Hoofverkeersbeampte vas vir korrupsie

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die hoofverkeersbeampte van Wolmaransstad in Noordwes is deur die Valke in hegtenis geneem.

Lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê Windy Judas Mahlangu (49), hoofverkeersbeampte van die Maquassi Hill-munisipaliteit, is Vrydag op aanklag van bedrog en korrupsie in hegtenis geneem.

Mahlangu het Vrydagmiddag in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn en bly in aanhouding. Mahlangu en Kobus Jordaan, ʼn vragmotoreienaar, het glo saamgespan om die munisipaliteit uit R540 000 in onbetaalde lisensieskyfies en verkeersboetes te bedrieg.

Mahlangu het glo vervalste lisensieskyfies vir Jordaan se 39 vragmotors uitgereik en glo ook verseker dat Jordaan nie verkeersboetes betaal nie. Jordaan (49) is ook in hegtenis geneem en is op borgtog van R500 vrygelaat weens sy swak gesondheid.

Mahlangu en Jordaan moet op 23 September weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Tinus ·

Bedrog & Korrupsie het die orde van die dag geword. Ons waardes gaan tot niet. Die ergste is dat dit aan Kinders oor gedra word.

Strussbob ·

“Windy Judas” – shame – met so n naam kan jy net moeilikheid verwag! En windop !

Asjas ·

Jordaan moet swaarder gestraf word vir sy aandeel, swak gesondheid of nie!! Jy dra by tot die probleem in hierdie land. Jou “if you can’t fight them, join them” houding stink en dra by tot die verdere ondergang van alles wat eens goed en mooi was en reg gewerk het in die land, maar nee, geld is jou god.

Koos ·

Interessant om hiervan in die koerant te lees, die drywers praat ook nie goed van hul baas nie.

Dave ·

Tinus, jy sê dit is aansteeklik, nè (of miskien bedoel jy oordraaglik).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.