Hooflanddros in hof oor korrupsie

(Foto: Judges Matter)

Pretoriase hooflanddros Desmond Nair het Maandagoggend in die handelshof in die hoofstad verskyn op aanklag van korrupsie.

Die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sê Nair word daarvan beskuldig dat hy betaling in die vorm van ʼn elektriese heining, ʼn alarmstelsel, sensorstrale en ʼn geslote kringtelevisiestelsel van African Global Operations ontvang het.

Die maatskappy het vantevore as Bosasa bekend gestaan.

Die opgraderingswerk is in September 2016 by sy huis in Silverton in Pretoria gedoen en het sowat R200 000 gekos.

“In die klagstaat voer ons aan dat die opgraderings gedoen is om hom te beïnvloed om op ʼn oneerlike of onbehoorlike manier op te tree,” sê Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat.

Nair het vlugtig in die hof verskyn en die saak teen hom is tot 7 Desember uitgestel sodat sy regspan voorleggings aan die hof kan doen.

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Nair in Februarie 2020 voorlopig geskors hangende ʼn ondersoek na sy geskiktheid vir die posisie as landdros. Nair het onder meer hoëprofielsake soos die borgtogaansoek van die voormalige Paralimpiese atleet Oscar Pistorius hanteer.

Die Zondo-kommissie na staatskaping het tydens sy sittings getuienis aangehoor dat Bosasa verskeie sogenaamde spesiale projekte vir verskeie hooggeplaaste mense hanteer het, wat veiligheidsopgraderings by hul private wonings, die installering van kragopwekkers en tuinskoonmaakdienste ingesluit het.

Nair was een van diegene wat uitgewys is as dat hy glo deur die spesiale projekte bevoordeel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pierre ·

die klein visse word op gelaai, waneer kom die groot koppe?

JohanR ·

En sal die landdros die binnekant van ‘n tronk sien……nooit!

Nie Verbaas ·

So wat is nuut? Om oor dit te berig is dieselfde as om n resep te plaas.

ES ·

Maar ou Zumpie word uitgelos met sy R 600 miljoen se opgradering met belastingbetalers se geld? Lekkkkerrrr dubbelstandaarde…

SjN ·

Voorlopig geskors in 2020, sit by huis, trek reuse salaris, nogal hooflandros, only in SA.

marius ·

Waneer word die res van die gemors toegesluit of is hul pelle te hoog vir die polisie ?

George ·

Wat?! Nooit, nie n landros in SA nie…een van veeeele meer.

Danie ·

My kommentaar nie geplaas.Ek se weer die hele staat van kop tot tone korrupt.

Samuel ·

Ek kan dit nie glo nie! Is daar dan geen eerlike professionele mense oor nie?

Scholtz ·

Iets is verdags hier, want die saak teen hom is swak. Hulle (die landdrostekommissie en die minister) probeer stellig die onvermydelike, naamlik dat hy in sy pos herstel word, uitstel en speel vir tyd in die hoop hierdie aksie lewer iets, wat hulle ietwat van ‘n regverdiging kan gee om hom nie in sy pos te herstel nie, want sy voortslepende skorsing raak ‘n al groter wordende kopseer vir hulle. So, hierdie is nie ‘n vervolging op meriete nie, maar vanwee departementele en/of persoonlike beweegredes.

Wielspore ·

Nou sit hy veilig in sy selfgemaakte tronk… die regte tronk gaan dalk nie so veilig wees.

My siening ·

Ja jy kan nie die regering, SAP , NPA, Vertrou nie nou kom die regstelsel by nl. die howe!

Nico ·

Al die klein vissies word gevang, waar is al die roof visse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.