Ashley Gundani (21) het Maandag in die Tzaneen-landdroshof verskyn op aanklag dat hy uit aanhouding ontsnap het en op aanklagte van roof en verkragting.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Gundani se aansoek om borgtog is afgekeur en die saak is tot 10 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.
“Gundani is weer oor die naweek in hegtenis geneem deur die Lebowakgomo-misdaadintelligensie-eenheid en Masemola se honde-eenheid ná hy op 30 Augustus uit aanhouding by die Haenertsburg-polisiestasie buite Tzaneen ontsnap het.
Polisiebeamptes was besig met roetinedienste in die selle toe die verhoorafwagtende ontsnap het.
Die polisie se ondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
“Gundani is weer oor die naweek in hegtenis geneem deur die Lebowakgomo-misdaadintelligensie-eenheid en Masemola se honde-eenheid. Hy ht twee weke gelede ontsnap, en sodra hy weer gevang is doen hy aansoek vir borg…. wat ‘n land! Soos Kallie Knoetze vir Leon Schuster gese het “bou ‘n nasie!”
Die vermetelheid om te wil aansoek doen vir borg! Vra hom sommer hoe het hy in die 1ste plek uit gekom… Roof en verkragting is nou die klag, maar wat is volgende? Moord? Red nou ‘n nasie met die klomp