Hoogswanger vrou in ongeluk beseer

’n Hoogswanger vrou is Maandag in ’n ernstige botsing tussen twee ligte voertuie in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal beseer. (Foto: Emer-G-Med)

’n Hoogswanger vrou is Maandag in ’n ernstige botsing tussen twee ligte voertuie in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal beseer.

Die kop-teen-kop-botsing het omstreeks 14:00 in Gladys Manziweg by die Osbornestraat-interseksie plaasgevind. Vier mans is ook in die voorval beseer.

Nooddienswerkers van eThekwini Fire and Rescue het ’n man wat in een van die voertuie vasgevang was met spesiale toerusting bevry. Paramedici van Emer-G-Med en ER24 was ook op die toneel en het die beseerdes behandel en gestabiliseer voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is.

Luidens ’n verklaring deur Emer-G-Med was die vrou, agt maande swanger, ’n passasier in een van die motors.

Dit is nie duidelik wat tot die ongeluk gelei het nie.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gerig en wag nog op terugvoer. Dit is nie in dié stadium duidelik of die voorval ondersoek word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francois ·

Waarvoor vra julle terugvoering van die polisie? Julle kry nooit terugvoering en as julle wel kry publiseer julle dit nie

Belinda ·

So hulle kon nie vasstel wie het aan die verkeerde kant van die pad gery nie??
sterkte dame ek hoop alles is nog ok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.