Hooggeregshof keur Steinhoff-skikking goed  

(Argieffoto: ANA)

Die hooggeregshof in Kaapstad het Maandag Steinhoff se internasionale skikking met sy skuldeisers goedgekeur.

Ná jare se hofgedinge en onderhandelinge het die hof binne 30 minute die groen lig gegee vir die skikking van nagenoeg R25 miljard.

Derduisende eisers eis meer as R100 miljard in vergoeding. Die skikking sal ʼn gedeelte van elke eis dek, indien die eisers hul afsonderlike regsgedinge terugtrek.

Die Nederlandse been van Steinhoff se skikking is in September goedgekeur.

ʼn Reuseskandaal het Steinhoff in 2017 getref toe die maatskappy ondersoek is vir beweerde bedrog en gapings van soveel as R101 miljard in sy rekeninge gevind is.

Die maatskappy, gesetel in Suid-Afrika, is in Frankfurt en Johannesburg genoteer en byna 98% van sy aandeelwaarde is uitgewis nadat tientalle hofsake van aandeelhouers en sakevennote, ook voormalige voorsitter Christo Wiese, aanhangig gemaak is.

Die Johannesburgse aandelebeurs het Steinhoff in Oktober 2020 met R13,5 miljoen beboet omdat hy die noteringsvereistes oortree het deur “vals en misleidende” inligting te publiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

VaalDonkie ·

Weet jy, ek het in 2020 ‘n hele klompie geld gemaak uit EOH wat ook so deurgeloop het, en toe ‘n ommeswaai gemaak het. Dis ‘n groot risiko, maar mens kan munt slaan. Ek het bv omtrent so R80 000 se aandele in EOH gekoop en dit het binne ‘n paar weke R140 000 geword, en toe verkoop ek. Lekker baie belasting betaal, maar ek kon darem ‘n paar groot items vir die kombuis koop en ‘n ordentlike dakrak vir my kar.

VaalDonkie ·

En ek het indirek my werk verloor as gevolg van dit. Maar niemand vergoed my daarvoor nie.

Janice ·

Steinhoff se tentakels is regoor die wereld versprei. Het so ‘n paar jaar gelede gehoor van een van Amerika se grootste bed handelaars met winkels regoor die land wat moes toemaak en honderde mense het hulle werk daar ook verloor, want Steinhoff was een van die grootste beleggers in die maatskappy.

Alfred E Neuman ·

Ons wag in spanning dat die bedrieër n tronkvoël word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.