Hoogspanning tydens AfriForum se grondvoorlegging in parlement

Ernst Roets (Foto: Skermgreep uit die video)

Hoogspanning het Woensdag se verskyning van AfriForum se hoof van beleid en aksie, Ernst Roets, voor die parlementêre ad hoc-komitee oor die wysiging van art. 25 van die Grondwet, gekenmerk toe lede van die EFF hom ‘n rassis genoem het en Roets nie teruggehou het in sy antwoorde nie.

Roets het sy voorlegging begin deur saam te stem met die Algeryns-Franse skrywer, filosoof en rewolusionêr Frantz Fanon (‘n groot gunsteling van die EFF) dat die denke van die liberale verligting gelei het tot ‘n gevoel van meerderwaardigheid by koloniseerders teenoor gekoloniseerdes.

Roets het voorts aan die hand van die Duits-Amerikanse filosoof Hannah Arendt se konsep daarvan om vrygemaak te word om vry te wees aangevoer dat sowel minderheidsgroepe as die meerderheidsgroep tans teleurgesteld is in die Suid-Afrika van vandag.

Minderhede voel volgens hom dat hul regte nie genoegsaam beskerm word nie terwyl die meerderheid se drome onvervuld gelaat word, soos blyk uit die nasionale werkloosheidsyfer van 32%.

Roets het gesê bloot om die reg te hê om vir ‘n politieke party te stem maak jou nie vry nie, en dat die aanvaarding van die voorgestelde grondwetwysiging juis die teenoorgestelde sal bereik.

Hy het gevra dat empiriese bewyse die grondslag vir debat moet vorm en statistiek aangehaal dat die regering tot dusver R60 miljard aan ‘n mislukkende grondhervormingsprogram bestee het, met 6,3% van die grond wat aan private swart eienaars oorgedra is, en 25% van die grond in die hande van die staat.

Roets het aangevoer die honger na landbougrond is ‘n mite want 90% van die begunstigdes verkies geld bo grond, 60% van grondeise is in stede en dorpe en 84% van grondbesettings is in metro’s, terwyl net 2,8% van Suid-Afrikaanse studente in die landbouwetenskappe studeer en meer as 90% van staatsgedrewe grondhervormingsprogramme misluk.

Roets het voorspel dat die oorskakeling van wat hy as halfgebakte sosialisme bestempel na wat hy as volle sosialisme bestempel, sal lei daartoe dat ‘n halfgebakte mislukking ‘n volle mislukking gaan word.

In vraetyd het die voorsitter, dr. Mathole Motshekga van die ANC, gevra of Roets en AfriForum vertroue het in die vermoë van Suid-Afrikaners om hul eie probleme op te los en, indien wel, waarom die organisasie hom dan na die Verenigde Nasies gewend het oor die grondkwessie.

Roets het geantwoord dat AfriForum baie vertroue het in Suid-Afrikaners maar nie in diegene wat hulle in die parlement verteenwoordig nie. Dit het verskeie lede van die ANC en EFF laat beweer Roets bevraagteken die legitimiteit van die parlement, wat Roets ten sterkste ontken het. Hy het wel gesê parlementslede is uit voeling met realiteit.

Dr. Mbuyiseni Ndlozi van die EFF het verskil met Roets se interpretasie van Fanon (en sy aanwending van Fanon, wat Ndlozi as neerbuigend en misleidend getipeer het) en Arendt, en het Arendt se skryfwerk oor die apartheidstelsel aangehaal.

Roets het Arendt wyer aangehaal en gesê sy sou nie die vervanging van een stel ongeregtighede deur ʼn ander goedpraat nie.

ANC-LP’s het gevra of Roets erken grond is gewelddadig en sonder vergoeding van swart mense afgeneem. Roets het gesê daar is voorbeelde daarvan, asook van kere dat daar wel vergoeding betaal en vreedsaam ooreengekom is.

Later in die gesprek het dinge handuit geruk toe Shivambu en Ndlozi vir Roets ‘n rassis genoem het en nie deur Motshekga tot orde geroep is nie. Roets het na Shivambu verwys as ‘n korrupsie-connoiseur en is ook nie tot orde geroep nie.

Vervolgens het ʼn ander EFF-LP vir Roets gevloek. Die DA-LP’s dr. Mimmy Gondwe en Noko Masipa het aangedring dat Motshekga ordelikheid en gedrag herstel, spesifiek wat die EFF betref, maar Motshekga het gesê dit is die einde van die voorlegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Pieter ·

Om met die siek ANC kommuniste te praat gaan ons nie help nie. Ons moet n manier vind om hulle geld krane toe te draai. Hulle het mos in vier en negentig vir ouer people gese om vir hulle te stem dan gaan hulle huise krag en water verniet kry. Die brein dood ANC het mos nie gedink waar gaan als van daan kom nie. Hulle kan maar my plaas vat hulle moet net die verband af los. Want as hulle my plaas vat gaan ek nie die verband betaal nie. Wat gaan die bank doen my plaas vat wat die ANC klaar gevat het.

Snowball ·

Die EFF en ANC is nie rassiste nie; hulle haat net wittes en leef en beskou alles vanuit daardie perspektief. Dit sal nooit verander nie, want hoe duideliker hulle onbevoegdheid en korrupsie aan die groot klok gehang word hoe groter word die behoefte om wittes te verguis en te onteien. Geen redelikheid, feitelike of intelligente benadering sal die besonder lae vlak van redenasie kan binnedring nie – ‘n vooropgestelde agenda is al waaraan hulle vasklou.

gpsa ·

Daar is ook ‘n groep wat al hard prober het om land te verlaat maar vir wie dit nie uitgewerk het nie. Nie net ‘n kwessie van oppak en gan nie.

Nico ·

Die boerevolk is ‘n verdeelde volk, nog nooit in die geskiedenis was die boerevolk so verdeeld. Die Afrikaner volk kan in drie dele verdeel word, die eerste groep het na 1994 die land verlaat, die tweede groep het geredeneer en gesê ons moet hierdie stelsel laat werk, hulle kan nie sien dat stelsel besig is om sigbaar in duie stort, die derde groep Afrikaner het bly staan en gesê, hierdie is ons land, ons het nodig om verskoning te vra dat die boerevolk hierdie land op ‘n regmatige wyse bekom het. Die EFF is so hoogheilig want hulle kan vloek en skel net soos hulle wil en dit tydens ‘n debat sessie, sê die Afrikaner iets wat hulle nie pas nie word daar vinnig gesê dat ons rassisties is. Die swartes kan mos nie rassisties wees nie.

Fedup ·

Spoiled brats.
Good for Roets for not keeping his tongue to those rogue brats.
They should give up there luxury dwellings to the poor.
They want to quote philosophy, but have no real clue what the words really mean.
Think everything is about them.
Shame.

Willem ·

Net so, en al verweer wat hulle het is die rassekaart omrede hulle verwronge filosofie die gefaalde ideologie volg! Dunning-Kruger effek loop baie diep onder hulle.

Stefaan ·

Tipies. Die oomblik as hulle die argument verloor raak hulle persoonlik en speel die rasse kaart. My Pa het altyd gesê moet nooit met ‘n idioot redeneer nie want die omstanders sal nie weet watter een van julle is die idioot nie.

Willem ·

Ja, as enigste argument so verwronge is deur die rassekaart te speel, dan weet die regdenkende mense dat hulle ideologie hulle ook faal, maar a.g.v. die DUnning-Kruger effek sal hulle dit bly aanhang om te probeer bewys dat hulle reg is. Al is dit al telkemaal bewys dat dit ‘n gefaalde stelsel is.

annie ·

Mnr/dr Roets moet onthou hy praat namens sy eie organisasie of homself. Sy aannames is nie noodwendig deur ‘n volkstemming onderstreep nie.

Wilhelm ·

Brei so bietjie uit oor wat dan nou die volkstemming is, volgens jou.

Sonia ·

Ernst Roets praat namens die honderde duisende lede van Afriforum – honderde duisende waarvan ek een us, so jy het die pot lelik misgesit ou girl

Werner ·

Die is nou een probleem wat nie met onderhandeling opgelos gaan word nie.

MakersMark ·

Wanneer die kognetiewe vermoë ‘n endpunt bereik word die rassisme kaart dadelik gespeel. En dit gebeur binne minute.

Andre ·

Ai! dit is darem gemaklik om elke keer iemand’n rassis te noem as jy met feite gekonfronteer word. Luister ook na hulle oplossings vir probleme. Gewoonlik voorneme om alles te vernietig of reeds vernietig het. Iemand sien eendag graffiti teen ‘n muur wat noem ANC en EFF was hier gewees. Onder staan toe geskryf “ kan nie waar wees; die muur staan nog “

Misky ·

Hulle is darem vinnig op hulle agterpote as die harde feite voor hulle gegooi word!!!! My tone krul van lekkerte

Jacobus ·

Ernst jammer dat jy jou bloodstel aan blatante rassisme en barbarisme. Tyd dat die narre hulle dag in die hof kry. Dieselfde geld vir hulle optrede in die Zondo sirkus. Sterkte.

Miskruier ·

Gister by Dep Landbou gedraai, 20 gemaskerdes sit en wag vir staatshulp. Hoe lank word net sommige gehelp om te boer?

gpsa ·

Baie respek aan Ernst Roets om hierdie moeilike onderwerp in die parlement te bespreek. Ek is ‘n trotse lid van Afriforum.

Hoekom ·

Rassisme is ‘n muur, veel groter as die Trump muur en nog groter as die kommunistiese oos Duitsland muur, wat liberaliste en “our people” gebou het om hulle te beskerm vanaf waarhede, feite en die konserwatiewe witmens se wysheid…

Veronika ·

Mooi Roets!! Trots op jou!! Waarheid maak maar seer nê ANC & EFF!!!!

Marianna ·

Ai hulle kan dit maar net nie vat as hulle met die waarheid gekonfronteer word nie. En hulle enigste wapen is die rassekaart waarvoor ons nie meer skrik nie. Ai watter ras het vir hulle hul westerste bestaan gebring? Hulle duur motors, klere, selfone en rekenaars?

Sylvia ·

Nico – praat van boerevolk (onderkas “b”) en die Afrikaner volk (bokas “A” en twee woorde) na watter deel van die bevolking word verwys?/ Dit is eintste hierdie klassifisering wat verdeeldheid bring onder ‘n volk. Hierdie is ‘n tipiese keffer-reaksie, blaf-blaf maar bly staan op die kantlyn en hits aan

MT ·

Vriende, dis waarom laer trek vir Afrikanerselfbehoud in Afrika so belangrik is. Daar is geen werklike ander oplossing nie.

Sonder enige daadwerklike mag, word die Afrikaner slegs verdra as ‘n nuttige belasting-melkkoei wie se nuttigheid eintlik alreeds verstryk het. Ons is ‘n irritasie vir die meerderheid landsburgers wat met hulle kruisies dit duidelik maak dat hulle hierdie tipe uitsprake van hulle leiers verwelkom.

Koek & tee met oud ANC leiers soos Mbeki is nutteloos, en kom neer op kalkoene wat tydens Kersseisoen met die slagter probeer onderhandel vir beter lewensomstadighede.

Armand ·

Alhoewel ek dink baie Afrikaners sal saam stem met jou, is dit makliker gesê as gedaan. Eerstens vir selfbehoud is land een van die belangrikste probleme. Hiermee bedoel ek dat as ons as Afrikaners onsself wil regeer gaan ons fisies land kort om dit te doen, en boonop land wat nie gaan val onder die huidige wetgewing van Suid Afrika nie. Selfs ‘n projek soos die Orania beweging loop die risiko dat die regering hulle grond en bates kan onteien.

Keith ·

It is easy to remove someone from the bush, but not easy to remove the bush from someone.

Leon ·

Die eintlike rassiste is die Swart Politici in Suid-Afrika (Afrika) – dit is hulle wat die Witmense wil verjaag, geweld aanhits, volksmoord aanhits en so gaan die lys aan. Die Witmense in Suid-Afrika het aanbeweeg net soos ons gedoen het na die laaste Boereoorlog, en net so na Republiekwording…die Swart Politici in Suid-Afrika is verknog aan die verlede want dit gee hulle ‘n bestaansreg – daarsonder is hulle nutteloos en kan geen waarde tot die land voeg nie.

ES ·

Ag nee wat, dis so goed jy redeneer met ‘n muur. Hulle het klaar hul besluit gemaak en as die grondvoorlegging enigsins ‘n verskil sou maak, sou ons regering ‘n manier gevind het om dit onwettig te verklaar.

Nou gebruik hulle die apartheid regime as verskoning en hul gaan in elkgeval die grond vat, maak nie sak wie wat se nie.

Hulle moet nou maar die grond vat en Zim Nr. 2 word. Oor ‘n 100 jaar van nou af, as die hele Afrika kripeer sonder kos of infrastruktuur, sal dit nogsteeds apartheid se skuld wees.

Daar is nie salf te smeer nie.

Jr ·

Hoekom praat ons met die coca cola bottels praat of die cANCer society. Hulle gaan doen wat hulle wil. Take my property and you need to go through me

gpsa ·

Jammer om te se Jeff, maar vra enige Zim boer, dis nie baie moeilik vir hulle om te vat nie. Nie veel wat enkeles teen ‘n massa kan doen nie. Massas wat opdaag, dan is dit nog die polisie mag en weermag teen mens, wat is daar om te doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.