Hooggeregshof wys Jiba se aansoek van die hand

Adv. Nomgcobo Jiba, voormalige adjunkdirekteur van die Nasionale Vervolgingsgesag (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency/ANA)

Die DA het die hooggeregshof in Kaapstad se beslissing teen adv. Nomgcobo Jiba se hersieningsaansoek verwelkom.

Jiba het die hof genader om pres. Cyril Ramaphosa en die NVG se adv. Shamila Batohi te dwing om haar met onmiddellike effek weer in die pos aan te stel, met volledige voordele.

Die hof het bevind dat Jiba nie haar aansoek gestaaf het nie en dit van die hand gewys.

“Dit is goeie nuus vir Suid-Afrika, die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die nasionale direkteur vir openbare vervolging, adv. Batohi,” het Glynnis Breytenbach, DA-skaduminister van justisie, in ʼn verklaring gesê.

“Me. Jiba was instrumenteel in die uitkalwing van die NVG en die weg te baan vir waar ons ons nou bevind – grootskaalse korrupsie sonder enige gevolge. Die gemors wat agtergelaat is vir adv. Batohi om op te ruim, is grootliks veroorsaak deur Jiba, Lawrence Mwrebi en Shaun Abrahams,” het Breytenbach gesê.

“As sy heraangestel sou word, sou dit niks minder as ʼn ramp gewees het vir die NVG nie. Die giftige invloed wat Jiba gehad het, kan nie oorskat word nie en enige hoop om die skip weer op die regte koers te kry, sou vernietig gewees het as sy weer in die amp aangestel sou word.”

Volgens Breytenbach is die strafregstelsel beter daaraan toe sonder Jiba “en haar algehele minagting van grondwetlike plig en die wet”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jerry ·

Daar is n sprankie hoop met die hooggeregshof in kaapstad se uitspraak. Hoe lank dit so gaan bly is egter n ander vraag vir n ander tyd en ander uitspraak. Die moontlikheid dat politieke inmenging hier dalk te sprake was is egter nie uitgesluit nie aangesien CR se minister Lamola van justisie openlik en blatant inmeng in die “fees must fall” aktivis se tronkstrafvonnis. Wat sou CR dan verhoed het om in te meng om van n Zuma faksielid ontslae te raak, NIKS! Die onafhanklikheid van die regbank is onder verdenking, laat daar geen twyfel daaroor langer bestaan nie!

TN ·

Jerry jy is die verpersoonliking van negatiwiteit __ ons regstelsel is nie volmaak nie en soms stadig maar vergelykbaar met die van die meeste ander lande .

Neels ·

Volgende stap is die Grondwethof . Sy sal aanhou probeet om haar korrupte lewe te probeer voortsit. Hoop sy word daar ook weggewys

Fiela ·

Sy gaan in Zuma se voetspore volg…Appél op Appél op Appél!

aj ·

Juba moet betaal vir al die vermorsing van staatsgeld!

Kla haar aan en laat haar BETAAL!

Gert van Wierdapark ·

Party mense is is nou maar net anders, en party is Dom-astrant verby die verval-datum! Oor die advo-kaat sal ek egter geen kommin-taar lewer nie!

Chris ·

Hoor sy is geoormerk vir n ambassadeers pos in of Nederland of Rusland eintlik enige land wat die ANC goedgesind was in hulle sogenaamde struggle

stoney ·

Stuur haar Rusland toe. Hulle duld ni sulke optrede ni. Gee haar vir die KGB om haar vrypostigheid hok te slaan. Party mense ken ni hulle plek ni.

JohanR ·

Gaan skaf Glynis Breytenbach se boek “Rule of Law”, en Gen Johan Booysen se boek “Blood On Their Hand”s aan, en lees net hoe giftig Nomgcobo Jiba en Lawrence Mwebi is, en was, en hoeveel mense se lewens het hulle nie verwoes. Die paar mag nooit weer naby die NVG kom nie!

Louis leeu ·

Nou net weer bewys sy is onbevoeg wonder net hoe het sy haar kwalifikasies gekry.Laat sy betaal vir al die vermorsing van die gelde

Boerseun ·

Hoe sy in die eerste plek n advokaat geword het gaan verstand te bowe

Papie ·

Nou wonder regsgeleerdes hoekom het die gewone publiek geen respek meer vir die regstelsel of regsgeleerdes het nie! Hier is die antwoord…….

Sêmaarnet ·

Ai tog hoe slaan die “pass one pass all” nou deur. Watse advokaat is sy wat nie die boodskap kry nie. Dis verby jy het nie meer bevoorregte pos nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.