Hooggeregshof beslis ten gunste van Old Mutual oor Moyo

Peter Moyo, afgedankte uitvoerende hoof van Old Mutual (Foto: Dimpho Maja/African News Agency/ANA)

Old Mutual het Dinsdag gesê die Johannesburgse hooggeregshof het volstaan met sy uitspraak in Julie verlede jaar ná appèl aangeteken is om die afgedankte uitvoerende hoof, Peter Moyo, weer aan te stel.

Die finansiëledienstemaatskappy het gesê die jongste uitspraak “bevestig dat Old Mutual regmatig opgetree het deur Peter Moyo se kontrak te kanselleer”. “Dit bied ook wetlike duidelikheid oor korporatiewe bestuur en rentmeesterskap van die raad, insluitend die verhouding tussen die raad en die uitvoerende bestuur. Old Mutual bly verbind tot goeie bestuur en die gepaste bestuur van ʼn konflik van belange.”

Die maatskappy het Moyo in September verbied om terug te keer werk toe nadat hy in Augustus effektief vir ʼn tweede keer afgedank is, terwyl die maatskappy ʼn uitspraak in die hof wou omkeer wat sy aanvanklike afdanking nietig verklaar het.

Moyo is aanvanklik in Junie 2019 afgedank as gevolg van ʼn “vertrouensbreuk” oor die manier waarop hy sy konflik van belange, wat betref sy beleggings in die NMT-maatskappyegroep, bestuur het. Moyo het aangevoer hy is afgedank ná hy ʼn konflik van belange van Old Mutual-voorsitter Trevor Manuel onthul het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
jaco

Wat dan nou van regstellende aksie en BEE?

Zumie

Mmmm Old Mutual se aanstellings om polities korrek te wees kos nou geld…….
Nie dat hulle of die ander besighede enige lesse gaan leer nie – ons wag nog vir die seuntjie om ons daarop te wys dat die keiser kaal is…