Hoofregter verkla oor entstof-gebed

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: GCIS)

Die gesondheidsorganisasie African Alliance het ’n klag teen hoofregter Mogoeng Mogoeng by die kommissie vir geregtelike dienste ingedien nadat die hoofregter verlede maand in ’n gebed daarop gesinspeel het dat die Covid-19-entstof van die duiwel is.

Dié organisasie is ten gunste van die entstof en voer aan Mogoeng se uitlatings is nie net vals nie, maar ook uiters gevaarlik.

Mogoeng het verlede maand tydens ’n dankseggingsdiens by ’n hospitaal in Tembisa in Gauteng die volgende gebid: “Indien daar ’n entstof is wat van die duiwel is en bedoel is om die lewens van mense met 666 te vul en hul DNS binne te dring, mag dit in die naam van die Here God met vuur vernietig word.”

Tian Johnson, hoof van African Alliance, sê die organisasie is van mening dat die hoofregter deur middel van “ongegronde bewerings” op ’n wyse opgetree het wat onversoenbaar is met hoe iemand in ’n regterlike amp behoort op te tree.

Johnson sê verder Mogoeng se gebed as ’n hooggeplaaste staatsamptenaar ondermyn die publiek se vertroue in ’n entstof wat wetenskaplik goedgekeur is.

“Laat ons dit duidelik stel: Entstowwe word nié deur die duiwel gemaak nie en verander nié jou DNS nie,” sê Johnson wat die klag teen Mogoeng namens die organisasie ingedien het.

“Die werklike gevaar is dat stellings soos dié van Mogoeng die publiek se vertroue in entstowwe skade berokken.

“Ons het soveel moontlik mense nodig om ingeënt te word wanneer Suid-Afrika toegang tot die Covid-19-entstof verkry. Hoe meer mense ons teen Covid-19 kan inent, hoe minder kans het ons almal om met die virus besmet te raak. Valse inligting oor entstowwe plaas die doelwit net buite bereik.”

Johnson doen nou namens African Alliance ʼn beroep op die geregtelike gedragskomitee om sy klag te oorweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

44 Kommentare

jongste oudste gewildste
Henry

Ek sê maar net waar daar ‘n rokie is is daar’ n vuurtjie. Die regter het ook die reg op vryheid van spraak al is hy die regter. Hy is ook ‘n burger net soos almal van ons. Ons kan nie als net blindelings glo nie, maar hoe seker is ons almal van die entstof en wat daar in is. Die kanse dat dit wel jou DNS kan verander of bedoel is om dit te doen is tans 50/50. Let maar eerder op in die volgende paar maande of mense se gedrag wel verander het na hulle die entstof ontvang… Lees meer »

Vriendelike Frikkie

Maar net weer ‘n bewys van die vlakke van onkunde waarmee ons te doen het. Kruger Dunning effek.

marius

As iemand weier om deel te wees van ‘ n trop skape , word hy veroordeel ?

Astrain

Hy mag mos se wat hy dink… laas toe ek gehoor het was die land n sg demokrasie(hahaha)…hy sê elk geval net wat baie reeds dink maar te bang is om te sê – want dan het jy as gewone burger lankal met jou alie in die tjoekie gesit!!!

Sarel

Ek sien geen verw na die entstof vir Covid of enige spesifieke entstof nie. Maar nou ja weer Wetenskaplikes …
Kla eerder oor die Regering wat toegelaat het dat fondse, wat aan Behoeftiges hulp moes verleen so gestroop dat niks oor is nie.