Hoofregter verkla oor entstof-gebed

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: GCIS)

Die gesondheidsorganisasie African Alliance het ’n klag teen hoofregter Mogoeng Mogoeng by die kommissie vir geregtelike dienste ingedien nadat die hoofregter verlede maand in ’n gebed daarop gesinspeel het dat die Covid-19-entstof van die duiwel is.

Dié organisasie is ten gunste van die entstof en voer aan Mogoeng se uitlatings is nie net vals nie, maar ook uiters gevaarlik.

Mogoeng het verlede maand tydens ’n dankseggingsdiens by ’n hospitaal in Tembisa in Gauteng die volgende gebid: “Indien daar ’n entstof is wat van die duiwel is en bedoel is om die lewens van mense met 666 te vul en hul DNS binne te dring, mag dit in die naam van die Here God met vuur vernietig word.”

Tian Johnson, hoof van African Alliance, sê die organisasie is van mening dat die hoofregter deur middel van “ongegronde bewerings” op ’n wyse opgetree het wat onversoenbaar is met hoe iemand in ’n regterlike amp behoort op te tree.

Johnson sê verder Mogoeng se gebed as ’n hooggeplaaste staatsamptenaar ondermyn die publiek se vertroue in ’n entstof wat wetenskaplik goedgekeur is.

“Laat ons dit duidelik stel: Entstowwe word nié deur die duiwel gemaak nie en verander nié jou DNS nie,” sê Johnson wat die klag teen Mogoeng namens die organisasie ingedien het.

“Die werklike gevaar is dat stellings soos dié van Mogoeng die publiek se vertroue in entstowwe skade berokken.

“Ons het soveel moontlik mense nodig om ingeënt te word wanneer Suid-Afrika toegang tot die Covid-19-entstof verkry. Hoe meer mense ons teen Covid-19 kan inent, hoe minder kans het ons almal om met die virus besmet te raak. Valse inligting oor entstowwe plaas die doelwit net buite bereik.”

Johnson doen nou namens African Alliance ʼn beroep op die geregtelike gedragskomitee om sy klag te oorweeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Henry ·

Ek sê maar net waar daar ‘n rokie is is daar’ n vuurtjie. Die regter het ook die reg op vryheid van spraak al is hy die regter. Hy is ook ‘n burger net soos almal van ons.

Ons kan nie als net blindelings glo nie, maar hoe seker is ons almal van die entstof en wat daar in is. Die kanse dat dit wel jou DNS kan verander of bedoel is om dit te doen is tans 50/50. Let maar eerder op in die volgende paar maande of mense se gedrag wel verander het na hulle die entstof ontvang het. As niks gebeur nie is jy veilig.

Die siekte is ‘n werklikheid en ek het self ‘n familie-lid verloor weens Covid. Ons moet net baie mooi dink oor die entstof en wat die nadele en voordele insluit. Die belangrikste is om vir jouself te besluit en nie deur elke jan, rap en sy maat beïnvloed te word nie.

Dirk ·

Ek stry nie, die virus bestaan!
My (angsbevange) kop sê vat die inenting maar as ek so hoor en lees van wat oom MICROSOFT en ander Hoogs Aangesiene mense sê, loop my Hart draaie om daai entstof.

Elméne ·

Henry, Bill Gates het self erken dat die entstof jou DNA verander. Ek dink ons het meer as genoeg bewyse dat dit wel die geval is.

Vriendelike Frikkie ·

Maar net weer ‘n bewys van die vlakke van onkunde waarmee ons te doen het. Kruger Dunning effek.

john ·

Frikkie het jy al an die moontlikheid gedink jy is dalk die onkundige. Baaie van my vriende is Drs jy moet hulle privaat meenings hoor wat hulle nie in die openbaar durf uitspreek nie want dan word hulle gekruisig

marius ·

As iemand weier om deel te wees van ‘ n trop skape , word hy veroordeel ?

Astrain ·

Hy mag mos se wat hy dink… laas toe ek gehoor het was die land n sg demokrasie(hahaha)…hy sê elk geval net wat baie reeds dink maar te bang is om te sê – want dan het jy as gewone burger lankal met jou alie in die tjoekie gesit!!!

Sarel ·

Ek sien geen verw na die entstof vir Covid of enige spesifieke entstof nie. Maar nou ja weer Wetenskaplikes …
Kla eerder oor die Regering wat toegelaat het dat fondse, wat aan Behoeftiges hulp moes verleen so gestroop dat niks oor is nie.

Gert ·

Shame Johnson….wil ook maar net sy Covid eiertjie lê. Go Mogoeng!!!

Sarel ·

Die Probleem met die Entstof is by regering wat nie vertrou kan word nie. Hoekom sprefk julle nie eerder die Regering asn oor wetklose opgeleide Mediese personeel nie

Persheks Adri ·

Ek staan 100% agter die regter! Gaan google gerus oor wat presies in die entstof is en kyk van waar af dit kom. Dit moet NIE op ons af gedwing word NIE punt. My liggaam my keuse klaar! Tot die Bybel sê vir ons waarheen die hele entstof op af stuur.

SomeOne ·

ek staan ook 100% agter “persheks adri” en regter “mogoeng mogoeng”

Gerhard ·

Wil net seker maak – na watter tipe covid 19 entstof verwys jy? Daar is op die oobik ten minste vier weergawes in produksie.

Ten minste twee van die tipes is op dieselfde metode gemaak as masels en waterpokkies, waarvan baie van ons dit al gekry het.

Debbie ·

Waar in die Bybel staan dit? Mens kry oral mense wat probeer angs en paniek saai. Ek stem saam dit moet nie op jou afgedwing word nie. Maar dalk is dit regtig ‘n entstof wat ons dalk kan help. Regter Mogoeng het gesê “as daar is”. So, ons as Christene kan mos dan daaroor bid en vra wat die waarheid is. En dat die waarheid sal uitkom. Baie mense, en ek dink ongelukkig Christene ook, geniet dit om angs en paniek te saai. En dit is verkeerd. Ek is seker baie mense was oorspronklike gekant teen die masels en polio inentings. Maar as gevolg van die inentings is polio grotendeels uitgewis. Ons moet net nie glo wat almal jou vertel nie. Ander alternatief is om te kyk wat die uitwerking van die entstof op mense gaan wees. Dit maak my so kwaad dat daar mense is wat daarop uit gaan om paniek en vrees te saai. Ondersoek die saak vir jou self, bid daaroor en doen navrae. Moenie alles glo wat almal jou vertel nie.

Gerhard ·

Ek verkies om op mediese platforms te soek waar die dokters verantwoordelik gehou word vir wat hulle kwytraak eerder as facebook waar enigiemand kan verkondig net wat hulle wil sonder enige filter van of dit rerig die waarheid is nie.

Izak Johannes ·

Ek is ‘n leek: Lees mooi, “Indien daar? As daar? Nerens se die regter DAAR IS? So ek staan viervoetig agter die regter, hulle kan hom nie vervolg nie want hy het nie gese DAAR IS. Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie. Hier kom dir wysheid te pas lees mooi: Mijn vrou Griet in die Hemel is sy niet, (komma) in die hel dat weet ek wel. LEES WEER: Mijn vrou Griet in die Hemel is sy, (komma) niet in die hel dat weet ek wel.

Fanie ·

Lyk my die regter het gebid dat “as die entstof van die duiwel is”
Maar dit dui op onkunde. Van die regter sowel as van die kommentare hier.
Wetenskaplikes betrokke by studies om entstof te ontwikkel is hoogs opgeleide mense. My familie is deel daarvan. Nou vat julle hulle in die gesig. Sies man!!!!
Moenie alles glo wat jy op Facebook (Fakebook) lees nie.
Mens kan nie oordeel fel op iets wat jy niks van weet nie.
Dit is nou soos die klomp wat gehoor het van Ivermectin en nou al die Ivomec van die rakke koop. Gedoriewaar.
Almal wat so teen die entstof is: Is julle ingeênt teen al die siektes soos pokke, ens?

Bolander ·

As jy onkundig is oor wat die regter sê, oordeel jouself met die oordeel waarmee jy hom oordeel. As jou familie die kundige(s) is, praat jy op hoor sê, waar die regter ‘n verhouding het met die God waarvan hy getuig en tot wie hy bid.

Gerhard ·

Jip, regter het gebid dit as dit van die duiwel is dat dit vernietig word. Ek stem saam dat iets van die duiwel is wil ek myself weghou van dit af maar hier vat mense iets wat hulle nie verstaan nie en plak die merk van dier plakker op dit.

Ons moet oopkop wees vir wat aangaan, maar daar is te veel plekke waar leuens soos soetkoek verkoop word en almal vreet dit op want is dit so ekstreem is moet daar waarheid in wers. Enigeniemand kan iets op facebook plaas so is definitief nie n betroubare bron nie. Lig jouself in deur na navorsing joernale te ondersoek as jy vrae het.

So wat dan van die pous? Hy het reeds inenting ontvang.

pestilensie ·

Soos met die kospakkies, sal ek as senior blanke heel agter in die ry staan as dit by die entery kom . Sal maar die bees medisyne moet gaan koop

Jaco ·

As hy regtig so ‘n “weergebore” Christen is, waarom bly hy dan stil oor regstellende aksie, wat openlike rassisme teenoor wit mense is? Dobbelary, aborsie en pornografie is ook alles wettig in SA. Hoofregter Moegoeng is ook stil daaroor. Ek wonder maar net…

Indien die Antichris agter dié hele Corona ding sit, dan is dit maar swak beplan. Ek het regtig beter verwag. In die Bybel sê Openbaring 13:3b “En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.”
‘n Nuwe wêreldorde onder die Antichris, met permanente mondmaskers, alewige hand sanitizer, geen toneelopvoerings, geen simfoniekonserte, geen kunstefeeste, TOE biblioteke (ja dis waar), bitter min toerisme, min internasionale vlugte en verpligte coronatoetse om internasionaal te reis, gaan maar erg vervelig wees. Selfs al sou ek ‘n atheïs wees, verwonder dié dinge van die Antichris my nie.

Pieter ·

Groot verdrukking kan lockdown wees.
Hoer van die Bybel wat nasies verlei is primêr geld.
Covid-19 is die aanloop tot ‘n nuwe wêreldorde, Agenda 2030 ingesluit en klimaatsverandering.
Waar politieke en IT leiers hul besighou met gesondheidsorgaspekte raak dit gevaarlik. ‘n Nuwe normaal en polisiestate word geskep. Ware demokrasie verdwyn.

Jan Hendrik ·

Hys geregtig op sy persoonlike opinie . Dis n gebed nie n uitspraak nie .

Casper ·

Ons kan ‘n maand en ‘n aand debater oor die “gebed”maar na my mening is daar niks fout daarmee nie.Die regter sê “indien”en dit verander die prentjie.Ek is geen wetenskaplike nie maar hoeveel mense is al dood van die entstof selfs ‘n dokter wat blakend gesond was.Ek het onlangs ‘n meingspeiling gesien waartydens mense teen inenting is.Ek her ook onlangs gesien hoe lyk ‘n pasiët se keel a g v die dra van ‘n masker.Die pasiënt is dood.Daar is dus onduidelikheid oor die die hele kwessie.Op ‘n ligter noot net die volgende.’n Onderbroek keer nie eers ‘n wind nie hoe gaan die masker die virus keer.Vra maar net.

Pieter ·

Daar is persone wat glo dat masker dra geen gevolge het nie. Onkunde. Daar is baie mense wat siek word van ‘n lugversorgingsisteem, omdat dit dieselfde (besmette) lug oorsirkuleer en die filters en pype ook swamme kan bevat. Legioensiekte. Edna Molewa is aaraan dood na haar China besoek.

Casper ·

Indien die entstof geen gevare inhou nie sal ek dit neem maar ek onthou hoe siek het die gewone griepinspuiting my gemaak.

Dirk Mostert ·

Omdat die griepvirus muteer. Covid-19 het ook al gemuteer.

FBS ·

Kan ons nie liewer ons Hoof Regter steun nie. Wonder of die persoon Afrikaans kan lees. Het die Hoof Regter nie gebid en n voorwaarde daar gestel nie en as dit is volgens die voorwaarde moet GOD dit vernietig. Ek steun sy gebed.
FBS

Louis ·

Johnson sit die pot mis: Die regter het bloot gesê INDIEN daar so’n entstof is, …..
Hy het nie gesê dat daar enige entstof is met sulke kwaliteite nie.
Hy het nie eers enige entstof geidentifiseer nie.

Jakes ·

Maak nie saak wat die hoofregter bedoel het nie, sy geloofsoortuigings het hom genoop om dit in sy gebed te noem. Die regering kan niemand dwing om die entstof te gebruik nie. Per slot van sake het die regering nie die geld om die entstof te koop nie, armer lande soos Zimbabwe en Kenia het reeds die entstof terwyl dit ongeveer n jaar gaan neem voordat Jan publiek dit in SA gaan kry. Die pandemie is miskien erg maar wat nog erger is, is dat die ANC regering in 26 jaar die land oor die afgrond in bestuur het en niemand gee n duit om nie. Daar gaan nog baie meer mense van honger sterf as van Covid 19.

Piet ·

Minstens het hy sy geloof bedryf wat bewys dat hy ‘n christen is.

Eugene ·

Klomp twak. Die regter het nie alle entstof veroordeel nie net die wat volgens sommiges nanopartikels bevat om jou op te spoor en data van jou te hou en enuge nagemaakte gemors wat nie werk nie, aldus van die duiwel

john ·

hulle sal eenigiets gryp om regter Mogoeng te verwyder Hy is n opregte christen en dit pas nie in met die ANC and hulle masters se narrative nie. so hy moet uit die pad uit.

Francois ·

More, soos ek deur die kommentare lees val n klomp sake my by. As die wetenskaplikes dan so briljant is, weet hulle dan nie wie hulle daardie briljantheid geskenk het nie. Doen navorsing in die BYBEL. Om die hoofregter en soos ons Christene aangeval te word, is onnodig. BID onophuodelik.

koei ·

Elke een het die reg om te bid soos hy wil en sê wat hy wil in n gebed….volgens my in elk geval???? Hoekom mag hy nie dit bid nie??? Dis sy gebed, gaan ons nou nog vertel word wat om te bid ook?

Hierdie sirkus van n land….dit maak my klaar. Ek kan nie glo ons is n demokratiese land nie??? Nelson Mandela het jare en jare daarvoor baklei dat ALMAL regte kan hê, maar duidelik is dit nie op die harte van die wat na hom aan bewind gekom het nie. Skokkend. Net ter inligting, nie ek of een van my gesin sal die entstof vat nie, en dis klaar!!!! Hulle kan maar ons sn vir iemand anders gee, ons gee glad nie om nie.

Yolandie ·

Vreemd dat die regering so in die kol is met die positiewe Covid 19 gevalle en sterftes, maar die 500 Biljoen rand wat weg is, niemand kan “uitfigure” waarheen dit is nie. Ongeskooldes in beheer. Covid 19 ‘n dekmatel wat gebruik word om wetgehoorsames se mense regte te ontneem.

donsie ·

Ek sou dieselfde gebid het, mens weet nooit of daar dalk ‘n vervaardiger van die entstof is wat deel is van die world order en dalk goeters in die entstof sit om ons net nog sieker te maak of om nog ‘n ander siekte te laat uitkom nie.
Hy het net gebid dat die slegte entstowwe vernietig moet word nie, hy het nie gese alle entstowwe nie.
ek is inelkgeval gebol wat die entstof aan betref, want mense wat kanker gehad het of het, mag nie die entstof neem nie.

fs ·

Rerig….. die regter is mos nie verkeerd as hy bid “AS die entstof met die merk van die dier besmet is, laat dit nie na ons toe kom…. dus as dit NIE besmet is sal dit mos na ons toe kom met God se Seën.
Met die huidige stories rondom of Astro Zenika ons mag verskaf of nie klink die regter se gebed vir my heeltemal in orde. Staan vas in jou geloof Mnr die regter, ons bid saam met jou

Porseleintjie ·

Self vind ek niks fout met sy gebed nie. En hy noem nie n naam van die entstof nie. Waaroor die bohaai??

Nico ·

Julle ruk die ding heeltemal uit verband uit. Wat ek hier lees, het die regter nie gesê die entstof is van die duiwel nie. Verstaan julle nie wat die woord “indien” beteken nie?

Margo ·

Wat van die video waar Dr Robert O Young sè dat Bill Gates sè 3biljoen mense moet sterf, en diè Dr Young sè hulle begin by die africans wat hulle is worthless

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.