Hoofregter appelleer teen ‘gebrekkige, oppervlakkige’ uitspraak

Mogoeng Mogoeng

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: GCIS)

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het appèl aangeteken teen ʼn uitspraak wat hom dwing om verskoning te vra en sy pro-Israel-uitlatings terug te trek.

Regter Phineas Mojapelo het vroeër bevind dat Mogoeng om verskoning moet vra vir sy uitsprake oor die konflik tussen Israel en Palestina.

Mogoeng voer nou in sy appèl voor die geregtelike gedragskomitee (RGK) aan dat Mojapelo se redenasie agter die uitspraak “gebrekkig” en “ontstellend oppervlakkig” was aangesien hy nié grondwetlike regte in ag geneem het nie.

Maroela Media het vroeër berig die RGK het in Julie 2020 met ʼn ondersoek begin na Mogoeng nadat verskeie organisasies, waaronder die drukgroep Africa4Palestine, ʼn klag teen die hoofregter ingedien het nadat hy tydens ʼn paneelgesprek kritiek gelewer het op die ANC-regering se eensydige benadering tot die stryd tussen Israel en die Palestyne.

Mogoeng het destyds in ’n webinaar van die Israeliese koerant Jerusalem Post pro-Israeliese uitsprake gemaak en ook gesê die Bybel se gesag is hoër as dié van die Suid-Afrikaanse Grondwet.

Mojapelo het toe bevind dat Mogoeng by ʼn politieke omstredenheid of aktiwiteit betrokke geraak het wat strydig is met die kode vir regterlike gedrag.

Volgens Mogoeng het Mojapelo versuim om die grondwetlike reg op vryheid van uitdrukking en vryheid van godsdiens, geloof, denke en opinies in ag te neem.

“[Die agbare regter] het my skuldig bevind aan betrokkenheid by politieke omstredenheid op grond van die feit dat ek die Suid-Afrikaanse regering se amptelike beleid teenoor Israel gekritiseer en voorstelle vir beleidsverandering gemaak het. Dit is ʼn wesenlike wanvoorstelling omdat die regering nie ʼn amptelike beleid jeens Israel het wat in stryd is met enige van die uitsprake wat ek tydens die webinaar gemaak het nie.”

Mogoeng versoek dat die uitspraak, wat onder meer beveel dat hy om verskoning moet vra vir sy uitlatings, ter syde gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

As hy regtig so ‘n “weergebore” Christen is, waarom bly hy dan stil oor regstellende aksie, wat openlike rassisme teenoor wit mense is? Dobbelary, aborsie en pornografie is ook alles wettig in SA. Hoofregter Moegoeng is ook stil daaroor. Ek wonder maar net…

Danie

Mooi regter jy het die reg om beginsels te hê!

Aikie

Indien ek die Africa4palestine van raad kan voorsien, sal ek sê:”Gaan kyk bietjie in die geskiedenis boeke wat het gebeur met al die koninkryke wat Israel geboelie het. Van al die koninkryke van Moab se tyd af tot by Hitler het sleg tweede gekom toe hulle die Israeliete probeer uitwis het.
My raad:” Los Israel uit, want hulle is God se verkose volk. Lol met hulle en julle sal ondergaan!”

Persheks Adri

Dis sy asook ons almal se grondwetlike reg om iets te sê! Ek’t baie respek vir die regter en staan agter hom. Hy mag immers sy geloof uit spreek en hy neem standpunt in. Ek salueer hom!

Jaco

As die ANC net so bietjie dieper na Israel se beleid teenoor die Palestyne kyk, sal hulle dalk besef dis iets wat in SA kan werk. Die Palestyne is ‘n minderheidsgroep waarvan Israel nie baie hou nie. So toe gee Israel vir die Palestyne die Palestinian Authority, wat maar basies ‘n tuisland is. Maar die res van die wêreld is só jammer vir die Palestyne dat hulle die Palestyne help. Israel is ook slim om buitelandse belegging in die Palestinian Authority toe te laat. Die ANC kan mos dieselfde met die gehate wit mense in SA doen: “dump” ons in… Lees meer »