Hoofde van lugmag en weermag moet gearresteer word

Genl. Solly Shoke Foto: Sers. Terrence L. Hayes

Genl. Solly Shoke Foto: Sers. Terrence L. Hayes

Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdag gelas dat die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die hoof van die Suid-Afrikaanse Lugmag en die Sekretaris van Verdediging in hegtenis geneem moet word.

Adv. Pikkie Greeff, sekretaris van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu), het Dinsdag in ʼn verklaring bevestig dat die hof die lasbriewe vir inhegtenisneming uitgereik het vir dr. SM Gulube, Sekretaris van Verdediging, genl. Solly Shoke, hoof van die SANW en lt.genl. Fabian Msimang, hoof van die SALM.

Regter Mmonoa Teffo het beslis dat die drie persone dadelik opgespoor moet word en na die naaste gevangenis geneem moet word.

“Die persone minag tans ʼn hofbevel, wat drie weke gelede bekom is om vier lede van die SALM weer aan te stel,” het Greeff gesê. “Die lede is in 2012 onregverdig afgedank. Dieselfde hofbevel het beslis dat die vier lede voor 14 Junie 2014 weer in hul pos aangestel moet word.”

Volgens Greeff was die Weermag daarvan bewus dat die persone weer aangestel moet word, maar het versuim om op die hofbevel te reageer en het ook nie enige redes verskaf waarom hulle nie reageer het nie.

Klik hier om die aansoek van die afgedankte werknemers te sien.
Klik hier om die hofbevel te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fanie van Heerden ·

Ons minag die landswette want onse president en sy bende stel die voorbeeld.

se-net ·

Wie bluf jul!!Net NOG onnodige geld wat gemors word!!!!!!!!!!!!

Steve ·

seriously??? dink enige iemand dat hul nou regtig gaan sit tot en met hul verskyn?? i dont think so… waste of time and money…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.