Hoogste hof wys Zuma se aansoek van die hand

Oudpres. Jacob Zuma (Februarie 2020) (Foto: Nokuthula Mbatha/African News Agency/ANA)

Die hoogste hof van appèl het oudpres. Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen die hooggeregshofuitspraak in die lastersaak van oudminister Derek Hanekom, van die hand gewys.

Zuma se aansoek om verlof tot appèl is vroeër vandeesweek afgekeur, het ʼn beampte van die hof Donderdag gesê. Die hoogste hof het bepaal dat ʼn appèlsaak nie enige redelike vooruitsig van sukses het nie.

Hanekom, ʼn ANC-veteraan wat verskeie kabinetsposte beklee het, het Zuma gedagvaar toe die oudpresident in Julie verlede jaar op Twitter aangevoer het Hanekom “is ʼn bewese agent vir die vyand”.

Hanekom was een van die mees senior lede van die regerende party wat aangevoer het dat die ANC Zuma uit die presidensie moet verwyder toe hy al hoe meer geïmpliseer is in die staatskapingskandaal.

Hy het gesê die plasing op Twitter het hom baie skade berokken, omdat dit aangevoer het hy is ʼn spioen vir die apartheidsregime. Hy het die saak na die Durbanse hooggeregshof geneem waar regter Dhaya Pillay in September bevind het Zuma se plasing was “onwaar, lasterlik en onwettig”.

Sy het beveel dat Zuma die plasing moet verwyder en binne 24 uur om verskoning moet vra aan Hanekom. Sy het Zuma verbied om ooit weer aan te voer dat Hanekom ʼn spioen was vir die wit minderheidsregering.

Zuma en sy prokureurs het aangevoer die Twitter-plasing is buite konteks gelees en dit is algemeen bekend dat Hanekom met opposisiepartye saamgespan het om hom uit sy amp te verwyder. Ná die uitspraak in die hooggeregshof het Zuma se regspan aangedui dat hulle appèl sal aanteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pierre

Ha ha!

marius

Die hoogste hof van appel is lankal nie meer die hoogste hof nie .

Jan

Lekker laat hom suffer

Kanjynoumeer

Zupta, die dag as Zuma skuldig bevind word, sal dit n heuglike dag wees vir Suid-Afrikaners as geregtigheid sal seevier. Ons wag vir daardie dag.

Boerkind

Né!! Ou Zoempie, nou moet jy vir jou x-baas, N Zoempie gaan vra. Sy bestuur nou die hele land en maak en breek net soos sy wil. As sy vashaak, sal die bevelsraad gou voorskryf met een of ander ding wat wetenskaplikes nie eens kan verstaan nie – moenie worrie nie, maar moet net nie met jou t-shirt en oop skoenkies opdaag nie… dan is ou suur Pillietjie op jou se saak…