Hoogste hof se uitspraak oor waterregte ‘deurslaggewende oorwinning’

(Argieffoto)

ʼn Jarelange stryd oor die verkoop van waterregte is vandeesweek in die land se hoogste hof tot ʼn einde gebring nadat die Konstitusionele Hof beslis het waterregte mag wél verkoop word.

Die uitspraak kom nadat die departement van water en sanitasie in Januarie 2018 al aangekondig het dat waterregte nie meer oorgedra of verhandel mag word nie. Die stap was strydig met sekere bepalings in die Waterwet, asook die departement se eie interpretasie van wetgewing en sy bestaande gebruike wat betref die oordrag van waterregte.

Landbouwatergebruikers het die departement se besluit daarna onsuksesvol in die hooggeregshof betwis, waarna die boere hulle tot die appèlhof gewend het. Hier is in hul guns beslis, maar die staat het na die Konstitusionele Hof geappelleer.

Dié hof het nou ʼn streep deur die departement se besluit getrek en die aansoek eenparig en met koste van die hand gewys.

Die organisasies Agri SA en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Watergebruikersverenigings (SAAFWUA) het die uitspraak verwelkom en sê dit is ʼn “deurslaggewende oorwinning” vir die houers van waterregte.

Die hof het beslis dat dié houers geregtig is op die oordrag van regte, in ooreenstemming met die Nasionale Waterwet. Die hof het ook bevestig dat die ontvang van finansiële vergoeding vir waterregte wat oorgedra word, in Suid-Afrika nie verhoed word of onregmatig is nie.

Janse Rabie, Agri SA se hoof van regsake en beleid, sê die vermoë om sulke regte van een persoon na ʼn ander oor te dra – en van een eiendom na ʼn ander – is uiters belangrik vir die doeltreffende gebruik van water, die waarde van landbougrond en eiendomsreg in die algemeen.

“Die uitspraak bevestig ons onwrikbare weerstand teen die regering se voortgesette aanval op eiendomsregte,” sê Rabie.

Nic Coetzee, uitvoerende hoof van SAAFWUA, sê die organisasie het al in 2018 gevra vir ʼn verklarende bevel omdat die departement se interpretasie van sekere bepalings van die wetgewing ʼn negatiewe uitwerking op onder meer besproeiingsboere en besproeiingsrade gehad het.

Die uitspraak gaan dié gebruikers nou in staat stel om water doeltreffend en volhoubaar op plaaslike vlak te bestuur, sê Coetzee.

Jaco Minnaar, president van Agri SA, het die applikante en hul regspanne geloof vir hul deursettingsvermoë in die saak.

“Die Konstitusionele Hof se uitspraak gaan die landboubedryf op verskeie fronte bevoordeel,” sê Minnaar.

Hy sê die organisasie gaan intussen voort om met die regering oor beleid te skakel om ʼn regulatoriese en beleidsomgewing en samelewing te skep waarbinne alle boere kan floreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Groen Ghoen ·

Lekker bloedneus vir die onbevoegde ANC kaders! Hulle wil mos onbesonne beslissings probeer afdwing, en dan op staatskoste deur die howe kostes ophoop totdat daar iewers ‘n beslissing in hul guns kom. Laat hulle persoonlik die kostes betaal.

Gaitsigubib ·

Die landbou het gelukkig hierdie ronte gewen. Dit was destyds n reuse nadeel/ finansiele verlies vir boere toe hulle ( in 1996/97) stil-stil van hul miniraal regte onteien was. Myns in siens het die “kapitalistiese wal” reeds daardie tyd begin kraak om plek te maak vir die NWO se “you will own nothing and be happy” benadering. ‘n Bekende boek (waarvan ek blykbaar nie die naam mag noem nie) het gese dat, as Neson Mandela sou oorneem, sou nie net SA nie maar ook die res van die wereld deur kommunisme verower word. Mens noem dit nie nou meer kommunisme nie maar die cheetah het nog steeds kolle! Die waarheid van daardie boek (wat nou verban is) laat my altyd dink…..

Gaitsigubib ·

Net so Johanna – daar is altyd goed om voor dankbaar te wees. Ons klein oorwinnings aanvaar ons met groot dankbaarheid, en wanneer ons wel 2de kom, staan ons op, stof af en gaan weer voort, want ons is Boere !

Johann ·

En so moes en gaan die howe moet keer aan die onbesonne onbevoegdheid en magsmal agenda van die ANC. Hule wil ALS besit en beheer en ALMAL in lyn hou met hulle anargie staat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.