Hoogste Lego-toring voltooi

Die kroonprins van Denemarke, Prins Frederik, staan voor die hoogste Lego-toring in die wêreld. Foto: zimbio.com

Die wêreld se hoogste Lego-toring is Sondag in Suid-Korea voltooi. Meer as vierduisend kinders het gehelp om die toring te bou wat uit ʼn halfmiljoen van die gewilde boublokkies bestaan.

Die toring staan 32 meter hoog en volgens The Sun is die toring meer as ʼn meter hoër as die een wat verlede jaar in Frankryk gebou is. ʼn Hyskraan is gebruik om die laaste blokkies op te sit terwyl ʼn metaalstaaf in die middel van die toring help om te keer dat dit nie omval nie.

Die kroonprins van Denemarke, Prins Frederik, het gehelp om die laaste boublokkie op die toring te sit. Die gewilde boublokkies is oorspronklik in Denemarke vervaardig.

Lees hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.