Dié inligting het aan die lig gekom nadat Abrahams dokumente by die hof ingedien het oor briewe tussen hom en Ntlemeza. Die dokumente is ingedien in reaksie op die organisasies Freedom Under Law en die Helen Suzman-stigting se dringende hofaansoek om pres. Jacob Zuma te dwing om Abrahams en twee van sy direkteure te skors.
Zuma het Abrahams, Sibongile Mzinyathi, direkteur van openbare vervolging, en dr. Torie Pretorius, waarnemende spesiale direkteur van openbare vervolging, intussen versoek om redes te verskaf waarom hulle nie geskors moet word nie, hangende ʼn ondersoek na hul geskiktheid om hul ampte te beklee.
In die briewe verskil Abrahams en Ntlemeza sterk oor die terugtrek van die aanklagte teen Gordhan. Ntlemeza voer onder meer aan dat Abrahams nie te goeder trou opgetree het nie en onder openbare druk geswig het toe hy die aanklagte teen Gordhan laat vaar het.
Regter Johann Kriegler, voorsitter van Freedom Under Law, het gesê die organisasies sal nou oorweeg of hul hofaansoek moet voortgaan aangesien Zuma aan hul versoek voldoen het.
“In die briewe sit Abrahams vir Ntlemeza stewig op sy plek en sê hy Ntlemeza moet eerder op sy eie werk konsentreer as om vir hom te sê hoe om sy werk te doen. Om die waarheid te sê, dit is erg beledigend. Dit is eintlik uiters skokkend dat ʼn polisieman in so ʼn hoë posisie met sulke arrogansie optree.”
Francis Antonie, uitvoerende direkteur van die Helen Suzman-stigting, meen dit sal wys wees om met die hofaansoek voort te gaan. “Wat die onlangse gebeure aandui is dat daar groot verwarring is oor wie aan wie moet rapporteer tussen die presidensie, die Valke en die NVG. Ek dink ons sal meer duidelikheid hê wanneer die howe oor die saak beslis.”
Dis wat gebeur as selfaangewese magsbehepte Zumaikie pionne onder mekaar begin meeding vir die meeste aandag en mag…
Berning Mtlemeza behoort ook geskors en vervolg te word (sonder salaris), smaak my hy’s die ‘instigator’ agter die vervolging van Pravin Gordan.
Weet jy jou werklikwaar nie wat ‘instigator’ in Afrikaans is nie!
Zuma vang almal alweer. Hy het opdrag gegee dat Shuan Pravin moet vervolg. Toe Shaun begin kleinkoppie trek sit Zuma hoof van die valke aan om hom te keer. Shaun te benoud oor publieke druk laat vaar klagtes. Glo my, As Zuma hom wegjaag gaan hy sing soos n voeltjie. Onthou net, hoof van valke tree namens Zuma op. Shaun moet maar oor sy skouer loer want hy het nou van Zuma en hoof van valke vyande gemaak.
Daar het julle dit nou ! Die net word al stywer gespan om JZ. Hy wil mos mense gebruik vir sy eie gewin.
Ek sê steeds waar ‘n rokie is brand ‘n vuurtjie
Ek gee n sug van verlugting hierdie aanvalle het beslis niks met rassisme te make nie.