoonheidskompetisies is goed vir ‘n Land se ego en aansien. Daar kom maar bitter min goeie dinge uit Suid Afrikaans, dus ‘n mooi Mej Wêreld of Mej Heelal doen wonders vir almal. Die suurbekke wat kla en sê daar is mooier vrouens as die wat deelneem is seker nie verkeerd nie, maar daar word nie net na skoonheid gekyk nie. Die wat die laaste klomp jare gewen het, is nie net mooi nie, maar slim ook o.a Mediese Dokters en ander gegradueerders. Armoede en ellende kan soms ‘n bietjie wag vir iets wat mooi is!

Ore ·

Geagte mnr Lesufi sal seker nou reageer deur MTN as borg te werf.

chantelle ·

Ek glo hul sal wel n ander borg kry
ek persoonlik is Mal oor MEJ WERELD En Mej Suid-Afrika volg dit al jare
en ons land vaar baie goed in die kompetisies
dis so lekker as Suid -afrika goed doen tussen ander lande en dan wen ons nog so gereeld

Ben ·

Chantelle dit vaar net goed vir lande wat alles in/op orde het. Suid-Afrika het nou niks van dit. Ons nuwe Miss Suid-Afrika sal ons nie meer krag gee of die misdaad en moorde laat stop nie. Laat ons eerder dié geld bestee waar dit saak maak, so lank dit nie in die korruptes se sakke beland nie.

Berader ·

.Valse idiee van wat gedefinieer word as mooi. As hulle dalk die uiterlike reels verander soos bv lengte sodat meer kan deelneem. Selfs dan, Nee wat!, dat die feministe nog stil bly oor kompetisies soos die of programme soos bachelor verstom my. Hou net n patriargiese stelsel in plek. Hierdie kompetisies is nie meer n platform (tensy alle tipes welkom is) en is argais. Ook nie autentiek vir sukses behalwe as om te dien as kortpad. Rolmodelle – ook nie want ons moet ons kinders leer om tevrede te wees met hulself en hulle eie talente, vaardighede, waardes en integriteit en diepte te ontwikkel.

Pieter Oosthuizen ·

Ek wonder of Steve nie die openingslied sou gesing het nie?

Co ·

Nee, ek verstaan ou Steve wou ook deelneem! Soos Caster deelneem aan vroue wedlope!

Muffin ·

Dit is duidelik waarneembaar dat daar heelwat jaloerse dames is wat kommentaar lewer. Die kompetisie word wereldwyd gehou en al vir jare lank nou ewe skielik is dit geldverkwisting.

Autentiek ·

Ag asseblief! Tipies sodra vroue meer gelykwaardig beskou wil word, word die as “jaloers” en emosioneel uitgebeeld om maar die status quo te behou. Die saak gaan nie oor jaloesie.

George in Bloem ·

Wie se skuld is dit die keer? Steve of Jan s’n,

Autentiek ·

Skep en onderhou n valse n idiee van mooi. Sou dit alle liggaamsgroottes, lengtes ens insluit sal dit minder argais oorkom. Dat die feministe nog nie kla oor die kompetisiesverstom my. Rolmodelle ook nie aangesien dit n kortpad na sukses is en sukses is tog ook meer as dit. Ons kinders eerder leer waardes, talente, vaardighede en integriteit. Mooi is soveel meer…

SeMaarNet ·

Duidelike teken dat groot instansies begin swaartrek aan huidige ekonomiese toestande in die land… dan is borgskappe die eerste iets wat opgese word.

sweis ·

Ek stem nooit saam met willem botha nie maar hier moet ek hom gelyk gee kon dit nie beter stel nie.

Attie. ·

Ek dink die meisies se velkleur is oor die algemeen nie reg na Cell C se smaak nie. Renosters se kleur is wel reg en dus kan hulle die geld skenk aan renoster-wesies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.