André Pienaar, ʼn sakeman van Senekal, het hom nou tot die hooggeregshof in Bloemfontein gewend in ʼn poging om op borgtog vrygelaat te word.
Pienaar staan tereg op aanklagte van openbare geweld, aanhitsing tot geweld en poging tot moord.
Hy is in hegtenis geneem nadat chaos by die Senekal-landdroshof uitgebreek het waar twee mans in verband met die moord op Brendin Horner verskyn het.
Horner, ʼn 21-jarige plaasbestuurder, se liggaam is op ʼn plaas in die omgewing van Paul Roux gevind nadat hy wreed daar vermoor is. Twee vermeende veediewe, Sekwete Mahlamba en Sekola Matlaletsa, is ná sy dood in hegtenis geneem.
Talle mense het tydens dié twee se hofverskyning na die hof opgeruk en ʼn polisievoertuig is omgestoot en het aan die brand geraak, terwyl skade ook aan die hofgebou aangerig is.
Ilanie Oberholzer, Pienaar se regsverteenwoordiger, het bevestig dat sy aansoek om appèl teen die landdroshof se besluit om sy borgtogaansoek van die hand te wys, Donderdag in die hooggeregshof aangehoor word.
Pienaar moet weer op 20 November in die hof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
34 Kommentare
Andre die staat is bang jy weer in Senekal more so hulle sal jou nie maklik borg gee.Sterkte
Nee!!!
Die regering sal mos nou ‘n voorbeeld van hom maak. My vraag bly steeds:
Hoekom word Malema en kie nie toe gesluit vir die skade en petrol bomme by Clicks nie??? Plus al sy ander oortredings… O ja, hy’s mos bo die wet met sy rassisme en haat spraak!
Hy gaan nie kry nie, want hy is wit
“Poging tot moord” my agterent!
Dis ‘n siek sage en onverbloemde rassisme aan staat se kant. ANC wil ‘n punt maak.