Hoofspeurder van Villiers vermoor

(Foto: Facebook/Nicholaas E B Delport)

Die hoof van die polisie se speurtak op Villiers, ao. Neels du Rand, is doodgeskiet nadat hy glo ondersoek gaan instel het na die beweerde kaping van ʼn vragmotor op die berugte N3-pad tussen Warden en Harrismith.

Du Rand (47) het Vrydag omstreeks 02:45 die Villiers-polisiestasie gebel en rugsteun gevra om ʼn gekaapte vragmotor op die grondpad tussen Villiers en Standerton voor te keer. Volgens sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, het die lede van die Villiers-polisie dadelik gereageer.

“Terwyl die polisie na Du Rand gesoek het, het hulle ʼn beskadigde draadheining by ʼn plaas opgemerk. Hulle het verder ondersoek ingestel en op die plaas op Du Rand se Isuzu-bakkie afgekom.”

Rani sê Du Rand is leweloos in die voertuig aangetref. Beamptes moes een van die bakkie se vensters breek om toegang tot die voertuig te kry.

“Du Rand is vier keer in die rug geskiet en nooddienswerkers het hom op die toneel dood verklaar. Niks is van hom of uit sy voertuig gesteel nie.”

Volgens Rani is die gekaapte vragmotor sowat 8 km buite Standerton opgespoor. Dit is verlate gelaat. Die voorlopige polisieondersoek wys ook dat ʼn wit BMW, met vals nommerplate, die gekaapte vragmotor begelei het.

Genl.maj. Len Singh, waarnemende polisiehoof in die Vrystaat, het Du Rand, ʼn ervare polisiebeampte, se dood betreur.

“Ons het wakker geword met die hartseer nuus. My hart gaan uit na die familie, vriende en kollegas van ao. Du Rand. Hy het 29 jaar lank lojale diens gelewer en sal geweldig gemis word.”

Die VF Plus sê dit is die soveelste lewe wat motorkapers in hierdie gebied eis.

“Die Vrystaatse polisiekommissaris, lt.genl. Baile Motswenyane, moet ʼn spesiale taakspan op die been bring om toenemende kapings in die Vrystaat, veral by die N3 in die omgewing van die voorval, te pak.

“Verskeie kapings het die afgelope tyd daar plaasgevind.”

Die VF Plus het ook sy medelye met Du Rand se geliefdes betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Di ·

TRAGIES! Nog ‘n gesin wat ‘n geliefde verloor het as gevolg van die wetteloosheid in die land. Hoop van harte dat die skuldiges vasgetrek word. Sterkte aan sy familie en vriende, net so tragies om ‘n geliefde SO te verloor. Kriminele het letterlik die land oorgeneem, dis verseker

Fontein Tannie ·

Ongelooflik jammer vir die familie en vriende van A/O Du Randt!! RIV.

Kokerboom ·

Ons is kwaad baie kwaad!
Sal Cele ooit daar opdaag? Nee want die nuttelose kader sal nie politieke punte wen.. die slagoffer is Blank!!

Danie ·

Jammer aan die familie en rus in vrede.Dit was uit en uit n lokval.My vriend n paar jaar terug ook so vermoor.Moet nie braaf wees dit is wat hulle wil he moet my nie vertel dat daar nie ander lede was om saam te reageer nie.

Goldy ·

Due linkses de hunger rowers ry deesdae met blinknuwe karre en het huise tien keer groter as die gewone gesin. Linkse regsisteem wat moordenaars 3n rowers beskerm teen die gewone mense en die polisie is nie meer aanvaarbaar nie.

popsa ·

Ai tog!!! So baie jammer dierbares, vriende, kollegas van ao. du Randt. Julle kan vir altyd trots wees op hom.
Die koue realiteit is dat dit enige oomblik met enige een van ons in SA kan gebeur.

Delia ·

Word die polisie uitgereik met koeelvaste baadjies? As nie, dan is dit nou tyd

Blikkies ·

Vir Hoeveel jaar is die Kapings nou al aan die gang op die N3 ook gereeld tussen Villiers en Heidelberg. Ondersoek spanne sit dorpe weg van die Hoofweg af.

Papsak ·

Dit is so tragies en hulle voel net flippen niks vir daai man se mense wat nou in rou gedompel is nie nog so jonk en daar moes hy met sy lewe betaal weet ek liewers niks verder se nie maar sterkte aan sy familie ons dink aan julle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.