Hoogste hof lê Zuma 15 maande tronkstraf op vir minagting

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

In wat uit talle oorde bestempel is as een van die belangrikste grondwetlike uitsprake in jare, het die Konstitusionele Hof oudpres. Jacob Zuma Dinsdag in ʼn siedende meerderheidsuitspraak tot 15 maande tronkstraf vir sy minagting van die hof opgelê.

Waarnemende hoofregter Sisi Khampepe het die uitspraak ʼn kort ruk gelede gelewer en gesê die hof het “geen ander keuse gehad” as om Zuma tronkstraf vir sy skandelike minagting van die hof op te lê nie.

Die Konstitusionele Hof is Suid-Afrika se hoogste hof – daar is dus geen hoër gesag op wie die oudpresident hom nou kan beroep nie.

Zuma moet binne vyf kalenderdae by die Nkandla- of die Johannesburg-Sentraal-polisie aanmeld om sy vonnis te begin uitdien. Indien hy dit nie doen nie, moet die minister van polisie of die nasionale polisiehoof binne drie dae ná die verstryking van hierdie tydperk, verseker dat alle nodige stappe gedoen word om te verseker dat Zuma aangekeer word om sy vonnis te begin uitdien.

Khampepe het in die uitspraak gesê die Konstitusionele Hof sou “naïef” wees om te glo dat Zuma sy samewerking sou gee indien hy enigiets anders as tronkstraf opgelê word. Die oudpresident het vantevore en by herhaling gesê dat hy eerder sal tronk toe gaan as om aan die bevel gehoor te gee.

Volgens die meerderheidsuitspraak gaan enigiets anders as tronkstraf Zuma se uitdaging van die hof se gesag net laat voortduur, terwyl dit ook die indruk sal wek dat diegene wat ʼn hofbevel minag, straffeloos daarvan afkom.

Luidens die uitspraak is Zuma geen gewone litigant nie. Hy is ʼn oudpresident wat steeds groot invloed uitoefen en wie se optrede fyn deur mense dopgehou word.

Khampepe sê indien Zuma se gedrag nie gestraf word nie, dit skade aan die oppergesag van die reg gaan aandoen.

“Die soort wederstrewigheid en uitdaging is onregmatig en moet gestraf word en ʼn onopgeskorte bevel vir gevangeneskap is die enigste opsie,” het Khampepe die meerderheidsuitspraak voorgelees.

Die regters het Zuma tronkstraf opgelê, maar terselfdertyd gesê dit kan nie die skade wat Zuma aan die regbank aangerig het, vasvang nie.

Volgens die regters minag Zuma “ongetwyfeld” die hof in ʼn blatante skending van ʼn bevel van die Konstitusionele Hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

100 Kommentare

Persheks Adri ·

Lekker! Plaas vat julle hom dadelik nie oor 5 dae nie…

Ansie ·

Hoop nou nie hy word in ‘n luukse tronksel aangehou nie. Hy moet saam met ander kriminele in ‘n sel gegooi word.

Androclus ·

Hulle sal nie dis net so goed hy is in ‘n hotel ingeboek.

Snowball ·

Goed so. Die hele idee van die held van die massas gaan begin taan soos die tronkdeure toegaan. Tyd dat dié kalant begin verstaan die “Untouchables” was net ‘n film. Een of ander tyd is dit “payback”. Hoop dis een van vele bolle bollies wat sy kant toe kom, hy verdien niks minder nie.

Jack ·

Hy behoort kaal anderkant uit te strompel, geen Nskandla, geen pensioen, niks. Laat hom aansoek doen vir SARS.

Noels244 ·

Lag ek myself nou pap, maar hy gaan seker in hierdie 5 dae een of ander seldsame siekte uitdink om die tjoekie vry te spring.

Michal ·

hoeveel maande voor die orange pakkie aangetrek word, of is dit eers weer die appel konsert wat gaan gebeur

Jack ·

Daar is nog baie ander klagte teen hom, staatskaping, geldverduistering ens. Hy het regskuld van miljoene as gevolg van al sy appelle en ‘n hof het onlangs beslis dat die staat nie daarvoor verantwoordelik is nie. Die man het baie probleme. As ek in sy skoene was sou ek glad nie kon slaap nie. Maar …. hy is self verantwoordelik vir sy ellendes, niemand anders nie, net hy alleen. Ek kry hom amper jammer.

Michael ·

Ek sal verbaas wees indien hy werklik tronk toe sal gaan. Sy volgelinge sal dit nie gelate aanvaar nie. Iets sal gebeur-Zuma en sy trawante sal voorbereid wees

Jack ·

Heel moontlik, maar dan is daar nog verdere redes om hom aan te kla. En sommer al sy trawante ook.

Misky ·

Ek kry skoon n asma aanval van opgewondenheid en het nie eens asma nie – ha ha ha. Beste nuus van die jaar en nou wag ons vir Eish en Mal-Emma

Maggies ·

Nee wat dit gaan nie gebeur nie. Nie voor daar groot brande en optogte daarteen kom nie.

Elinette ·

Nè? Toe-toe, Mr. Zuma, jy het mos gesê jy sal in tronk toe gaan. Begin stap, Pappa, ons wag!!!! Maar,ons weet mos nou – Uncle Ace sal weer sy “comrades” en Skorrie-Morrie Carl Niehaus sal sy “die-k***-sê-hy-wil-‘n-sweet-hê” (umKhonto weZizwe) “veterans” opsweep om te gaan dans en kieries swaai.

Androclus ·

Hulle sal niks reg kry nie ek dink ou Ace se gat bewe nou.

Stof ·

Ek vermoed sy vyftien maande skiet effe tekort van sewe en twintig jaar?

Anel ·

Hoekom 5 dae wag en nie dadelik nie? Sodat hy doktet toe kan gaan en ‘n dodelike siekte se simptome leer en na te boots?

Alma ·

Dalk sodat hy tyd het om sy tassies te pak vir Dubai, sy Gupta tjommies wag seker daar vir hom!

Objektief ·

Gevonnis tot tronksraf en tronkstraf uitdien id twee heeltemal verskillende begrippe.

Gaan dit sy rojale aftrede pakket affekteer.?

Johann ·

Lekker man lekker. Ding is net sy pêl onse Adjunk Prez is klaar in Rusland vir “medikil care”. So oupa Zumpi is OF ook oppad soontoe OF gaan n alergie vir oranje ontwikkel.

Dalk gaan Niehous saam om hom te bedien?

Androclus ·

Hoogste hof lê Zuma 15 maande tronkstraf op vir minagting,dis maar vir minagting,wat van daardie ander klomp klagtes teen hom,dis maklik ‘n paar lewenslange tronkstraf.

Kobus ·

Nooit verstaan wat bedoel word met “warm patat” nie. Dink dit kom nou sterk deur.Cele en wie gaan hom arresteer? Agbare Genl Carl is seker besig om sy manskappe te mobiliseer.Ek hou nie my asem op nie.Gaan Shabir dalk ook hand bysit?

Piet parys ·

So nou wonder ek waneer gaan hy en gaan hy dalk victor vyfster hotel toe. Hou plek vir Ace.

Eragrostis ·

Wanneer gaan daar iets met sy ‘partner in crime’, Shabier Schaik gebeur? Dis net so ń klad op die regbank se naam. Hy is nou al vir 12 jaar op mediese parool omdat hy kwansuis met ń terminale siekte gediagnoseer is in 2008, en daar aangevoer is dat hy binnekort gaan sterf daaraan, en dat hy eerder in vrede by sy huis sy laaste tydjie moet spandeer. En steeds lyk hy perdfris. Hy is so siek dat hy moet gholf speel om gesond te bly. Ek hoop iemand ondersoek hierdie bedrogspul om hom op mediese parool te kon vrylaat.

annie ·

Onthou hoe Shaik se storie geloop het: Paar dae in die tronk en toe na erge diagnose onder paleisarres. Zuma se hele strategie is reeds in bloudruk. Covid en sy impi’s gaan sorg vir groot publisiteit vir boetie se troonbestyging binne enkele jare. En die siekeboeg wat die arm argitek uit sy eie sak vir pappie uitgerus toegerus het, sal ons nou eers van te hore kom plus sy flukse staf en dokters van elders. Die springmielies sal te min wees en met drankwinkels onder slot… Is pynappelbier nog in die mode?

Eltan ·

5 dae is meer as genoeg tyd vir hom om die land ongesiens te vlug en te verdwyn soos sy makkers…
Hierdie is niks anders as n rookskerm vir die publiek…
Ek waarborg daar is agteraf klaar gereel…”okay Jakob…ons gaan jou tronkstraf gee..maar ons sal jou 5 dae kans gee om weg te kom…dan is die publiek gelukkig met die vonnis en ons kan net weer sê oeps hy het weg gekom…dan kan jy kies…Rusland, Kuba of UAE en lekker aftree terwyl ons nog m kommissie aanstel om jou “ontsnapping” te ondersoek en nog verder melk uit die koei te tap.”

cynthia ·

Zuma gaan seker soos Shabbir Shaik medies vry gelaat word, vir n siekte wat nie bestaan nie.

SjN ·

Vrou, bring die brandewyn en cola, moenie die Ace vergeet nie asseblief, die riller movie gaan begin.

Pietertjie ·

Die vyf dae is seker om hom kans te gee om te appelleer.

Neelsie ·

Waarheen moet hy appelleer? Die Konstitusionele Hof is die hoogste in die land. Geen appèl moontlik. Einde van paadjie.

Jack ·

Nou moet ons duim vas hou dat die Zuma faksie van die res van die ANC gaan wegskeur.

LANA is ELANè ·

As die perde horings kry, dink ek ~ al sy trawante gaan in opstand kom om dit te keer, my beskeie mening. Maar kom om hoop die is nie net ‘n gepaaiery vd howe se kant af nie en dat dit gaan realiseer.
Die skade wat onder sy regering aangerig is sal met geen tronkstraf regverdig kan word nie. Maar dit mag dalk sy kollegas slapelose nagte gee.

Willem ·

Wonderlik!!!!Maaaaaaaar,gaan hy in tronk beland of nie?Wil dit eers sien!!!!

Jaco ·

Maar dieselfde konstitusionele hof het gesê dis reg dat wit toeristebesighede nie uit die regering se noodfonds gehelp word nie is….
Dié uitspraak deur ‘n hof onder beheer van die ANC-regering teen ‘n voormalige ANC-leier, is net ‘n rookskerm. Dit skep ‘n indruk dat die regbank onafhanklik is, maar gaan vra dieselfde hof vir ‘n uitspraak teen die ANC se rassisme, dan kom die regters met allerhande mooi verskonings wat ANC beleid goedpraat.

Sarel ·

Mense soos Malemma & Niehaus word toegelaat om dreigemente te uiter en uitsprake te maak wat die vrede bedreig. terwyl daar nie teen hulle
Opgetree word nie.
Zuma sal hom slegs aanmeld as Martelaar en om geen ander rede nie.

Gert ·

Moet seker sy sel uit verf en reg kry Zuma is mos net die beste gewoond

Keith ·

He will suddenly become very sick and be transfered to a luxury hospital to serve the rest of his “sentence”, and get parolled after a few weeks, and then return to his palace at Nkandla and carry on making a joke of the legal system. They (AnC) all do that. It’s a trick they learnt from Shabir.

Gert ·

Gaan hy onder die hoof krimineel wees wat sy weg moet betaal of gaan Zuma die hoof krimineel word en ‘n fonds insameling hou vir sy regskoste

Inkpot ·

Hy moes summier opgesluit word en nie nog tyd gegun word om slinkse plannetjies uit te dink nie.
Ons wag maar om te hoor watter skielike siekte hom nou gaan oorval.
Heel waarskynklik gaan hy moet isoleer omdat hy nou Covid het.

Leon ·

Nee, ek dink die gety het teen hom en sy comrades gedraai. Shaik se siekte het Zuma agter hom gehad. Zuma het nou net vyande agter hom. Gabbas wat nie saamgeëet het by die krip toe hy die krip vir homself en sy maters gevat het nie. “Hond-eet-hond”?
Of huismoles?

Marius Gerhardus ·

Is dit nog n 1ste vir SA? Oud president in tronk? As dit realiseer by gese. En Ansie… Is daar nog gewone tronk selle met kriminele? Almal ontvang net luukshede daar binne. En as hy tronk toe gaan…. Dalk paar dae daar en op “goeie” gedra op parool? Of medies of iets. Maar ja wil hom graag eers daar binne sien.

Mallie ·

So wat daar gese is is dat as jy die hof minag dan kry jy net 15 maande trokstraf. Dis baie lekker.
Se groete vir Oscar.

Witwolf ·

Hy gaan skielik ‘n lewensbedreigende siekte ontwikkel ala Schabir Shaik! ????

Strandloper ·

Mark my words…die rampoker gaan hom op 99 vry skel…

Chris ·

Die wiel draai hierkom n orange overall size xxxl
Hie hie hie

Hendrik Marthinus ·

Die Mk Sal hom uit tronk hou
Carl Niehaus het seker al klaar iets wat Hulle in mou voer

Wat op dees Aarde ·

Die beplanning was goed gedoen. Inperking vlak 4, geen byeenkomste. So vir sy ondersteuners om amok te maak, kan hulle hom maar beslis in die tjoekie gaan vergesel as hulle aangekla word dat hulle die rampstoestand se reëls oortree. Bitter slim gespeel hier.

Anton J ·

Hy sit seker al lankal in DUBAI saam met sy Gupta vriende. Bushiri kon die land as ‘n grap verlaat so hier kom die volgende politieke komedie.

Androclus ·

Dit kan hulle in hulle geskiedenis leerplan inbring.Eerste oud president van SA gaan tronk toe Junie 2021 vir 15 maande.Hulle hou mos van ANC Geskiedenis.

Tanniepetoors ·

Onthou, hy was al vantevore daar. Hierdie is net ‘n kort her-besoek voor die lang volgende besoek begin vir die korrupsie en geldwassery.

Kobus ·

Gaan seker nou in ‘n duur kliniek opgeneem word vir gesondheids probleme, soos sy vriend Shabir

JohanR ·

Ai hoe lekker kry ek nou. Wonder of Zuma goed lyk in oranje? Hoop hulle maak hom gras sny langs die hoof paaie. Maar kyk Ramaphosa sal nou ingryp. Ek dink in die VSA noem hulle dit ‘n “presidents pardon.”

Karen ·

Sien is glo, sy aanhangers gaan so groot kabaal maak nou, ons het nog niks gesien nie.

Hennie ·

Relax almal , sy siek parool is klaar goedgekeur !! Of die Guptas se vliegtuig staan reeds op Waterkloof reg vir sy ontsnapping !!

Boeretroos ·

Die staat moet daai mannetjie se staatsbyvoordele laat verbeur hy moet nie eers smarties en peanuts kry nie .

Madz ·

Ag nou ja TOE … uitEINDELIK! Kom ons kyk of hier nie ook weer DADELS gaan uitkom nie… too old… too risky…. too many medical conditions…. too much Covid…. As Too much van DIE toegelaat word is daar virseker ‘n deur oopgemaak vir soortelyke kandidate. Lets watch the space….

Riaan ·

Binne 2 weke sal hy vrygelaat word omrede hy ook “Terminaal siek” is soos sy groot vriend Schabir Shaik

Dup ·

15 maande tronkstraf vir minagting…..wat van die ander bedrog en korrupsiesake wat nog oppad is.Ek sal my kop in skaamte laat sak as ek Jacob was.Maar nouja,in Afrika is die reëls so bietjie anders,hoe skelmer jy is,hoe meer aansien verdien jy.

Erika ·

Kom Staan Nader vir die Grootste Sirkus extravaganza van die jaar – ek stel julle voor aan ou bekende The One and Only…He He He

Patch ·

AS???? hy toegesluit word hoop ek hulle verloor die sleutel

Deon ·

Dis jammer dat die meeste van die mense wat kommentaar gelewer het nie glo dat hy die binnekant van n sel vir n regverdige tyd sal sien nie. Ek voel dieselfde, en dis n klad teen die naam van die regstelsel as sy burgery dit so wantrou. En om als te kroon kan meeste van ons raai watter verskonings gebruik gaan word. Ek glo al sit hy werklik in n sel, sal dit steeds moeilik wees om te glo dat hy wel daar is.

SomeOne ·

kon die regter nie dalk die getal in jare uitgedruk het nie

Cornel ·

Die Gupta’s se straler wag…..bye bye Zuma….don’t have a nice flight

Danie ·

Boekmerk my woorde:
Dis nie nodig om Dubai toe te vlug nie.
Hy gaan 3 maande in absolute gemaklikheid in die siekeboeg deurbring.
Dan gaan hy uitgelaat word op parool.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.