Hoogste hof beslis pakslae tuis bly onwettig

Konstitusionele hof van Suid-Afrika (Foto: Stefan Schäfer, Lich – eie werk,via Wikemedia Commons)

Die Konstitusionele Hof het Woensdag bevestig dat lyfstraf in private huishoudings onwettig is.

Die regters van die Konstitusionele Hof het in ʼn meerderheidsuitspraak bevind dat aangesien kinders steeds doeltreffend gedissiplineer kan word sonder om matige en redelike tugtiging te gebruik, daar minder beperkende middele is om dissipline te bewerkstellig.

Die regters het bevind gemenereg-verdediging van redelike en matige tugtiging deur ouers is strydig met die bepalings van die Grondwet.

Die Konstitusionele Hof het in November verlede jaar ʼn aansoek deur Vryheid tot Godsdiens in Suid-Afrika (FOR SA) aangehoor waarin versoek is dat ʼn hooggeregshofuitspraak van 2017 waarin beslis is dat lyfstraf in private huishoudings onwettig is, ter syde gestel word.

Maroela Media het vroeër berig die hooggeregshof se uitspraak is gelewer in ʼn saak teen ʼn Moslem-pa wat sy seun tuis geslaan het omdat hy na bewering na pornografie gekyk het. Die man is skuldig bevind op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy het appèl aangeteken teen die skuldigbevinding en die kwessie van “redelike tugtiging” van ʼn kind by die huis het tydens die appèl onder die vergrootglas gekom.

Regter Raylene Keightley het egter bevind “die gemenereg-verdediging van redelike tugtiging is ongrondwetlik en is nie meer van toepassing in ons wetgewing nie”. Keightley het in die hofuitspraak gesê lyfstraf is nie net onwettig in skole en private huishoudings nie, maar kan ook nie op grond van geloofsoortuiging geregverdig word nie.

Daniela Ellerbeck, regsverteenwoordiger vir FOR SA, het vroeër gesê die hooggeregshofuitspraak  “sal misdadigers maak van goedbedoelende ouers wat lief is vir hul kinders en net die beste vir hulle wil hê”.

Ellerbeck het gesê die hooggeregshofuitspraak het in wese tot gevolg gehad dat indien ʼn ouer hul kind net ʼn ligte klap op die gewrig gee, die ouer in hegtenis geneem, vervolg en skuldig bevind kan word.

“Behalwe dat die ouer ʼn lewenslange kriminele rekord sal hê vir die mishandeling van sy eie kinders, sal die kinders uit die ouerhuis verwyder word oor ʼn nietige, onskadelike klap. ʼn Mens kan jou net indink watter skade dit aan families in Suid-Afrika sal doen,” het sy verduidelik.

Volgens Ellerbeck is FOR SA ten sterkste gekant teen enige vorm van geweld teen kinders, maar moet daar ʼn duidelike onderskeid getref word tussen geweld en mishandeling, en ligte, onskadelike lyfstraf. “Vir miljoene Suid-Afrikaners wat glo dat die heilige teks lyfstraf toelaat – indien nie selfs voorskryf nie – is fisieke tugtiging van hul kinders, waar nodig, in die beste belang van hul kinders.”

Regter Keightley het verlede jaar in haar uitspraak beklemtoon dat die doel nie is om ouers van ʼn misdaad aan te kla nie, maar eerder om hulle te lei om meer positiewe en doeltreffende maniere te vind om hul kinders te dissiplineer. Ellerbeck meen egter ouers het méér ouerskap-hulpmiddels nodig om hul kinders groot te maak, nie minder nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

219 Kommentare

[email protected] ·

Die WOORD sê tugtig jou kind as jy hom liefhet. Ek het my kinders baie lief en wil ‘n ewigheid saam met hulle spandeer. Ek slaan nie gereeld, maar as dit gebeur, onthou hulle die lesse baie duideliker!! Dis omdat daar so baie gepraat en gedreig word en so min gedoen word dat ons kinders hand-uit ruk.

Zelly ·

Die dat ons jeug “van die pad af” is. Hul word nie getugtig. Kinders beheer hul ouers. Baie bekommerd oor die nuwe slegte generasie….

B ·

Ek het ander maniere hoe om my kinders te diciplin en n pakslae is my laste keuse is nie dat ek net die deur oopmaak as ek by die huis kom en my kinders slaan

thinus erasmus ·

Vergeet van die geskiedenis, Bybel, Koran of gemene reg, kyk na ons samelewing vandag, en sien en ervaar hoe ons “wonderlikste grondwet ter wêreld” ons land verander in ń misdaad paradys! En om te dink sommige van ons dra dit op hul gewete……..
Maar na ja, ons is nog nie by die punt waar almal dit erken nie.
Gelukkig is daar wetenskaplikes wat beweer die volgende massa uitwissing van lewe op aarde sal oor tien jaar begin.

Koos vd Merwe ·

As kind was dit nie vir n pak slae was ek vandag ñ houbou in die straat.

Manie ·

Moet asb nie die bybel gebruik om lyfstraf teen n kind te reverdig nie. Dit is dieselfde god wat opdrag gegee het dat duisende mense , diere, kinders ingesluit , uitgewis en vermoor was.Geen ouer het die reg om sy kind te slaan nie, daar is baie beter maniere om tug toe te pas.

Estelle van Wyk ·

Niks fout met n goeie pak slae wanneer n kind stout is nie.
Ek praat nie van aanranding nie.
Hoekom het ons n sitvlak?
Kyk net hoe gaan dit deesdae in die skole vandat lyfstraf nie meer toegepas word nie.
Dankie aan my wonderlike ouers wat my getug het toe dit nodig was.

Christelee ·

Ek stem glad nie saam nie. Die bybel sê tugtig jou kind ander laat die kind die moeder in die steek. Ek en my broer was getugtig met n belt, n houtlepel ens maar nooit het my ouers ons blou geslaan nie en ons is vandag mooi opgevoed! Omdat daar nou ander ouers is wat hulle kinders rerig nou blou slaan en mishandel nou mag ons wat net n 1 klap gee nou mag ons nie eers raak aan ons kinders nie????

Concerned citizen ·

Ek wil net se dat die wat die Bybel app op hulle foon het kan gerus gaan kyk na verskillende vertalings van die Bybek in ander tale nie een keer noem dit in die Bybel dat jy jou kind moet slaan nie moenie verkeerd verstaan nie ek is glad nie teen n pakslae vir n kind wat dit regtig nodig het nie ek dink net mense moet biekie mooi gaan kyk voor hulle iets quote dis net die afrikaanse vertaling wat die woord slaan gebruik en tugtig is net n ander woord vir dissiplineer wat jou definisie van dissiplineer is hang van jouself af!

Gert ·

Die uitspraak wys ook uit dat die stelsel inmeng in wat in die privaatheid van jou eie huis gebeur (waar daar nie gemeenregtelike misdaad ter sprake is nie).

Die probleem is met die grondwet self.

Frik ·

Die probleem le vir seker met die grodwet, en ook met die regters. Ek het ‘n probleem daarmee dat Mogoeng Mogoeng homself ‘n Christen noem en dan sulke uitsprake maak. Niks nuuts nie. Vrot regtrers kan regdeur geskiedenis gesien word. Die Bybel het ‘n goeie paar voorbeelde van hulle.

Stelling ·

Ek stem volkome saam met jou Gert. Grondwet of nie, ek alleen is verantwoordelikheid vir my kinders, ek was so groot gemaak en so sal hulle ook.

Koos G ·

Die pak mag netnie in die privaatheid van die huis gegee word nie. Enige plek anders lyk my is in die haak.

Stukkende boude ·

Hoe weet hulle jy gee jou kind pakslae? Want as my seun weet wat goed is vir hom en hy praat uit die huis uit kry hy nog een.

Buigdieboompie ·

Reken ek sal dan maar krimineel word om te keer dat my kinders deel word van die gemors wat in die land aan die gang is. Sal van hulle opregte goeie mense maak soos my pa met my gesoen het. Pakslae ops y tyd nog net goed gedoen.

Stan ·

Jy mag jou kind nie slaan nie maar wel doodskiet! My gewese swaer is skuldig aan moord op sy seun (Coert Kruger) bevind en net met ‘n waarskuwing uit die hof gestap. Hy moet net weet vir wie moet jy wat betaal .

Bossie Bosman ·

Wat gaan van die wêreld word as ń pakslae weg gevat word, daar is geen dissipline meer op skool en hoe gaan die kinders geleer word van wat is reg en wat is verkeerd.

GEBROKE MAMMA ·

My kindjie is uit n’ baie gelukkige, liefdevolle familie huis met struktuur weggevat sonder enige bewyse of ondersoeke deur dat daar net BEWEER was (deur die biologiese ‘ander ouer’) dat hy al pak gekry het… dis hel vir ons…elke dag…ons is stukkend :(

Kabous ·

Regter Keightley is die kluts kwyt. Die Woord sê in die eindtyd sal wat altyd reg was, verkeerd wees, en wat altyd verkeerd was, reg wees. Die profesie is vervul… eienaardige wêreld waarin ons leef – danksy progressiewe liberalisme.

Estelle van Wyk ·

Niks fout met n goeie pak slae wanneer n kind stout is nie.
Ek praat nie van aanranding nie.
Hoekom het ons n sitvlak?
Kyk net hoe gaan dit deesdae in die skole vandat lyfstraf nie meer toegepas word nie.
Dankie aan my wonderlike ouers wat my getug het toe dit nodig was.

Outoppie ·

Kyk hoe vol is ons tronkke. Kinders wat nie pak gekry het nie

Liamari ·

So jy mag nie jou kind tugtig nie, maar jy mag ‘n kind doodmaak voor hy gebore word…

Anni ·

Stem saam jou Liamarie. Plaas maak hul dit wet teen aborsies, net omdat J ni kind wil hě ni. Jammer vir enige wet, geen een van ANC gan vir my sě Wat ek in my privaatheid mag en ni mag dun ni. Volgende is seker toilet reels!!!!!

Johan ·

Presies. Jy kon dit nie beter gestel het. Siek en belaglike samelewing waarin ons woon.

Mb ·

Ek stem met jou saam. Maar in die eind tyd sal wat reg is verkeerd wees en alles wat verkeerd is sal reg wees. Ons sien dit in so veel goed wat nou skierlik reg is wat in my kinderdae nie eens oor gepraat is nie, soos seksvoorligting vir laerskool kinders. Maar dit is seker reg met die grondwet. As jou kind in ń staatsskool is moet hy dit leer en jy het geen sê daaroor nie. Vir my grens dit aan verpligte verkragting. Hierdie kinders WIL nie hierdie soort nonsens op skool leer nie. Dit is vir hulle vernederend en afstootlik maar die staat ag dit noodsaaklik. Maar jy as ouer mag nie jou kind n pakslae gee nie!!!!!????

MJ ·

Jesaja 5:20: Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.

santie ·

Lyfstraf AF en TOE as heel laaste uitweg – in liefde gedoen, en die ouer ken sy perke, is goed. As as jy straf, moet die kind presies verstaan waarom. Hoeveel houe op die bas gaan kry. Hy moet vooraf saam met die ouers praat oor die oortreding en verduidelik dat jy hom/haar al op ander maniere probeer straf het en dit nie gehelp het nie. En hy moet nou vir jou sê wat hy sou doen as hy in jou posisie was? En glo my, die kind sal insien dat daar nou net een uitweg is. Later as hy klaar gehuil en kwaad was (gun hom dit), moet die kind verstaan dat jy baie lief is vir hom. Ongelukkig slaan party ouers wanneer hul kwaad is, en gaan hul te buite. Wat my betref is dit kindermishandeling. Sulke houe maak nie net letsels op jou lyf nie, maar maar diep letsels, en bitterheid in harte en siele van kinders. Ek was egter so bang vir lyfstaf soos die duiwel vir ‘n slypsteen. As my pa gesê het my ” pak loer vir my soos ‘n tier om ‘n bos” , het ek baie versigtige besluite geneem. Ek glo dit het my van baie dinge gered waaroor ek later spyt sou wees.

Gerhard ·

Wat kan ons se van ons land Suid-Afrika….Een groot grap vir die wereld….Gaan aan oor nonsens soos lyfstraf en vloek op strande plaas hul eerder ag le en klem slaan op al die moorde en verkragtings en roof in ons land…..Pakslae het nog nooit iemand skade gedoen nie…Dis hoekom vandag se kinders doen en se ne wat hulle wil vir hul ouers as wel ook ouer mense….Ek sal maak en se net wat ek wil weeee jy kan my niks maak nie…Watter lekker land leef ons nie in nie waar kriminele seevier en ons regering dit toelaat…Bring n Christen en regverdige as President dan kan dinge dalk verbeter….

Dolf ·

Gerhard, jy moet maar in SA bly. Ander lande is baie streng wat betref ouerskap. Kinders word maklik in pleegsorg geplaas.

Suzette Geringer ·

Dit is werklik belaglik. ‘n Pak op sy tyd is die beste ding.
Dis deel van die probleem in hierdie land…

Estelle van Wyk ·

Die verhaal van Eli in die BYBEL bly my altyd by.
Hy het nooit sy kinders getugtig nie – en het sy nek gebreek.
Die BYBEL se as jy nie jou kinders tugtig nie het jy hulle nie lief nie!!!!!!

Gaps ·

Solank as wat ek vir my kind kos,klere,skool en dak oor sy kop gee sal hy pak kry. As die staat dit ni doen nie beter hulle stilbly. Goeie pakslae wanneer nodig is het nog nooit skade gedoen ni.

Mamma wat pakgee ·

Ek is die mamma van 2 seuntjies. 3 en 5 jaar oud. My seuntjies weet, mamma en pappa praat net 1 keer en dan kry hulle ‘n raps of 2, selfs soms tree die houtlepel in werking. Ons gee ons kinders baie min pak, want hulle weet al hoe dinge werk. Buig die boompie terwyl hul klein is. Daar is ‘n BAIE groot verskil tussen tug en mishandel. Ek het en sal nooit my seuntjies mishandel nie, maar ek maak hulle groot soos ek groot gemaak is en ek is vandag ‘n wel gebalanseerde, selfstandige volwassene met respek vir ander en ouer mense. Gaan nie dat ‘n grondwet vir my vertel hoe ek my kinders moet grootmaak nie. Gaan konsentreer eerder op die al die moord en dood in ons land!

Naomi ·

Leer die kinders ook om, wanneer hulle slae kry, nie polisie toe te hardloop nie. My kinders is groot, dank die Vader, want een moet net vir my se “jy mag my nie slaan nie.”
Glo my, dan is dit moord

Suzette ·

Stem saam met julle daar is te veel “gehoorsame ouers”. (Sommige) Kleuters, kinders en tieners weier eenvoudig om enige gesag te respekteer. Daar is n baie baie groot verskil tussen dissiplineer en mishandel. Dis hoekom kinders vandag vere voel om hulle ouers te mishandel en selfs dood te maak. Beslis kry tot my kleinkinders n raps of twee as hulle droogmaak. Daar is riglyne en dit is nodig om Klein mensies van Jongs af daardie riglyne te laat volg. As die oortjies toe is maak n plathand hulle vinnie oop.

JB ·

Die grondwet gaan nie weerspreek wat in die Bybel staan vir my nie. My kinders is onderskeidelik 10 en 13 jaar oud. Hulle het ook vir Moeg Gepraat goed geken. Altyd met respek, nooit voor mense. By n restaurant as praat nie help, vinnige draai in badkamer gaan maak. Mooi verduidelik hoekom en seker gemaak hulle verstaan. Dit was ook net n goeie boere pakslae, geen aanranding of jou woede op die kind uithaal ens. Vandag kry ons soveel mooi komplimente oor hulle maniere. Daar le verseker nog baie werk voor (tiener jare ens), maar die basis is gevorm. Buig die boompie van kleins af, dit is so waar.

mamma wat nie pakgee nie... ·

ek het ‘n 9 en 6 jarige… wat nog nooit pak gekry het nie…
Volgens friende en familie is hulle die bedagste, mees gedisiplineerde kinders wat hul teekom… en vra my gereeld hoe ek dit regkry?
Om kinders sonder geweld groot te maak is nie maklik nie, en om ‘n kind te slaan is nooit reg nie.
Ek stem saam met die uistpraak, leer jou kinders om respek vir mense te he, en gedisiplineerd te wees sonder geligde hande.
Ouers kan ander maniere leer om gesag in hul huise te he, pakslae is ‘n ‘cop-out’…

Nika ·

Anoniem ek stem saam, n goeie ‘3 van die beste’ soos my ma dit sou noem het nie my of my broers en susters skade gedoen nie. Inteendeel is ons vandag grootmense wat suksesvol is, respek toon vir almal en nie tyd het vir vandag se jong mense wat slapgat is nie. Generasies gaan agteruit want daar word ook nie meer selfrespek geleer nie. Ek wil sien hoe maak iemand kinders groot wat hulle nie mag slaan nie? Moet kinders dan in n hoekie gaan sit? Hoe leer jy kinders om jou as ouer te respekteer?

Waldo ·

Hele paar mense in die Parlement en by Zondo Kommissie het ook nooit pak gekry nie…

Kyk rondom jou... ·

Die enigste kind wat nooit pak gekry het in ons familie nie, is vandag nog selfstandig nie. Die res het darem al iets agter hulle name of krap hul eie potjie.

Jan ·

Anoniem, ek stem met jou saam. Ekself slaan nie my kinders nie, want ek het nie nodig om hulle tot so ‘n mate te straf nie. Ek is ‘n streng ouer. As kind is ek letterlik geslaan dat die bloed loop en dit is iets wat ek nou nog teen my pa hou.
Daar is beslis gevalle waar ‘n lekker ou pakslae die ding sal doen. Kinders lag vir jou in jou gesig as jy dreig om hulle selfone af te neem of televisie kyktyd te beperk.
Die meerderheid ouers slaan ‘n paar houe en dit is beslis nie mishandeling nie.

Besorgde Pa ·

Ek het nuus vir hulle, ek volg eers my geloof dan die wette van die land. Ek sal nie my kinders se ondergang wees, omdat ek nie my Bybelse plig na kom nie. As my kind ‘n klag wil lê, dan sal ek hom of haar afteken aan die staat sodat die hulle dan kan groot maak soos dit die staat en kind plesier.

Heinrich ·

Daar is so baie wette vandag maar met die human rights gemors is dit ongelukkig nie meer jou huis nie. Daar bestaan nie so iets soos privaat eiendom vir die publiek nie.

Dolf ·

Besorgde Pa, dit het wel in beskaafde lande gebreur. Die euwel van lyfstraf is gou beëindig. Dit sal hier ook gebeur.

Summie ·

Dis omdat sommiges vd hooggeplaasdes in die howe en regering hulle nie meer aan die Wet van God steur nie, die wat daar sulke belaglike besluite/wette gemaak word!
Spreuke 20:30 sê: ‘n Pak slae laat ‘n mens ophou kwaaddoen, dit laat jou selfs ophou dink aan kwaad. Nou ja, ek volg wat God se Woord sê, en daarvolgens word ons kinders grootgemaak en “getugtig” indien nodig.

GRAPJAS ·

hier kom n baie baie groot ramp aan.hoe kan een person so n besluit maak oor vele ma”s wat 9 maande aan elk van hul eie kids gedra het?dis n geval van…hierso eks klaar met my tydperk van 9 maande besluit jy dan regter hoe ek my kind moet grootmaak maar wwaaar was die regter vir daai 9 maande .is dit regverdig om so n besluit te maak namens al ons mammas

Heinrich ·

Die regter het nie die reg nie om so besluit te maak nie. Laat jou net wonder wie het die reg gegee as die pres. self nie die mag het nie. Dit laat my ook dink aan die vsa se regters en pres. wat almal katolieke is in n protestantse land

Koos ·

Met al die pakslae wat ek op skool en by die huis gekry het as ek aan gejaag het, het van my n beter mens gemaak. So ek glo aan die selfde vir my kinders. Buig die boompie terwyl hy jonk is het my pa altyd gesé

ramp ·

hier kom n baie baie groot ramp aan.hoe kan een person so n besluit maak oor vele ma”s wat 9 maande aan elk van hul eie kids gedra het?dis n geval van…hierso eks klaar met my tydperk van 9 maande besluit jy dan regter hoe ek my kind moet grootmaak maar wwaaar was die regter vir daai 9 maande .is dit regverdig om so n besluit te maak namens al ons mammas

Wielspore ·

Ek lees nou die ander dag ‘n berig van ouers in SA wat hul kleuter seun vir ‘n klein operasie na ‘n dag hospitaal toe geneem het. Die operasie is gedoen en die kind was in die hestelkamer aan die slaap, die pediater het die kind ondersoek en beslis dat die kind kan ontslaan word. Toe die ma die kind wil wakker maak sê die pediater dat hulle die kind moet los tot hy self wakker word anders is dit kindermishandeling.
Ons was 4 seuns in die huis en glo my as lyfstraf nie deel was van ons vormingsjare was daar nie orde in ons huis. Ten spyte van die lyfstraf is ek nog steeds baie lief vir my ouers.

Johan ·

MAW dit is nou onwettig in SA om ‘n Goddelike opdrag uit te voer? Gaan Christene dus nou vervolg word?

Elna ·

As gevolg van hierdie wet het dit veroorsaak dat baie mense gehoorsaame ouers moet wees vir hulle kinders en ek stem hoegenaamd glad nie saam met die wet nie. Ek kan egter nie verder uitbrei hoe ek voel oor die wet en watse skade hierdie wet in alle huishoudings implementeer nie. Hierdie wet moet ook dan van toepassing wees waar n kind verantwoordelikheid moet vat vir sy of haar eie dade en nie die ouers verantwoordelik te hou vir die skade of wat ook al wat die kind gedoen het nie. Dis my punt! Hoekom moet die ouers altyd die blaam kry vir n kind se opvoeding as ons as ouers geen regte het oor n kind se opvoeding nie? Danksy hierdie wet wat kinders is wat hulle wil wees en nie wat hulle moet wees nie.

Anoniem ·

Tronke is alklaar so vol…. plaas warry hulle oor moordenaars en verkragters wat nie gevang word nie. Of dalk is dit te moeilik…. makliker om n ouer te vang wat dissipline toepas… dan lyk die beamptes bietjie besig

Magda ·

en kyk waar het dit ons gebring, n PAK op sy tyd kan net goed doen – Geen doodslaan nie – Net n PAK op sy tyd. Die WET MOET verander word.

Rika ·

Dit is werkik belaglik, ek is ook grootgemaak met n goeie pakslae op sy tyd en daars niks fout met my nie. Wanneer jy jou kind n pakslae gee, is dit presies dit, n pakslae op die boude, nie aanranding en mishandeling nie.Ek weet daar is perke wanneer mens jou kind n pakslae gee, maar daars n verskil tussen pakslae gee om dissipline te leer en om jou kind halfdood te slaan en aan te rand.
Verpligte diensplig en goeie pakslae moet terugkom, die land is in sy m@&r in omdat ouers niks meer mag doen nie, jy mag nie jou boompies meer buig terwyl hul klein is nie, maar dan sit jy en moet jou oë uithuil wanneer daardie kind grootword en n misdadiger of washout word. Dit is sommer nonsens die.

Emor ·

Omdat een idioot sy kind doodslaan word ‘n hele nasie gestraf. My logika sê: spare the rod and spoil the child. Graad een kinders is al so arrogant dat hul ruiterlik vir jou sê: I am afraid of no one, call my father or the principal, I don’t care. ‘n Ordentlike pakslae (nie doodslaan nie) het hierdie lelike houding laaankal laat verdwyn. Hierdie kinders vrees niks, want hul weet hul is untouchable. ‘n Paar house op die sitvlak is broodnodig.

sakkie ·

my ma het gese: ‘n pak op sy tyd is soos brood en konfyt

Klip inni Bos ·

Ek is verheug! Baie ouers ken nie hulle perke nie. Hulle slaan uit woede en rig meer skade as goed. As dit teen die wet is om jou vrou te slaan hoeveel te meer n kind. As ouers die moeite en geduld toon sal hulle gou hulle kinders van kleins af blootstel aan ander straf metodes wat baie effektief is maar nie letsels sal los op hulle lyfies en siele nie. Gaan lees op en lig julsef in.

CN ·

Klip inni Bos. Ek stem – almal wil skree die Bybel se dit en die Bybel se dat – ek twyfel of een van hulle die Bybel 100% volg in BAIE ander opsigte. My 4 kinders het nog nooit pak gekry nie, en glo my, baie mense het al vertel hoe goed gemanierd & oulik hulle is! Ek het self baie pak gekry as kind, partykeer goed verdiend, ander kere meer oor ma/pa wat in slegte bui was, sal nooit maar nooit dit aan my kinders doen nie!

Nika ·

Het jy kinders? Wil graag al jou metodes hoor van hoe om n kind wat jou vloek, (let wel dis woorde en maniere wat by die kleuterskool geleer word) ander kinders slaan en selfs die ouers slaan te dissiplineer?

rerig ·

klip in die bos, rerig! dit klink belaglik erger nog as wat die hof nou gese het!!
jy sal maar gou gou vir jou n tehuis vir kinders wat uit die huise gegooi word moet open want daar gaan baie buite op die straat gegooi word dalk wat nie hul ouers wil gehoorsaam wees. kry vir JOU MET Plesier!

jean ·

Ons soek daarna en kry dit met die belhamels en tikkoppe wat die strate oorneem.

Niemand sal aan my vertel wat ek mag en nie mag in my eie huis!

Stof ·

Sodra menslike “gesag” die outoriteit wat bloot aan hulle geleen is vir ‘n bepaalde doel en tyd, teen die Gewer daarvan probeer gebruik, verval die gedegeerde gesag. Enige uitsprake wat daarna gemaak word in die ilusie dat die gesag nog staan, is dan suiwer Godslaster. Daar is sekerlik ‘n baie spesiale ewige sambok, vir diegene wat hierdie uitdagende uitsprake dan steeds nog pleeg.

Daai man ·

Ek het gereeld pakslae gekry as ‘n kind en is vandag ‘n baie voorbeeldige buger. Vra maar my paroolbeampte

EKKE ·

Geen wonder dat die kinders nie meer respek het vir die onderwysers nie, en dat daar geen dissipline meer in die skole en by die huis is nie.

Sjoe ·

Tot diere tugtig stouterds om hul op die regte pad te hou…….sonder om hulle dood te byt. Bobbejane sal knyp, honde sal ‘n ligte byt gee, olifante gebruik slurp.
Kleintjie toets die grense totdat hulle voel. Soms is dit net eenvoudig nodig.

jennefer ·

Stem” the proof is in the pudding”
Vandag se jeug is onhebbelik

Martin ·

Ek is bevrees ek is op vir doodstaf vir die pakslae wat ek eendag my kind gegee het.

Kallie ·

Deesdae is dit dieselde. Jy sal in die tronk beland vir beide.

Janien ·

Dit is omdat almal so bang en wets gehoorsaam is. Jy mag nie dit doen nie en jy mag nie dat doen nie al is dit hoe belaglik. Ons word beheer en niemand kom dit agter nie, nie mand bevraagteken dit nie. Hoekom moet ons kinders snert op skool geleer word?? Hoekom laat ons dit toe? Hoekom moet ons altyd net alles aanvaar. …….

JB ·

Baie belangrike punt Janien. Ek wonder self hoekom als net so aanvaar word. Wanneer gaan ons wakker skrik? Dalk bang om een of ander byvoeglike naamwoord genoem te word? So what. Ons was en is n trotse volk, tyd om rug styf te maak voor dit heeltemal te laat is.

cashier ·

Ek sal my kind tigtig as hy verkeerd opgetree het sal hom tigtig by die skool waar hy die skool reels oortree het die daad is daar gepleeg nie by die huis nie geen wet sal my keer om my kind te desplineer nie ja Pa nee Pa Jammer Pa nie jy of jou nie klaar dan moet hulle my maar hang maar ek sal my kind groot maak soos die Woord van God ons leer biug die boompie terwyl hy jongk is want n boom kan jy nie meer biug nie dan is die koel deer die kerk

Elna ·

Hierdie wet moet hersien en verander word met n baie groot spoed! Daars n verskil tussen pak gee en mishandeling. Ouers moet ook aandring op regte!. Watse regte het n ouer? Wat se die wet daarvan?

Regs! ·

Hierdie regter kan gaan vlieg na ‘n warm plek toe. Ek sal my nie laat voorskryf deur ‘n godelose sisteem nie. My God gee opdrag dat ek my kind moet tugtig met ‘n pakslae indien dit nodig is. Ek sal gehoorsaam wees aan my God.

Dis Ek ·

Dink net hoe groot die tronke NOU gemaak moet word !!
Ouers wat nou hulle kinders tug, sal tronk straf kry, en net paar jaar later gaan die kinders OOK moet tronke toe vir kriminele dade………. klink soos n wen-wen oplossing vir ons roekelose onkundige, moetswillige regering.

Tanya ·

Luister en luiter nou mooi. Ek hrt hulle gemaak ek gee wat my kinders nodig het of dit kos is wat hulle natuurlik kry of slaai sal ek gee. Geen wonder dat julle kinders is wat hulle is wat julle wil nie die kinders maniere leer nie. BUIV DIE BOOMPIE TERWYL HY KLEIN IS.

se maar ook net ·

My huis My reels! Niemand se my niks dis hoekom vandag se kinders so hand uit ruk niks fout met ‘n goeie pakslae af en toe nie!

Dries ·

Die grondwethof is nie die hoogste hof nie, die hoogste regspraak is die van die Groot Regter , ons Here en Hy se ons moet ons kinders tugtig as ons hulle lief het

Nee tog konstitutionele hof ·

Dit is nou so wragtiewaar belaglik. Ek en my jonger sussie was baie lief vir kuier en as my ma gevoel het dit was te lank moes ons eers skoene uittrek en dan het die voete gebrand en dan was dit die boude. Volgende gaan dit wees dat jy nie vir jou kinders kos mag maak wat hulle nie wil eet nie.

Jaco ·

Indien jy jou kinders ‘n goeie opvoeding bied, kan jy jou kleinkinders bederf. Maar bederf jou kinders in die afgrond in, dan gaan jy jou kleinkinders moet opvoed!!!

Olga ·

Ek stem 100% saam. Dis ons grondwetlike reg om ons godsdien vry uit te oefen en om ons kinders volgens ons Hoogste Gesag (God) groot te maak.

Renee ·

Julle bly inmeng met ons kinders. Betaal dan onderhoud. Mense ons moet uit hierdie land regtig is die ergste in die wêreld nou

Waarheen ·

Dis lankal onwettig in meeste eerste wereld lande so waarheen wil jy gaan?

Kiskar ·

25 jaar gelede is die rottang uit die skole verwyder. Gevolglik het die land nou ‘n generasie grootgemaak sonder dissipline. Kyk hoe gaan die jongmense in ons land te kere. Ons maai nou wat ons 25 jaar gelede gesaai het…

Koos ·

Regering en ons howe is verskriklik slim as dit by ‘ander probleme’ as hul taak van regeer en wet en orde toepas kom!!!

Skenk eerder aandag aan die sake waarvoor julle deur die stemgeregtigdes daar gestel is en kry die onbeheerste geweld wat in ons land heers onder beheer, die ekonomie aan die gang en kry openlike korrupte aksies wat steeds maar net voort duur, finaal gestop.

Met dit alles in plek, sal regering en howe ook dalk ‘n hengse pakslae vryspring in die tyd wat voorlê.

Ann ·

Dis die grootste klomp nonsens wat ek in ñ lang tyd gehoor het. My kinders het maniere en respek vir grootmense, en dis uitsluitlik omdat hulle op die regte tyd pak gekry het.

GM ·

@ klip ini bos – daar is ‘n groot verskil tussen ‘n man wat sy vrou met ‘n vuis bydam en ‘n ma/pa wat ‘n kind ‘n hou op die boud gee.

Die wet gaan nie maak dat die ouers wat hul kinders aanrand, eweskielik gaan ophou nie. Dáárdie soort gaan nog wegkom met als, en die ouers wat een sagte hou op die boud gegee het, gaan in die tronke gestop word.

As hulle wil kom voorskryf hoe ons ons kinders moet grootmaak, moet hul maar begin om die kostes van als te dra ook.

Ja nee ·

Kyk net na regering as n voorbeeld. Daar is geen vervolging nie. Dit is waarnatoe ons beweeg met hierdie absurde wette. WETTELOOSHEID.

JohanL ·

En dit geagte Regstelsel is die rede hoekom:
– kinders onbeskof en arrogant en ongemanierd grootword
– kinders haal dit dan in skole uit op onderwysers
– dit lei tot “wettelose” omgewing waarin onderwys ‘n uitdaging geword het (en menige onderwysers bedank)
– hierdie wetteloosheid spoel oor na die kind se grootmens jare
– so word ‘n wettelose jongmens gekweek wat geen respek het vir reels en regulasies nie en ook nie ander mense nie (stakings, brandstigting as ontevrede is oor iets, ens)

Die netto resultaat – ‘n land wat in ‘n toestand is soos ons land tans is. So maw BAIE DANKIE aan die regstelsel.

Terloops, ek sal my kind in my huis steeds ‘n pak slae gee as dit nodig is. Ek het beheersde pak slae gekry as kind en dit het my NIKS sielkundige skade berokken nie.
Daai storie is sommer snert en bog.

Stormjaers ·

Wat as die kind jou begin slaan skop vloek as jy vra dat die kind sy skoolwerk moet doen.

Amelia ·

Dit se net dat dai kind al lankal gelooi moes word. Geen respek gee n land waar kinders regeer.

n feit ·

My jongste het dai kaart met my gespeel. Ek het vir haar gese voor sy haar pak slae gaan kry moet sy gou haar tas pak. As sy klaar is en alles het, dan gaan ek haar goed wetter, daarna vat ek haar tas, met haar lyf wat oorgebly het en gaan laai haar by die polisiestrasie af en gee my oor. Dan kan sy maar by ouers gaan bly waar sy gelukkig is en kan doen wat sy wil en dalk nog in ons land se powere pleegsorg, gaan verkrag word. Sy het vinnig haar houding verander. Vandag is ek trots op my kinders se maniere en weet ek as hul onopgevoed voorkom, is dit regtig nie my skuld nie.

KMP Park ·

Nou ja, as die hof die pa wil wees – stuur my die maintenance tjekkie sommer elke maand sommer gou gou. So lank my geld sorg is dit my reels finish en klaar.

Stefaans ·

Pakslae op die regte tyd het nog nooit enige skade gedoen nie. Die sogenaamde “HUMAN RIGHTS” lei tot die verval van die mensdom……

ES ·

Ek verstaan glad nie hoe maak die howe hierdie besluit nie??

Die hof promulgeer wette volgens wat aanvaarbaar is vir die meerderheid van die mense in die land – meeste mense stem nie hiermee saam nie. Daar is ‘n baie groot verskil tussen tugtig en mishandel – die lyn is nie fyn nie, daar is ‘n helse verskil!

Hierdie land is in sy mikkie nie – die konstitusie word links en regs verander soos dit die regering pas en die staat bly nie onafhanklik soos wat hul behoort te wees nie…

Kyk nou hoe verval hierdie land verder en erger in totale chaos…

ryan ·

En dit… liewe vriende…. is grootliks hoekom die land in die toestand is waarin hy is.. Dink daaroor..

marous ·

As kinders nie wil luister nie , gaan laai hulle by die polisie stasie af en gee die regter se nommer vir hulle . Punt

Cindy ·

Vir al die mense hier bo wat se die Bybel se – die Bybel se ook:
Romeine 13:1-7 1Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God. 2Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die ordening van God; en wie in opstand kom, sal sy verdiende straf kry. 3’n Mens hoef nie vir die owerhede bang te wees as jy goed doen nie, maar wel as jy kwaad doen. Wil jy sonder vrees vir die owerheid lewe? Doen dan wat goed is, en die owerheid sal jou prys, 4want die owerheid is ‘n dienaar van God tot jou beswil. Maar as jy kwaad doen, het jy rede om bang te wees, want die owerheid het nie verniet die reg om te straf nie. Hy is immers ook hierin die dienaar van God dat hy die kwaaddoener moet straf. 5Daarom moet jy jou onderwerp, nie net omdat jy vir straf bang is nie, maar ook omdat dit ‘n gewetensaak is.
6Dit is ook waarom julle belasting betaal, want die owerhede is dienaars van God en hulle is besig om hulle opdrag uit te voer. 7Gee dus aan almal wat hulle toekom: belasting as dit belasting is, aksyns as dit aksyns is, ontsag as dit ontsag is, eer as dit eer is.

Anoniem ·

Jammer maar ek stem nie met jou saam nie. Hierdie gesag is nie deur God aangestel nie dit is deur die mens aangestel. Ek voel eerder soos n Israeliet wat onder beheer van die Egiptenaar is soos wat dit vir hulle gevoel het in die bybelse tyd en glo ook dan dat God n Leier sal aanstel wat sy volk onder die balingskap van die Egiptenaar gaan kom uit lei.

Anoniem ·

@Cindy.Stem nie saam. Hierdie owerheid is nie aangestel deur God nie. Hierdie is n menslikke aanstelling. Heidiglik is ons gevangenis van die ANC want net soos die Israeliete gevangenis was van die Egiptenaars. Ons word onder dwang wette geplaas wat vir hulle pas sodat die heerser van die wereld wat hulle aangestel het as owerheid oor ons beheer kan kry deur die opstandigheid van ons kinders. Gaan lees daar staan ook geskrywe dat die pa teun die seun en die moeder teen die dogter sal wees. Gaan doen navorsing dan sal jy sien wie dien die presidente van lande en deur wie word hulle aangestel. Die mense wat in beheer is, is dieselfde mense wat die new world order wil inbring en dit is besig om nou vinnig te gebeur. Satan enn derde van die sy engele is op die aarde uitgewerp en nou kom daar verskillende organisasies wat onder sy beheer is wat die wereld wil regeer. Ek troos my dat ek wel n Redder het wat die dag gaan kom om ons te kom haal en daar n slagting sal plaas vind dat die perde tot by hul stange in die bloed sal loop.

Willie ·

Dit gebeur wanneer God se geregtigheid nou menseregte geword het.

Douvoordag ·

Jy moet God meer gehoorsaam wees as die mens, dit was tog altyd duidelik. As die mens begin regeer waar God regte aan byvoorbeeld ouers in gesinne gegee het dan gaan jy as regering jou boekie te buite.

Oop Oge ·

Hierdie skrifgedeelte het niks met morele wette of Goddelike beginsels te doen nie.

Die Woord kan homself nie weerspreek nie… Gee God wat Hom toekom..

Opvoeding is n Goddelike plig en geen mens kan dit wil verander nie….

Db ·

Danien. Ek stem nie saam met jou dat hierdie regering deur God aangestel is nie. Nêrens lees mens dat God saam met satan hand aan hand loop nie. Dit is satan se regering wat ons nou wil kom breinspoel. As jy hierdie snert glo – goed vir jou. Ek sal net vir ‘n regering opkom wat Goddelike begrippe aan die dag lê en nie ‘n bespotting van God maak nie

Rasper ·

My dogtertjie kry nooit slae nie. Sy het dit nie nodig nie. As ‘n mens met haar raas, dan is dit so goed soos ‘n pak slae. Maar my laaitie is ‘n ander storie….. Daar is wragtig net een ding wat werk. ‘n Mens slaan nie omdat jy wil nie. Dit is van die slegste dinge in die lewe om te doen. My hart is elke keer aan skerwe. In elkgeval is dit op die boud. Ek kry ouers, en onderwysers baie jammer om ‘n geslag te onderrig en groot te maak, wat kan doen wat hulle wil, sonder enige gevolge….

Lewies ·

My boude het gebrand en net so sal my kinders sin brand. My huis my reels en klaar.

Heinrich ·

Daar is so baie wette vandag maar met die human rights gemors is dit ongelukkig nie meer jou huis nie. Daar beataan nie so iets soos privaat eiendom vir die publiek nie.

John ·

… beteken tugtig noodwendig fisies aantas? Fisiese pyn en geestelike/emosionele pyn is twee verskillende dinge. Hoe kwaad mag ‘n ouer word? Wat sou redes wees om ‘n kind ~ en kinders se ouderdomme wissel van kleuters tot 16 jaar ~ so af te ransel dat blou strepe op die rug en agterstewe vir dae lè? Natuurlik kan ander gruwelike metodes ook aangewend word indien ‘n ouer wreedaardig wil wees. Opvoeding is nie om geen belangstellng in jou kind se welstand te hè nie, maar sou hy 1 minuut na die voorgeskrewe tyd tuis opdaag, 10 van die beste sy voor- en agterland te maak. Ons land se probleme sal net verbeter as ouers eers opgevoed word en hul verantwoordelikheid aanvaar… Bybel in die hand,

Douvoordag ·

Tipiese “worst case scenario” psigobabbel. Natuurlik mag geen ouer hom of haarself te buite gaan op ‘n kind nie. Duidelik jy het nie ‘n nosie van hoe die Bybel, wat jy so ewe noem, oor hierdie sake praat nie.

WESKUS NOOI ·

Ek hoop van harte die regering se wiel draai verder en vinniger teen hulle!

Wat jy saai, gaan jy maai, en die oes op die land, lyk maar vrot!

Ek slaan nie sommer my kinders nie, maar hulle weet, in ernstige gevalle van stout wees, gaan daar gevolge wees.

Ons straf deur TV, skerm tyd ens weg te neem. My man laat hulle kyk hoe hulle maats buite speel (bv as hy hulle hok), maar hulle mag nie saam speel nie, na ‘n dag kom vra hulle self vir ‘n pak slae!

Die Bybel noem ook dat ‘n pak slae ‘n kind se lewe kan red!

Dalk moet die regering en die in konstitusionele hof ‘n slag vir Spreuke lees?

Wat sê ons hoofregter dan nou???

Martin ·

Ek sal my kind n pakslae wanneer ek dit nodig ag. Geen hof het die reg om in my kind se opvoeding in te meng nie.

Sandra ·

Wat in my huis gebeur is my saak. Ek en ek alleen is verantwoordelik vir my kind se gedrag teenoor haar meerderes. Waar Leer sy dit? By die huis. Goeie drag slae jet niemand nog kwaad gedoen nie.

Bridget ·

Ganade tog die land is in so groot gemors korrupsie diefstal moord op weerlose mense vat jare om sake op te los nou kom hulle met hierdie snert ‘n pakslae op die regte tyd niks mee fout nie

Annie ·

Waar kom hulle aan die nonsens?!
Kyk dis nie dat ek my kind mishandel en halfdood slaan nie, maar ek is grootgemaak in ‘n huis waar pakslae uitgedeel is as jy stout was en dis presies hoe ek my kinders sal grootmaak, daar is niemand wat my gaan vertel dat ek nie mag nie. Die Woord se ook dat jy jou kinders moet tugtig omdat jy hulle lief het. Ek slaan nie my kinders dat daar merke is nie en glo ook dat hulle boude gekry het daarvoor, maar om pakslae weg te vat gaan niemand nerens bring nie, want dan gaan daar eers nie dissipline toegepas word deur kinders nie. Ek is baie dankbaar vir die pakslae wat ek as kind gekry het want dit het my geleer wat ek vandag weet.

Ja swaer ·

So meng die sg konstitisionele hof in in mens se privaat huishouding. Belaglik. Hulle het nou die rol van God oorgeneem in hierdie land. Mens mag nie meer jou eie reels maak nie die konst hof maak dit. Niemand se slaan n kind halfdood nie, daar is niks verkeerd met redelike en goedbedoelde bona fide lyfstraf as tugtiging nie. Dis dieselfde hof wat nou vir kerke voorskryf wat hule mag glo en wat nie, en wat in die Bybel verkeerd is in hulle oe. En dit alles gegrond op n stuk papier wat mense geskryf het en vertolk word deur ‘n klomp politieke aanstellings wat hulle regters noem

Patch ·

‘n Vriend se seun het eendag vir hom gesê hy gaan die polisie bel as hy hom pak gee. Sy antwoord; dis reg bel die polisie, hulle sal my toesluit, jou ma toesluit, jou in ‘n kinderhuis plaas en dan sien ons wat word van jou. Nodeloos om te sê, hy het sy pakslae gevat en nooit weer sy pa of ma met die polisie gedreig nie. ‘n Goeie pakslae op die regte tyd het nog nooit enige iemand kwaad gedoen nie…wel geleer om nie kwaad te doen nie.

Josua Keys ·

Die ANC hof se wette is nie my wette nie daar is net een wet wat ek my familie en vriende gehoorsaam en dit is die allerhoogste en enigste wet wat ooit neergelê was, dit is in die enigste wetboek wat geskryf was vir gister vandag en die toekoms en die enigste wet wat die wereld kan versoen en dit is DIE WOORD VAN GOD my BYBEL!!!!!! Ja mishandeling gebeur wel maar daar is ‘n duidelike verskil tussen ‘n goeie pakslae en mishandeling dit is duidelik dat die ANC se hoogste hof dit nie besef of wil besef nie en die regter wat die uitspraak gelewer het weereens die ANC gehoorsaam en nie God se opdrag nie.

Theo ·

Dit is hoekom dit gaan soos wat dit gaan.Gaan kyk wat in die skole aan die gang is.Die klomp weet julle kan doen wat julle wil.Niemand kan iets aan julle doen nie.

? ·

So die Hof se Uitspraak is dus Hoër as die Skrif ons voorskryf as ouers om te doen teenoor die wat ons lief het en reg wil groot maak…

Ń Goeie pakslae op die regte tyd bir die verkeerde gedrag het nog niemand sleg laat uit draai nie.

Die wat tot in die afgrond in bederf word gee die samelewing ń baie harde tyd.

As die hof so beslis dan moet dit maar ons subsidieer aodat ons ons kindrs kan opboed op hul onkoste …

Nettie ·

@ ? – in hierdie land tel menseregte en kinderregte (dus: hofuitsprake in hierdie verband) ver meer as die Skrif. Sommige regters, sal ek so ver gaan om te sê, GLO nie eens in ‘n Hoër Hand of Hoër Gesag nie; waarom sal hulle dus dit wat die Skrif aanbeveel, toepas?

Petrus ·

Nettie, ons leef in ‘n sekulêre land. Gaan woon in Saudi Arabië of Aghanistan en dan sal jy bly wees dit is so.

SoosDitIs ·

Ek vind dit verskriklik vreemd dat die kindermishandelings en moord op kinders so erg toegeneem het vandat die wet aan ons gestel is.
Hierdie mense wat voel dis verkeerd om jou kinders pak te gee het heel duidelik nie kinders nie. Of hulle worry net eenvoudig nie oor maniere en die toekoms van die land nie. Ek verstaan die punt wat hulle probeer maak, maar verstaan hulle dan nie dat kinders wat meer regte en voorregte het as ons groot mense, kanse vat omdat hulle nog net KINDERS is nie.

Wonder of hulle al ooit n balhorige kind “reg gepraat het”

Ja neh, ook net in SA wat ons toekoms so bleek kan lyk.

Koos G ·

Die pak mag netnie in die privaatheid van die huis gegee word nie. Enige plek anders lyk my is in die haak.

simon ·

Mr die regter se wat gaan werk. Asb tronk help nie sielkundig werk nie. Het u gehoor hoepraat kinders in skole en by die huis. Dit is my vrou is Huis my reels niemad het die reg . Wat kry die land. Vol tronke kinders wat op voor geskrewe pille is.

Josua Keys ·

Wil ook byvoeg en daal na die mense se vlak dalk sal hulle die een verstaan, as jy dorp toe ry met ‘n donkie of perdekarretjie en die donkie of perd raak steeks en weier om te loop gaan jy hom speek om te loop??????

Nettie ·

Enige kind van my (sou) nie wáág om Polisie toe te hardloop as ek hom/haar (sou) tugtig met die hand nie. En indien hy of sy my daarmee dreig, sal ek hom/haar net daar deeglik(er) foeter met die hand (of slaanding) en dan solank die kar uit die garage gaan trek – om hom/haar Polisiestasie toe te neem om solank die klag te gaan lê. Daar aangekom, sal ek hom/haar wéér in volle sig van die Polisiebeampte foeter, voor ek hom/haar net daar in die Staat se sorg sal plaas, synde die Staat my dan nou wil voorskryf oor hoe my kind grootgemaak en gedissiplineer moet word.

n oupa ·

ek wonder net of daai regter kinders van hul eie het en wat doen hulle .
geen wonder daar is geen dissipliene in ons skole ens. nie .

ELMA VAN ROOYEN ·

Ons as ouers het vandag respek teenoor ouer mense en ons ouers, hoekom want ons het ‘n
pakslae gekry as dit nodig was. Ek is vandag nie spyt dat ek pakslae gekry het nie dit het net van my ‘n goeie mens gemaak. Kyk vandag se kinders het geen respek vir ouer mense of hulle ouers nie hoekom omdat sulke snert van die regering ingestel word. My eerlike opinie is ‘n pakslae op sy tyd is niks mee fout nie. Kyk hoe word die onderwysers deur die kinders geslaan en hoe word daar met hulle gepraat. Nee regtig die kinders het te veel regte in die lewe. Wat in my huis aangaan en gebeur het niks met niemand uit te waai nie punt. Ek se tug hulle met ‘n pakslae op sy tyd en die kinders sal bietjie bykom.

Medikasie ·

En DIT dames en here is hoekom ons kinders het wat gedwing word om medikasie te drink wat hulle brein verander. Omdat hulle NIE mag pak kry nie, en dus moet ons hulle beheer deur vir hulle eintlik maar dwelms te gee. My huis is my hof, tensy hulle my kind se skoolfonds en daaglikse behoeftes na omsien kan hulle gaan doppies blaas. Ons generasie het pakslae gekry het dit het ons net “decent human beings” gemaak, dis AL! Daars ‘n groot verskil tussen ‘n pakslae en aanranding. Sien ook HYDING: a physical beating.
“they caught him and gave him a hiding” PHYSICAL ABUSE: Physical abuse is any intentional act causing injury or trauma to another person or animal by way of bodily contact.

Dis Nou ·

In my huis sal ek tugtig en die vlag van my keuse swaar – die wat nie daarvan hou, kan gaan bars

Salome ·

Tog se die Bybel tugtig die een waarvoor jy lief is buig die boompie terwyl hy klein is….

Neh ·

Wat het geword van jou konstitutionele reg om jou godsdiens uit te leef? Dis okay om ñ weerlose babatjie te vermoor, maar dis ñ misdaad om ñ lewende kind se reg te help?! Die Woord sê:”ñ Kind wat nie getugtig word nie, steek sy moeder in die skande.” Daarom spreek die wet volgens my van godeloosheid!! Geen wonder SA se wiele is besig om af te val nie!!!

Anoniem ·

Ek kan nie aan 1 onverdiende pak slae dink wat my pa my ooit gegee het nie en my kinders kan dieselfde sê. My 2 telge kan hulle pakke elkeen op 1 hand tel en ek was meestal meer hartseer daaroor as hulle, dit was dus nie vir my lekker om hulle te moes pakgee nie, maar daar is sommige oortredings waarvoor net pak slae werk. Nie ‘n wet of ‘n hof sal aan my voorskryf hoe ek my kinders moet tugtig nie, dis geen wonder dat sekere generasies is wat hulle vandag is nie. Gelukkig is my kinders vandag al groot en het self kinders. Hulle volg dieselfde metode.

Frederik ·

Cindy, Daniel en sy vriende het hulle nie aan die koning gesteur nie en hulle is nie in die vuuroond verbrand en Daniel nie deur die leeus verskeur nie.

R. Burger ·

So by my kool!! ‘n Ouer word gearresteer omdat hy/sy kind tug, maar kind MAG maar ouer slaan! (Ja daar is huishoudings waar sulke gedrag plaasvind) Daar’s mos nie n wet wat dit verhoed nie. Kinders se geaarhede verskil. Waar n sagte streng woord vir een werk, werk n goeie pakslae eerder vir die ander een. Ek sal wragtig my kind wat my verkla, in die polisiekantoor vir oulaas n deftige pakslae gee oor hy gaan kla het en dán selle toe stap!

Siestog de Jager ·

GEEN hof en korrupte regering sal vir my voorskryf hoe ek my kind moet grootkry nie. As die kind slae moet kry,sal ek dit gee en klaar. Ek maak nie ‘n krimineel groot nie.

JohanR ·

Pasop vir kinders slaan. Jou vyf jarige sal jou hof toe vat en wen! Vat liewer hulle smartfoon, rekenaar en tv tyd weg…..ek vind dan dat hulle vir dae en dae, en maande en maande, en jare en jare huil en vloermoere gooi. Ek kry soe lekker. Klein boggers!

Stel ·

Ek dankbaar vir elke pakslae, want nou is ek ‘n verantwoordelike, opgevoede ouer, lewensmaat en landsburger.

Juffie ·

As onderwyseres moet ek dalk maar solank bedank, want dis alreeds nag in meeste skole agv onopgevoede kinders.

Janine ·

Dankie tog myne is al 22. Anders kan daai mense regters hom maar kom haal en self groot maak. Wragtig vertraag. Ek is oortuig dat hulle niks beter het om te doen nie

Piet ·

Jy kan n jou ma in vlieg , ek ek sorg vir my kids ek sal hulle pak gee as dit moet ,

Manie ·

Ek gaan my nie uitlaat of pakslae reg is of nie. Wat ek wel baie gesien het is dat kinders in vrees lewe vir die ouers wat sogenaamd pakslae uitdeel in die naam van liefde. Baie gesien dat ouers kwaad is vir mekaar of net geïrriteerd oor wat ook al dan loop die kind deur want dit is n gerieflike plek om van jou frustrasie ontslae te raak. En dit is meer algemeen as wat baie mense besef. Mense se baie kyk na die weermag van ouds met hulle dissipline. Ek sê jy was vasgevang in n sisteem van vrees en nie dissipline waarvoor jy nie gevra het

Sven ·

Dikwels het ouers na ‘n paar drankies die slaanwerk gedoen.

Jannie ·

Selfs GOD se Gebooie is nou ondergeskik aan die ANC se “regstelsel”!!!

Jinxy ·

Regtig??? Ek kan nie insien dat hierdie wet ‘n kind wat reeds mishandel word gaan red nie… Ouers wat hul kinders uit liefde en volgends die bybel tug word nou gestaf. My kinders word nie baie pak gegee nie, nooit meer as 2 houe nie en nooit met die hand nie (ons familie leer jy slaan nie met die hand wat liefde moet gee nie).My bybel word bo die wet van die mens gestel.

Chantel ·

Belaglik man!!my pop is 5 en my seuntjie 3 jr…hul het 1x n tantrum gegooi in n winkel en daai bas het gebrand en nog nooit maar nooit weer nie ek straf 1x keer nie werk nie n goeie R5 vir hom…geen wonder kinders maak soos hul wil nie…dan wil hul se die ouers moet hul kinders disepliene leer bydi huis sodat onnies dit maklik het…maar hoe doen mens dit sonder n hou of 2 as daar nie gelyster word nie eks verseker nie n gramefoon wat als oor en oor gan se my self moegmaak en dan wil hul nogsteeds nie luister nie…wetter hul se hoekom volgende keer dink hul 2x

Nicole ·

Die Bybel se tugtig jou kind as jy hom lief het. Hoe kan so besluit gemaak word wat teen Christen beginsels gaan en self in die week na ons gehoor het hoe veel misdaad in ons land gebeur. Dis juis oor ouers nie hulle kinders tugtig en leer van reg en verkeerd nie. n pakslae op sy tyd is soos brood en konfyt.

Marthinus Willemse ·

Ek is gekant teen lyfstraf vir kinders. Dis `n mite dat lyfstraf goed is vir jou kind. Die Boesmans se kinders is bekend as ordentlike, goedaangepaste kinders, en hulle het nie lyfstraf nie. Die Russe het lyfstraf in 1918 al afgeskaf, en almal wat met Russe te doen het, is beindruk deur hulle goeie maniere en beskaafde optrede.

Ouers is te lui om hulle kinders soos beskaafde mense op te voed, en gebruik lyfstraf as “regstellende aksie”. Ek is baas, en as ek sê spring, dan spring jy. En as jy nie voor my diktatoriale besluite wil buig nie, sal ek jou fisiek aanrand.

Ek het al gesien hoe kinders amper na selfmoord toe geslaan word. Dan draai die narcistiese ouer om en sê “ek het jou nie so groot gemaak nie”. Presies. Jy as ouer was afwesig; te besig om geld te maak, te besig om te spog met jou nuwe kar. Jy het te min tyd vir jou kind. Jy probeer nie genoeg oplees oor die ontwikkeling van kinders, om te verstaan hoe hulle optree nie.

Terloops, die Bybel, Hebreërs 12:6 “want die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem”. Beteken dit dus dat God my fisiek gaan tug? Of is ‘tug’ beeldspraak/eufemisme vir ‘dissipline’ en ‘goeie opvoeding’?

Gerrard ·

???? yawn!! Niemand sal my sê of ek my kind mag of nie mag tugtig nie. As my kind dit nodig het sal hy pakslae kry. Mens noem dit maniere leer. Meneer die regter jy verveel my. Kyk bietjie om jou hoe treë jong mense op wat deur hul ouers geleer is wat reg is en wat nie ek weet ons is min maar ons is daar. En kyk op enige nuus uittreksel hoe lyk jong en groot mense wat nie geleer is nie. Jy verveel my meneer die regter want jy het nie ‘n se nie.

Dabo ·

My ouma het altyd gese: Jy sien die gevolge as daar nie meer ontsag is vir God en sy gebod en die “strap” nie. Gehoorsaam God en sy gebod,stel die voorbeeld vir jou kinders en dit sal selde nodig wees om die “strap” uit te haal.

Hansie Slim ·

Ek het die rekord gehou vir die meeste pakke slae in 24 uur in ‘n koshuis. Seuns is maar stout maar ek het geen probleem met al die slae wat ek gekry het nie!!
Ek was nog nooit in die hof vir aanranding nie (net spoed kaartjies)!!..????. En ek het 3 seuns groot gemaak, vandag is hulle 2 ingenieurs en ‘n dokter en ek is baie trots op hulle!! Daai grootmaak het gepaard gegaan met ‘n pak op sy tyd….NIE aanranding nie !
Daar is ‘n groot verskil tussen aanranding en slae!!

Foxi ·

Ooh koek…hier kom n ding! Weeshuise gaan oorvol wees. Want kindtjie het n klappie op die boude gekry. Hulle sal n spesiale hof moet bou net vir n ‘klappie’saak. Honderde, duisende ouers tug hul kinders met n hou of twee. Meer ouers gaan in die tronk wees as by die huis. Ek het gehoor van n skooltjie waar die onderwysers al 10 uur huistoe gaan. Kinders word net so gelos, want hulle is onbeheerbaar. Wat nou? Wel, hulle moet maar solank vir ons n tronksel regmaak, pak gaan my kinders kry! As my kind nie daarvan hou nie, moet hy/sy maar sy tassie pak en waai. Met sulke snert sal baie ouers nie opgeskeep sit nie. Die staat kan maar sit met die ‘monstertjies’ wat nie getug mag word nie.

rerig ·

@foxi, hierdie is n scary ding, want almal wat saamstem met geen tugtiging dit is daai se ouers wat baie probleme veroorsaak veral die onderwysers! die kinders sal al dan nie vir hulle die onderwysers se wat om te doen. dit begin mos by die huis. nou bring die kinders hulle huislike nie pakslae kry maniere na die skool toe.
dit is n baie groot gemors die se ek jou.

die ouers wat teen pakslae is moet maar hulle eie tronke bou, hulle sal moet vining maak,

Knapsekêrel ·

In beskaafde lande wat lyfstraf verbied is die tronke alles behalwe vol.

toy ·

Jinxy ek stem heeltemal saam met jou. Die mense maak hulle eie wette net soos dit hulle pas en beweeg al verder van God af. Dit is hoekom dit gaan soos dit gaan in hierdie land.

verstom ·

Jammer geen hof wie ook al sal my stop om my kinders / kleinkinders groot te maak soos ek goed dink nie. Dis hoekom die skole lyk soos dit lyk vandag. Sorry howe, maar ek doen soos voorgeskryf deur EEN WOORD alleen.

Bolla ·

Net een vraag, sal kinders dan ook tronk toe gaan as hulle jou slaan? Want toddlers het nie beheer daaroor nie en dis juis daarom dat mens ook hulle pak gee. Hulle hele vlippen boude, pakslae is van uiters belang vir ‘n kind se opvoeding. So hoeveel kinders sal nou huisloos sit in die sisteem waar daar nie genoeg ouers is vir hulle nie? So hoeveel kinders sal dan opeindig as kriminele omdat hulle nie die regte riglyne gehad het as kind nie? Ons almal weet kinders in die sisteem kom nooit heel daaruit nie, so gaan ons regtig toelaat dat ons met gebroke kinders sit omdat die staat, wat nie eers daai kind vir 9 maande gedra het en liefgehad het, ons wil beheer en regeer?

Die Klok ·

Het self albei kante beleef as kind. My ouers het geglo in liefde en ”onderhandeling” as kern tot ‘n gehoorsame kind. My nefie, hoewel huilerig was nooit stout nie maar altyd gedreig met “As die klok lui gaan jou gesig so bly staan”. Hy was vir daai klok so bang, want dit het gekom in die vorm van ‘n paplepel. Dis die vinnigste wat ek ooit ‘n huilerige gesiggie sien verdwyn het. Tog was hy maar more weer huilerig. Dit het nooit die probleem opgelos nie. Het eendag beleef toe die ‘klok’ in aksie was en het net daar besluit dat my kinders nooit pakslae sal kry nie. Buitendien, ouers slaan wanneer hulle in ‘n slegte bui is, ongeduld of uit woede. Bring vir my die ouer wat pak gee wanneer hy/sy kalm en rustig is. Dalk is die probleem eerder onvolwasse ouers wat te vroeg kinders het, so wanneer kinders, kinders het? Kan nie eers my erg stout hond, gedoop Malems, pak gee nie. Haai nee sies mense, kyk daai engel gesiggies…

Anti-kindermishandeling ·

Dankie Jesus vir die verhoring van gebede!!! God is groot.

Mamma ·

Geen wonder die slaagsyfer is iets soos 33 % en die kinders kan nie.
Hulle wil nie, want wat sal met hulle gebeur niks. Dan word hulle groot en niemand wil hulle aanstel in n werks posisie nie. Wie blameer ons dan.
Jy mag jou kind nie slaan, maar hulle mag jou en die arme onderwysers aanrand.
Ons gaan nog tronke moet bou vir al die kinders.

Pak op sy Tyd ·

n goeie pak op sy tyd is so goed soos brood botter en konfyt dankbaar my kinders is volwasse goed gemanierde self opgevoed jong manne wat respek het vir ander en hulself ek onthou van n moeder wat nooit aan haar kind geslaan het nie die dag toe hy voor die galg staan toe sy hom groet toe byt hy haar vinger af en se dis onregverdig dat sy skotvry is dis haar skuld as sy hom gedesiplineer het dan het hy nou nie die dood in die oe gestaar nie

Scotty ·

Hierdie besluit is van die Bose.Suid – Afrika se regering is gevul met boosheid.

Theo Geldenhuys ·

Geen hof het geseg oor die familie en die woord van GOD nie. Ons is op drag gegee om ons kinders groot te maak, te tugtig en manier te leer. Since when het die liberale meer infloed of se reg as die woord van GOD? Geen wonder ons land is in so toestand nie. Daar is n groot verskil tussen lygstraf en mishandling. Ons as ouers het regte ook en hoogtyd dat ons opstaan daar voor. Genoeg is genoeg

Se maar net ·

in die land het hof mag bo God want hof word in grondwet erken<God egter nie

Petrus ·

SA is ‘n sekulêre land. Terwyl ek so deur die aggressiewe kommentaar kees is ek bly daarvoor.

Zombie ·

Ek stem nie noodwendig saam met die hofbeslissing nie, maar hoe kan die Christene dit verklaar dat God dan die besluit toegelaat het. Beteken dit nie dat God die gebedsgroepe teen lyfstraf se gebede beantwoord het nie?

Manie van Worcester ·

om mense te toets of hulle Hom liefhet en eer dalk, Hy sal nooit gebede beantwoord wat teen Sy Woord is nie

Oop Oge ·

God respekteer slegs gebede wat Sy Woord be-aam. Hy kannie iets seen wat teenstrydig met Homself is nie.
Hy en Sy Woord is Een.

skurweberg ·

Moontlik is die volgende ook op die regering van toepassing “6“Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig maak, vir hom is dit beter as hy met ’n groot meulsteen aan sy nek in die diep see verdrink. 7Hoe jammer tog vir die wêreld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom. Matt. 18:6-7 (Die Bybel Nuwe Vertaling, (Suid–Afrika: Bybelgenootskap Van Suid–Afrika) 1983.)

A Nel ·

Daar is n verskil tussen na pakslae en aanranding… Dit is geen wonder dat dit gaan soos dit gaan in die huise en skole… Kinders het meer se oor wat mag en wat nie… As ek met my ouers gepraat het soos vandag se kinders, was ek een helse pakslae gegee. Ek lewe nog…. Lewe en leer my kinders God se woord… Tugtig soos nodig.

LB ·

Dis n grap diè! Eks onder 30 jaar van ouderdom en is vandag so dankbaar dat my agterstewe gebrand het as ek dit verdien het.
Saam dit het ek RESPEK opgetel!
Selfs as n meisie het uitskryfwerk niks beteken as straf nie…
Maar dis seker OKAY in vandag se dae vir kinders om die ouers te vloek, skree en skop…
Onderwysers wat gedreig word, selfs aangerand…
Eks jammer, ek sien elke dag meer en meer kinders wat wegkom met ‘moord’ agv die afwesigheid van DISIPLIENE!
Dis om van siek te word…
Ek as toekomstige ouer sal liewer in die tronk gaan sit omdat ek my kind maniere leer ipv dat ek vir hom die tronk moet gaan kuier.

Andre ·

Dis van te min pakslae dat SA lyk soos dit lyk. Mense verstaan nie dat daar nagevolge is vir minagting van reels nie. Hulle voel ‘n veer want wat sal tog gebeur.
Ek voel absoluut niks vir jou reels nie ANC. Die Bybel is baie groter as jou simpel “wet”…
Die dag toe lyfstraf uit geskei was was die dag wat ons land begin sink het en kyk nou 20 jaar later. Fantastiese samelewing ne…

Knapsekêrel ·

Dan moet volwassenes wat die wette oortree ook op dieselfde wyse gestraf word.

Danie ·

Daar os twee maniere van bestuur. Vrees en voorbeeld. Die een is maklik en vinnig en die ander een verg tyd en baie geduld. Altwee word daagliks toe gepas. Dit is jou keuse om te besluit wat se bestuuder van jou huis jy wil wees

lewies ·

My filosofie tov ‘n Pakslae vir ‘n kind is die volgende: As ouers ‘n waardige rolmodel vir sy/haar kind is sal daar ook wedersydse respek tussen ouer en kind wees en geen pakslae sal nodig wees nie. Hierdie wetgewing beskerm die kind teen ‘n gebrekkige verhoudinge in huishoudings waar die woede van ouers uit disfunsionele huise op kinders uitgehaal word.

Gwen ·

Ek is stom geslaan oor al die aanmerkings wat ek lees. Wat ‘n geweldadige en oningeligte spul, en dan wil julle godsdiens gebruik om julle afstootlike gedrag te regverdig. Slaan ‘n ander, en dit is aanranding, slaan jou vrou, en dit is vrouemishandeling. Maar julle is kwaad want julle kan nie julle kinders slaan nie. Meeste van julle glo werklik, dat omdat julle stukkend geslaan is as kinders, julle nou goed opgevoed is, en omdat dit dan kwansuis nou gewerk het, julle dieselfde resep wil gebruik om julle kinders op te voed. Ek het nuus vir julle-julle slaan die bal mis. Opgevoede mense weet van baie beter maniere om disipline toe te pas. Julle verkeerde opvoeding wys. Die regter is korrek!!!!!

Queline ·

Dis baie interesant dat ons as ouers nie ons kinders mag tig nie, maar aborsies mag gedoen word, dis nog erger as op n kind pak te gee, plaas hulle eerder iets daaraan doen en dit wqeer onwettig te verklaer, en ja ek sal my kind pak gee as hy stout is. Dit gaan hom n beter mens maak. Ek lewe en is fine en ek kan elke pak slae onthou wat my ouers vir my geggee het en dit het my n beter mens gemaak.

Sarie ·

Ons lands Wette is deur mekaar dit is okay as jy dagga by jou huis rook maar jy kan jou kind nie n pakslae gee nie , hoe verstaam jy dit so dit is okay om jou kind vir die wolwe te gou .

Jimmy ·

Jy mag nie rook in die teenwoordigheid van jou kinders, nie eers by die huis nie. Die staat moet dit ook uitbrei na drank.

Francois ·

NIEMAND maar NIEMAND se vir my hoe ek in my huishouding mag maak en nie maak nie!!!
Genugtig man dis belaglik, binnekort word vir jou vertel watse klere jou kindrs mag dra by ie huis, watse kos jy wattter dag van die week mag eet en hoe laat jy moet gaan slaap – SIEK !!!

Kraai ·

n pak op sy tyd en wanneer nodig is, die regte ding, Geen kind is my baas nie. Ek is geen kind se gehoorsame ouma of ma nie, Tugtig die een wat jy liefhet.. ek stem saam met Francois en met meeste van die boodskappe. As n pak nie uigedeel word nie dan kan ouers maar tantrams gooi,

Geraldine ·

Die toekoms met die generasie wat so baie regte het, maak my bang. Ek werk by ‘n skool en sien daagliks watse maniere die kinders met regte het. Kinders word “entitled” groot. Ons het almal pak gekry as kinders en ek dink nie ons het slegte grootmense uitgedraai nie. Vandag se kinders is ons wêreld se toekoms en die toekoms lyk maar vaal.

Francois ·

Ek het so te sê al die kommentaar van die respondente gelees, beide pro en anti lyfstraf, en tot die slotsom gekom dat almal eintlik die pot heeltemal mis sit.
Dit gaan nie soseer oor jy as ouer lyfstraf sien as ‘n regverdige manier van opvoeding al dan nie maar eerder die staat se inmenging en voorskrifte in ons huishoudings en privaat lewens. Dit gaan ook dieper en raak ons geloof aan, in welke vorm ieder persoon dit ook al bedryf.
Dit is baie meer ernstig as wat die algemene burger in SA besef. Hiedie is ‘n totale aanslag om die burgers van SA totaal te beheer en voor te skryf wat jy mag en nie mag doen nie, presies wat in die kommunistiese regerings plaasgevind het.
Die staat het besluit wat se beroep jy sal beoefen, wat se besoldiging jy sal kry (indien wel), waar jy sal bly, hoeveel kinders jy mag hê, ens. Handel jy nie presies volgens die staat se voorskrifte en beperkings nie dan was Siberië jou voorland.
Work wakker my volk en kyk na die breër prentjie waarvan die voorgestelde nasionale gesondheidsorg ook deel vorm van die totale aanslag op vryheid van keuse en totale oorheersing deur die staat.

Kerneels ·

Vir my raak dit duidelik dat die staat moet ingryp. Die burgers is nie meer instaat om na hulself om te sien nie.

Erwin ·

“Pappa, ek het die bure se kat dood geskiet”
“moenie worry nie my seun, jou wifi sal net weg gevat word vir 5 dae”

rerig? verwag hulle dat jy jou kinders elke 2de dag na n sielkundige toe moet vat omdat hy nie wil hoor nie? ?ABSURD

Jimmy ·

Die ouers moet eerste ‘n sielkundige gaan sien. Dis waar die probleme begin.

BaasJan ·

As die regering Lankal n Ordentlike pakslae gekry het….dan was die land nie so in die moeilikheid nie!!

Conradt Stoltz ·

Boet het met vuurhoutjies gespeel in 1989 en het oupa se weiveld afgebrand, in vandag se terme is hy aangerand, erge trauma opgedoen aan Glateus Maximus area en behoort hy lewenslange sielkundige probleme te he reg? Verkeerd, boet is n gebalanseerde hardwerkende man getroud met twee kinders van sy eie. Ons lag gereeld oor kattekwaad wat ons aangevang het n die slae wat gevolg het. Ons ouers het ons grootste respek en ek is dankbaar dat ek met dissipline en liefde kon grootword. Ons is gefoeter nie aangerand nie, so baste met hof, die regering en al hul mal wette, die wereld is reeds siek genoeg. #waarismyrottang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.