Hoofregter gekap oor uitlatings oor JSE

Mogoeng Mogoeng

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: GCIS

AfriForum het sy kommer uitgespreek oor uitlatings wat hoofregter Mogoeng Mogoeng oor eienaarskap van die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) gemaak het en het dié uitlatings as onjuis en rassisties bestempel.

Mogoeng het Woensdag tydens sy toespraak by The People Matter-stigting se 67 minute-geleentheid ter ere van oudpres. Nelson Mandela bevraagteken wie voordeel trek uit staatsinstansies. Mogoeng het gesê dit is ʼn onreg dat “inheemse mense van Suid-Afrika” uitgesluit word van die ekonomie, terwyl 85% van die maatskappye wat op die JSE genoteer is aan wit mense behoort. Mogoeng het gesê dié stand van sake is nie normaal nie en moet aandag kry.

AfriForum het hierop gereageer deur te sê die stelling dat 85% van maatskappye op die JSE aan wit mense behoort, is verkeerd, misleidend en verdelend. “Nickey Newton-King, uitvoerende hoof van die JSE, het reeds in 2017 aangedui dat 23% van die JSE tóé reeds aan swart mense behoort het, en 22% aan wit mense. Altesaam 40% word deur buitelanders besit,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte by AfriForum.

“Om dus te sê dat 85% van die JSE deur wit mense besit word, is verkeerd en verhoog Suid-Afrika se rassespanning. Daar bestaan boonop geen inligting oor die rasse van buitelandse JSE-beleggers nie, wat Mogoeng se uitlating nog meer ongeldig maak.”

Van Zyl wys daarop dat onjuiste inligting van hierdie aard oor ’n minderheidsgroep baie gevaarlik is, vyandigheid kweek en verdeling skep. “AfriForum vind dit betreurenswaardig dat ’n hoofregter so maklik onjuiste statistiek kan aanhaal wat sulke genuanseerde sake betref,” sê hy.

“As hoofregter moet Mogoeng objektief wees en ’n onpartydige perspektief oor Suid-Afrikaanse aangeleenthede huldig. Sy opmerkings dui egter op ’n duidelik politiese partydigheid in sy beskouings. Dit is belangrik dat Suid-Afrikaners in magsposisies nie minderhede tot sondebokke maak en dit normaliseer nie, en ook nie statistieke aanhaal voordat dit bevestig is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Andreas ·

Hehehe … littel PW … middle finger poking, sort of, … hehehe ….

Andreas ·

Nee hoor, nie naby PW nie, hy het die vuis met gebuigde voorvinger in die lig gepomp.

Lindie ·

Vinkel en koljander, Die een is nes Die ander ????‍♀️

peet ·

Hulle sê: daar is leuens, infame leuens en dan is daar statistiek!
Hoe kan ‘n land funksioneer op gebrekkige inligting.

Johann M van Heerden ·

En hy is hoofregter! Hy is beslis bevooroordeeld teenoor witmense en natuurlik Afrikaners (verwys onderigtaal op UV). Ander uitsprake van hom getuig daarvan. Ek vertrou die regstelsel gladnie.

Gert ·

Stem saam Johann, sy uitspraak oor UV was na my mening absoluut ongrondwetlik en gebaseer op persoonlike afkeer aan een etniese groep. Dan is daar steeds soveel mense wat hom ophemel.
Sy rassistiese onderrok hang ver uit.

Nic du Plessis ·

Nou waar val hy nou uit, vir so geleerde man en met hoe aansien, het my respek vir hom sommer baie gekwyn….

Johan ·

Mogoeng is ‘n Zuma ondersteuner. Dit is waarom hy sulke lawwighede kwytraak. En dit is deel van die politieke mode om ‘n negatiewe houding teen ons ligte velle te hê. Dit is asof ons nie as werklike Suid-Afrikaanse burgers beskou word nie.

James ·

Die arme mens weet nie waarvan hy praat nie en het seker op hoorse ge reageer…hoop ek.
Maar nou ja hulle is almal dieselfde en ook oningelig. Hoofdoel is om onmin te saai tussen rasse.
Ergste van alles. …hoe verduidelik jy vir n oningeligde hy is oningelig?
Jy praat met n klip.

Eléne ·

Die grootste probleem met ons land en ekonomie is dat politiek oral ingesleep word. Hoe op aarde kan jy wit en swart insleep in die JSE en statistieke wat onbevestig is daarvoor gebruik????

BlinkStephaans ·

Jy sien mogoeng dit is omdat witmense dinge laat gebeur dat dit so lyk op die JSE…. terwyl die res sit en wag om te kyk wat gebeur en dan skreeu hulle apartheid… onregverdig… diefstal… indringers… ons wil ook hê… julle skuld ons… blablabla… maar nie een sal sy gat lig om die werk in te sit wat dit gekos het om op die JSE te kom. Jy is maar net so blind soos die res van our piepol… hoofregter of te nie.

Arno Scheepers ·

Aangestelde kader hoofregter sonder ondervinding of die nodige opleiding.

BMW ·

Wonder ook Baie dae oor al die geleerheid ,wonder waar hulle daaraan gekom het,maar nou ja malema spog met graad of grade!!!!

Andreas ·

Ai tog, ons het gedink die hoofregter is onkreukbaar, het dit veil vir alle rasse, daarna dink ons ook dit van Mnr die nuwe president, toe begin ons kaartehuis oor die nuwe president inmekaar tuimel, en nou ook die wendyhouse in die hoofregter se agtertuin.

Boer-in-die-Wind ·

Afriforum dring asb daarop aan dat die hoofregter in die openbare media homself korregeer. Indien nie, le ‘n klag by die Menseregte Kommissie.

lewies ·

As die feite van die regter onjuis is moet hy gedwing word om die saak in die openbaar reg te stel, of minstens sy bron te openbaar waar hy aan sy feite kom. As die sake op hierdie front begin skeefloop is ons land tot ondergang gedoem. Dit is ‘n baie, baie ernstige onthulling hierdie!! Dit maak nie saak wie die leuens versprei nie, ‘n persoon wat ‘n amps-eed afgele het, MOET ‘n wag voor hul mond kan plaas. “So help me God” word dan ‘n cliche’ met geen inhoud of waarde nie en is Godslasterlik.

Arno Scheepers ·

Ons land tot ondergang gedoem? Wanneer word jy wakker….die land is lankal by gedoem verby

Willehond ·

Ek stem Arno! Daar is lankal nie meer omdraai kans nie!

Swannie ·

Wat verwag julle ? Hy is en bly `n ANC kader !!
Solank hy en sy vrou eersteklas kan vlieg en hy nie hoef te werk nie, is hy dolgelukkig.
Hy het mos sommer op sy eentjie besluit dat slegs Engels gebesig sal word in die hof waar hy die regter is – dit sê my al klaar wie en wat hy is.

Hansie Slim ·

Ek het nogal hy is onpartydig!!!
Toe nie! Hoofregter!! Wat kan ons van die regstelsel in die toekoms verwag as hy partydig is!!??

Trojaanse Donkie ·

Ag siestog mnr die hoofregter, en jy dink jy het die reg om ander onpartydig te beoordeel? bietjie misplaasd of hoe?

Johan Kruger ·

En daar gaan die laaste greintjie hoop op herstel vir ons land heen. Die Regstelsel het nou amptelik gesneuwel. Smaak my ons moes maar destyds deurgedruk het, Pik! Ons sou beslis nou beter daaraan toe gewees het. Ons sou nog steeds ‘n gesonde Krygkor/Denel/Evkom/Poskantoor/ SAP/SAW en so voorts gehad het. Die burgeroorlog sou nie langer as ‘n jaar geduur het nie. 25 jaar later sou ons vandag steeds die “Supermoondheid van Afrika” wees, soos wat ons destyds was.
Si vis pacem, para bellum!

Willem Grobler ·

En ons sou minder mense verloor het – destyds is daar beraam dat daar 20,000 blankes sou sterf in ‘n burgeroorlog. Kyk hoeveel van ons mense is doodgemaak.

Slagyster ·

Kan nie glo dat alle witmense sedert 1994 naief was oor die toekoms van Suid-Afrika nie. Iewers het sake bitterlik skeef begin loop met die implimentering van die demokratiese bestel in SA. Of die afleiding moet gemaak word dat die diepgewortelde haat vir die witman onderskat is. As dit so is WAAR LAAT DIT ONS??

James ·

De klerk en maatjies moet elke dag sien wat hulle veroorsaak het. Leiers my agterend

Israel ·

Wat het hy te doen met die Jse, dis omdat die pilot wil opereer, die tuinier wil die pilot wees die ingeneur wil pille verkoop die prokureur wil tanne trek , skoenmaker hou jou by jou leus, nou is sy info nog verkeerd ook

Peet ·

En daar gee hy dit nou weg, nou weet almal wat sy IK is ????????????????????

Hans ·

Daar moet onmiddelik ‘n ondersoek na die hoofregter se uitlatings , onpartydigheid asook bevoegdheid om pos te beklee geloods word.

nabetragting ·

Ek is van oordeel dat dit tyd is vir ‘n Volksberaad wat hierdie land nog nie gesien het nie? Of is die verdeeldheid onder ons so groot soos die verdeeldheid in die ANC. As dit so is, is dit ons grootste vyand.

Kobus ·

Geen regter in SA is onpartydig!! hoeveel anc diewe sit in die tronk? GEEN!!!!
Wie betaal die regters met ons geld???? die anc!!!

jaco ·

die hoofregter roem hom daarop dat hy n wedergebore Christen is. ook maar net wedergebore waar dit hom pas…
Met sy reusagtige salaris (dis gelyk aan n minister s’n), kan hy ook mos maar bietjie daarvan vat en aan sy “our people” uitdeel, as hy dan so jammer vir hulle is.

HPV ·

Selfs in die tye toe ander daagliks betoog, plunder en brand en die ANC letterlik alle infrastruktuur in die afgrond bestuur het, het wit mense hul besighede en maatskappye opgebou. Dit is die rede dat 85% genoteerde besighede aan wit mense behoort!

Adam ·

Ek is verbaas om te sien dat die Regter duiidelik nie bewus is dat daar op die JSE nie net individuele beleggers is nie, maar ook institusionele beleggers. Daar is ook hordes internasionale beleggers. Hoe op aarde iemand in sy posisie sulke feitelike verdraaiings as die waarheid kan voorhou is verstommend.

AndrewL ·

Hoekom word mense genooi om oor iets te praat waarvan hulle niks weet of verstaan nie? Die te baie groot syfers op hul betaalstrokies verwar hulle heeltemaal.

MW ·

Goodness Doen ‘n mens nie bietjie navorsing alvorens jy iewers optree nie? Hoe dof. En hy hou nog sy portefeulje? Banana Republic

Wim ·

Die stelling van hoofregter Mogoeng wat van onkunde aangaande eienaarskap op die JSE getuig is uiters teleurtellend. Dat hy dit voor ‘n uitgelese gehoor op ‘n gala geleentheid kwytgeraak het is misleidend, verdelend en getuig van rassevooroordeel. Dankie Afriforum vir die repudieering – Mogoeng skuld ‘n regstelling !!

Clipper ·

‘n Hoofregter, eintlik enige regter, veral een van die konstitusionele hof behoort onpartydig te wees. As hy dit nie kan wees nie moet hy homself onttrek en ander werk soek. Ons het genoeg anti alles mense in die land wil nie nog ‘n regter ook he. En dit iemand vir wie ek nogal hoop gehad het toe hy vir ramaphosa en kie gebid het. Nou wonder ek..

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.